Welkom by Filadelfia se Web tuiste. Ons hoop hierdie web tuiste is vir u tot seën.

Ons Missie

Om binne en buite die gemeente dissipels te maak :

  • Wat hulle geestelike tuiste vind in die leer van Jesus (Joh 8:31)

  • Wat mekaar liefhet (Joh 13:35)

  • Wat deur die oorvloedige vrugte wat hulle dra, die Vader verheerlik en hulle dissipelskap voortplant (Joh 15:8)

Ons Visie

'n Gemeente waardeur God kan werk

Wie is Filadelfia.

Ons is 'n aktiewe Sewendedag-Adventiste gemeente in die hartjie van Pretoria.  Ons het ongeveer 155 lidamte wat elke Sabbat oggend in die Andrew Murray NG kerk aanbid.  Oor die algemeen is ons lidmate Afrikaans alhoewel ons 'n paar Engelse lidmate het.

Ons is tans besig met 'n Geestelike gawes program in ons gemeente.  Sedert hierdie program afgeskop het in die gemeente het daar baie veranderinge plaasgevind. Die lidmate is baie opgewonde oor die program en is gretig om hulle God gegewe gawes in die gemeente te gebruik.

Ons is ook besig om vir ons 'n kerk te bou in Centurion.  Tot op hede is die grond gekompakteer en gelykgemaak.  Lees meer hieroor in ons Gemeentlike Aksies.