Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

Home
Up

                   

   

 

Liefde in aksie

“Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid” (1 Joh 3:18).

1 Johannes 3:18-24

In 1695 het François Fénelon die aartsbiskop van Cambrai geword.

Mense het gou ontdek dat hy ’n persoon is wat waarlik omgee, iemand na wie ’n mens met jou probleme kon gaan. ’n Paar boere het eenkeer in sy paleis skuiling gevind toe hulle gedurende die grensoorlog van hulle grond af verdryf is. Fénelon het opgemerk dat die een man bekommerd lyk. Dié man bely toe dat die vyand sy koei gesteel het. Hierop het die aartsbiskop gesê: “Moenie bekommerd wees nie. Ek sal vir jou ’n ander een koop.” Die man is eg­ter nie hierdeur getroos nie, want hy wou sy eie koei terughê. Daardie nag, onder die dekmantel van die donker, het die aartsbiskop en een van sy diensknegte te voet gegaan na die dorpie waarheen die koei geneem is. Kort ná middernag het die aartsbiskop teruggekeer – met die koei! Hy het nie net liefde gepreek nie – hy het liefde uitgeleef!

Een liefdevolle daad beteken veel meer as baie preke, maar ons kan ook liefhê deur die woorde wat ons sê. ’n Woord van bemoedi­ging kan ’n uitdrukking van liefde wees. Soms kan ’n woord van waardering ’n bewys van liefde wees. Hierdie woorde versag dalk vir iemand die wrede kritiek wat hy of sy moes aanhoor.

Daar is tye wanneer woorde van liefde al is wat vir ons moontlik is.

Tog kan ’n daad, soos dié van aartsbiskop Fénelon, die eenvoudige oplossing wees vir ’n moeilike situasie. Dit kan ’n worstelende persoon weer op die regte pad plaas en sy of haar geloof herstel.

Wanneer laas het jou liefde in dade oorgegaan nie net teenoor iemand wat aan jou familie of vriendekring behoort het nie?

Gebed : Lewende Here Jesus, laat my dade van u liefde getuig.

Hoe iemand ook al is, moet ons hom of haar steeds liefhê omdat ons God liefhet.

JOHANNES CALVYN

 

Home


Home
Sitemap
DVD- Bestel/Order
Boekwinkel
Bybelskool
Gemeentes Churches
Links - Skakels
Fotos - Photos
Die logo


DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Nuwe Besigheidsure
New Business hours
Ma-Do/Mo-Th : 9h00-17h00 Vr/Fri : 9h00-12h00 So/Sun : 10h00-12h00
 

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Sunday, June 20, 2010 08:39:16
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria