Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

                   

   

U word uitgenooi

Geagte Kerkleier,

Ek wil u graag uitnooi om asseblief deel te wees van die “Amazing Discoveries 2010” evangelistiese reeks wat aangebied gaan word deur die Węreldberoemde spreker, John Carter.

Leraar Carter sal ‘n poging aanbied by die Mosaiek Teater in Fairland wat deur Satellietuitsending, onmiddellik en lewendig te siene sal wees op die Hope TV-kanaal.  Die lokaal waar die uitsending van die reeks aanbiedinge gedoen sal word, is ‘n besondere plek wat ek persoonlik onlangs besoek het.  Dit is ‘n plek waarna u met trots u vriende kan bring: dis modern, professioneel en het sitplek vir 3,000 mense.  Hierdie evangelistiese reeks sal begin op 9 November en eindig op 4 Desember 2010.  Groot planne is beraam om ‘n reuse sukses te maak van hierdie aangeleentheid.

In voorbereiding vir hierdie groot gebeurtenis, gaan John Carter en sy span na Suid-Afrika kom om besoek af te lę by sekere van ons groot stede om hulle bewus te maak van die aanbiedinge wat beplan word.  Hierdie bewusmaking-besoeke sal tydens die eerste twee weke van Augustus plaasvind.   Lr Carter is geskeduleer om met ons te ontmoet by Sedaven op 31 Julie – vir die hele dag.  Moenie hierdie geleentheid misloop nie!  Al sal ek op Helderberg wees vir my studies tydens daardie tydperk, beplan ek om spesiaal terug te vlieg na Johannesburg vir hierdie gebeurtenis.

Die 31ste Julie is nie net ‘n hoogtepunt omdat John Carter besoek aflę nie, maar dit sal ook die dag wees wanneer ons “ASI” afdeling geloods gaan word hier in die Transvaal Konferensie.  Ons eie “ASI” afdeling gaan ‘n opvallende rol speel in die bevordering en vooruitgaan van die Here se werk in ons Konferensie.

Indien u enige verdere inligting wil bekom, kan u Enslin Baxen skakel op 082-561-7061 of e-pos egbaxen@telkomsa.net en hy sal u na die betrokke persoon verwys.

Ek glo dat hierdie dag (31 Julie), ‘n gedenkwaardige dag sal wees en ek wil graag al die kerke in ons Konferensie aanmoedig om hierdie gebeurtenis by te woon.

Met vriendelike Christelike groete

Dave (Spencer)


 

 



DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Nuwe Besigheidsure
New Business hours
Ma-Do/Mo-Th : 9h00-17h00 Vr/Fri : 9h00-12h00 So/Sun : 10h00-12h00
 

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Monday, June 21, 2010 04:21:55
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria