|
Kleingelowig
?
Twee manne het oor paasnaweek by die Vaaldam gaan visvang. Sommer
die vrouens en kinners Kampvergadering toe gestuur. Glo te moeg
gewerk.
Die een, ons noem hom Piet was 'n geoefende visserman maar Braam
het sommer maar saamgegaan vir die rus.
Elke keer as Piet 'n grote uitgetrek het, het hy die vis in sy
koelboks met droëys toegemaak en weer ingegooi.
Braam het maar al die grotes teruggegooi en net 'n paar van so
30cm gehou. Piet kon dit net nie begryp nie. Uiteindelik kon hy dit
nie meer aanskou nie en vra toe vir Braam hoekom hy dan al die goeie
visse terug gooi.
" Maar my pan is maar so 30cm in deursnee. Ek sal nie daai groot
visse kan bak nie" was Braam se antwoord.
Ons giggel nou lekker vir die onnosel ou Braam. Daar was darem 'n
paar ander opsies ook? Maar dis nie die punt nie.
God gee ook vir ons groot idees, planne, drome en geleenthede.
Maar wat maak ons dan? Gooi dit in God se gesig terug want ons
geloof is te klein.
Of dit nou 'n probleem of geleentheid is, God sal altyd sorg dat
dit in ons Geloofs-pan sal pas. Onthou: "Filippense 4:13, Ek is tot
alles in staat deur Hom wat my krag gee."
Moenie jou groot probleme aan God vertel nie. Vertel jou probleme
aan ons GROOT God! JEREMIA 29:12 Dan sal julle My aanroep, tot My
kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.
|