Sewendedag Adventiste
Gemeente Filadelfia

 

Kinders kry baie van fietsryers
Mar 25 2009 06:04:53:017PM  - (SA)  

Die 12 Exxaro-fietsryers wat onlangs ten bate van die Beeld-Kinderfonds met hul fietse tot in die Kaap gery het, het altesame R51 386 vir die fonds ingesamel.

Op dié manier het hulle gehelp om die fonds tot ’n rekordtotaal van R3,57 miljoen vir die afgelope boekjaar op te stoot.

Die 12 ryers het tot in die Kaap gery waar hulle ook aan die Argus-fietstoer deelgeneem het. Exxaro Resources en sy verskaffers het die ryers geborg.

Die ander borge was Bouwer Broers Cycles, Tri-Ball Sports, Ocean Basket, Glider Sun Glasses, Brunel en Royal Sechaba. Twee mense langs die pad het saam R9 000 geskenk.

Die Exxaro-fietsryers het reeds onderneem om weer volgende jaar ten bate van die Kinderdonds Kaap toe te trap.

As jy ook by Kinderfonds- projekte betrokke wil raak, bel Adrie van Staden gerus by 0 011 976 2273 of stuur e-pos aan haar by info@beeldkinderfonds.co.za.

Die Kinderfonds erken vandag met dank die volgende geld wat met die Exxaro-fietstoer ingesamel is.

Control Systems Integration R35 000,00
Waltons R6 000,00
Mine and Quarry Supplies R5 000,00
Demos Engineering Supplies R3 000,00
Castle Lead Works R500,00
Mnr. W. Labuschagne R1 000,00
Mnr. Erasmus van Erasmus Elektries R800,00
Exxaro-personeel R86,00
Totaal R51 386,00
Reeds erken R3 523 331,99
Groottotaal R3 574 717,99

 

 

 


S25 51.594
E28 12.777

DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

   

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria
Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria