|
2011/03/08
God se huis
Dit
gebeur gewoonlik slegs een- of tweekeer in 'n leeftyd, maar sommige van
ons het die voorreg gehad om betrokke te wees in die bou van 'n huis vir
God. Dit is werklik ‘n plegtige gedagte dat ons as mense 'n huis vir God
kan bou en tog het Hy gevra,
"Ook moet
hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon."
(Exodus 25:8).
Koning
Dawid het die meeste van die materiaal bymekaar gemaak, voorberei en dit
betaal, om dit wat later Salomo se Tempel genoem was te bou. Hy wou 'n
verteenwoordigende huis vir God bou. Nadat al die boumateriaal by die
bouterrein bymekaar gemaak was, het Dawid die leiers en die gewone mense
bymekaar geroep om God te loof.
En voor
die hele menigte het hy in danksegging aan God, wat soveel materiaal
voorsien het, gebid. "En nou, onse God, ons loof U, en ons prys U
heerlike Naam. Want wie is ek tog, en wat is my volk,dat ons in
staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom
alles van U, en uit U hand het ons dit aan U gegee" (1
Kronieke 29:13,14).
Die
manier waarop ons, ons kerke bou en onderhou, toon aan die gemeenskap
rondom ons wat ons van onse God en Sy huis dink.
Oproep
Terwyl
ons, ons tiendes en offergawes aan God bring, laat ons onthou om die
werk van God hier, waar ons woon, te ondersteun. Ons is God se
verteenwoordigers, Sy ambassadeurs in ons gemeenskap.
|