|
U Tiende Koevertjie verduidelik
"Hoe sal ek die Here vergoed vir al
Sy weldade aan my?"
"My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van Sy
hele volk, in die voorhowe van die hui~ van die Here" (Psalm 116:12, 18,
19, NAB).
GEKOMBINEERDE OFFERGAWEPLAN
Die Gekombineerde Offergawestelsel stel u in staat om biddend u bydraes
te beplan in die wete dat God op 'n volle tiende aanspraak maak as 'n
toets van u erkenning van Sy eienaarskap; en u vrywillige offergawes is
'n blyk van u liefde vir en dankbaarheid tot Hom en u verbintenis tot
deelname aan Sy Kerk se missie. U het die keuse om u offergawe as 'n
enkelbedrag bydrae te gee, of om self die indeling aan te dui.
ONS
MISSIE IS OM DIE EVANGELIE-BOODSKAP AAN DIE HELE WęRELD UIT TE DRA -
(Mat 28:18-20)
"Die enigste plan wat die evangelie vir die onderhoud van God se werk
voorgeskryf het is die wat bystand vir Sy saak aan mense se eergevoel
oodaat" (RRA, bl 287).
'N VEREENV0UDIGDE PLAN
- STAP 1 BESORG GOD SE TIENDE TERUG
- STAP 2 BEREKEN BIDDEND MY OFFERGAWES
- STAP 3 BRING GOD SE TIENDE EN MY OFFERGAWES NA
DIE SKATHUIS
Sewendedag-Adventiste gee erkenning aan die plaaslike konferensie/veld
vlak van genootskaplike organisasie as die "skathuis" waarheen alle
tiende gestuur moet word en waarvandaan die evangelie-bediening
onderhou moet word. Die tiende word terugbesorg in die gemeente waar
lidmaatskap setel, en aan die konferensie/veld (skathuis) gestuur.
|