|
2011/03/17
Offergawe: Kerkbegroting
Die Bybel dui aan dat daar behalwe ons aanbiddingservaring vier
elemente is wat die basis vorm van ons aanbidding tot God. Dit is gebed,
Bybelstudie, musiek en ons tiendes en offergawes.
God het Israel deur Moses beveel, "en hulle mag nie met leë hande voor
die aangesig van die Here verskyn nie; elkeen volgens die gawe van sy
hand ooreenkomstig die seën van die Here jou God wat Hy jou gegee het"
(Deut 16: 16, 17). Dus bring ons, as deel van ons aanbiddingservaring,
ons tiendes en offergawes na God ooreenkomstig die seëninge van onse
Here. Die arme bring kleiner gedeeltes en die ryke bring die grootste
gawes - elke persoon soos wat binne sy vermoë is. Die behoeftes van ons
plaaslike gemeente kan nie vergeet word nie. Dit sluit die onderhoud en
bedryf van die fisiese fasiliteite in, die dienste van die kerk, en die
uitreiking na ons gemeenskap. Daar is baie wat by ons plaaslike kerk
plaasvind en ten einde behoorlik te kan
funksioneer, moet dit finansieël ondersteun word deur ons lidmate wat
saamwerk.
Gee vir Begroting
U het moontlik al die term begroting in die gemeentelike omstandighede
gehoor. Dit is so dat elke gemeente 'n begroting het. Maar ongelukkig is
daar baie "vaktaal" of "jargon" in ons genootskap. Een so 'n term is "begroting".
In die tiende koevertjie word voorsiening gemaak vir "plaaslike fondse".
Baie van ons gebruik dan die term "begroting" waneer ons sê ons gee vir
plaaslike fondse.
Daar word al geruime tyd van hierdie metode gebruik gemaak om
standhoudende fondse vir die plaaslike gemeente in te win.
Die basiese beginsels werk so:
U besluit hoeveel u aan die Here wil gee as offergawes. Sommige persone
voel 'n 2de tiende is goed. Ander weer dat R100 goed is. Hierdie is
altyd 'n saak tussen U en God. Dit maak nie saak hoeveel die bedrag is
nie. Wat sake vir die gemeente wel vergemaklik is dat dit 'n gereelde
bedrag is.
Sou u besluit op R100, dan plaas u dit SAAM met die 10de bedrag in
dieselfde koevertjie in die offergawe sakkie. Daar word voorsiening
gemaak om te nomineer dat bv, R10 vir sending gaan en R90 vir plaaslike
fondse. 'n Bykomende item wat buite hierdie "plaaslike fondse" val,
naamlik boufonds, moet afsonderlik aangedui word. Ons kan nie plaaslike
fondse aanwend vir die bouprogram nie. Hoe dit ookal ingedeel word, dit
moet net op reëlmatige basis gebeur.
Sou u die Here se tiende per elektroniese betaling doen kan u die "begroting"
of te wel plaaslike fondse ook hierby insluit. Die tesourier moet dan
net in kennis gestel word watter bedrag tiende en watter bedrag vir
plaaslike fondse is. U kan die plaaslike fondse verder verdeel of dit
aan die gemeentlike leiers oorlaat om te bestuur. Dus weet die
tesourier dat ons gemiddeld R XX per maand in kry vir plaaslike fondse
en kan die finansieële komittee beter begroot. Dit is dan u besluit of u
'n verdere bedrag in die offergawe sakkie wil sit of nie. Laasgenoemde
stel 'n goeie voorbeeld aan ons kleiner maaitjies.
Oproep
Ons kerk, net soos ons individuele gesinne, moet soos 'n klein besigheid
bedryf word. Indien dit nie behoorlik en sistematies befonds word nie,
sal dit baie gou nie meer funksioneer nie. Kom laat ons saamwerk en met
die seëninge van God kan ons in ons behoeftes voorsien en deel met
diegene in nood. |