Home
Aankondigings
Die logo
The logo
NEWS / NUUS
Calendar/Kalender
Inspirasie
Talk2 Us - Sê Iets
U sê _ You said
DVD- Bestel/Order


Liewe Vriende,

Namens die Sosiale komitee wil ons elkeen bedank wat gewillig was om sopgroente te neem om sop te maak vir die Heilsleer uitreiking.
 
Aan Jo Lello, Jo ek het nie woorde nie. Jou bydra is ongelooflik en sonder twyfel sal die Here jou hiervoor seen. Baie, baie dankie.
 
Weereens dankie ook aan Heidi vir die brode wat sy by Albany vir ons sal kry.
 
Sabbat se program sal soos volg verloop:
  • Onthou asb. om die sop en brode te bring.
  • Ons vra vrywilligers om asb om 15h00 by die kerk te kom help om die brode te smeer en weer in die sakkies terug te plaas. Die Heilsleer sal so teen sononder die kos en die res van die vars produkte wat Jo gegee het kom haal.
     
  • Dan sluit ons Sabbat en sal met ons eie Boemellaarsaand begin.
  • Trek asb. die Boemelste Boemellaarsklere aan en bring iets om uit te eet en drink en komberse en kussings om op te sit. Daar sal ook stoele wees vir die wat nie op die grond wil sit nie. Ons sal ook karton bokse voorsien om op te sit.
  • Bring ook asb. iets vir ons plaaslike welsyn as toegangsfooi vir die aand. 'n Finansieële bydra sal ook welkom wees.
  • Ons gaan sop en brood bedien rondom 'n lekker vuurtjie en die gasverwarmers sal hulle werk in die vierkant doen.

Baie dankie vir u ondersteuning. Bring u vriende saam.

Anita, Charlotte, Heidi, Ilze, Leoni en Nolene


S25 51.594
E28 12.777

DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za