Home
Aankondigings
Die logo
The logo
NEWS / NUUS
Calendar/Kalender
Inspirasie
Talk2 Us - Sê Iets
U sê _ You said
DVD- Bestel/Order


 

If you do not see this email in all it's HTML glory with pictures and everything please click here to see it on the website. As hierdie epos 'n deurmekaarspul is sonder prente kliek asb hier om dit op die webwerf te lees.

'n Boodskap uit Ierland.
Liewe Vriende in Jesus,

 Ek wil graag net die volgende aan julle en die Filadelfia gemeente deel.

Alden Ho kom die 29ste  en 30ste in Ierland ‘n mini seminaar hou : ‘’It’s Time’’ (hy is hier vir die week en gaan dan die volgende naweek 5 en 6 Junie, Noord Ierland toe)

Dit is als te danke aan die DVD Bediening in Filadelfia ek sal julle die storie vertel (en deel dit a.s.b met die gemeente lede en die persone betrokke in the DVD bediening)

Ek en my vrou Inge het so ongeveer ‘n jaar terug ‘n DVD van ons skoonsuster Yvette De Klerk in julle kerk gekry van Alden Ho – sy kon net nie ophou praat oor hoe goed sy praatjies was nie. Ons het dit gekyk en was baie beïndruk.

Vir ‘n lang ruk probeer ons nou al die Iere raak, maar dis moeilik want hulle wil nie weet van enige geloof in God nie, agv van die skade wat  die Kerk aan hulle gedoen het (meeste is Katoliek ).  So ongeveer  vier maande terug het die Heilige Gees my vrou Inge gelei om kontak te maak met Alden oor Facebook.

Alhoewel die Noorde van Ierland al probeer het om Alden te laat oorkom was dit BAIE onsuksesvol want selfs die Adventiste hier is baie anders as wat ons gewoond was in Suid Afrika. Die meeste is katolieke wat Adventiste deur die jare geword het maar met geen leiding nie so die meerderheid glo nie in 1844, of  6 dae van die skepping nie. So die adventiste veld hier is n sendingveld op sy eie nie eens te praat van die mense buite die kerk nie.

In elkgeval soos ek gesê het ...Inge het toe met Alden in kontak gekom. Eers was daar n onsekerheid maar met gebed het die Here vir ons die deure oopgemaak. Alden was in Australië toe die deure begin oopgaan het. Ons kon net nie hom finansieël laat oor kom en dan nog vir n saal , advertensies ens betaal nie, so die Here het mense in Australie begin  gebruik om Alden se kaartjie te koop en meer om hom hierna toe te laat kom. Hy`t sy vliegtuig kaartjie gekoop, maar ons het toe nog geen saal nie en dis moeilik om deur die konferensie hier te werk.

Daar het die Here vir ons dit ook oopgemaak. Nie net ondersteun die konferensie ons nie (en onthou, die konferensie wou hom glad nie hier gehad het verlede jaar nie) maar die kerk ondersteun ons ook, maar nou`s dit net een ding...ongelukkig ondersteun hulle ons nie finansieël nie en ons moet alles uit ons eie sak betaal.  Nou tans het ek as brood winner geen inkomste nie en ons het totaal in geloof uitgestap om hierdie ding te doen. Die Here het vir ons geld voorsien om die seminaar te adverteer maar ons het nog geld nodig om vir die saal te betaal. Die saal was ook gekies deur die Here want dis waar Ierland  se Nationale Orkeste speel en ons het dit vir baie goedkoop gerky. Nou soos enige iets, jy weet iets kan baie goedkoop wees , maar as mens nie geld het nie is dit nog steeds duur.

Daarom vra ons julle of julle nie asseblief ons wil ondersteun met n donasie nie. Enigeiets sal help van R10 – R1000. Hier`s die website as julle deur n kredietkaart of andersins ons kan ondersteun. Hierdie is n totale “ Lay People “  uitreiking met die Ons Hemelse Vader aan ons sy!

 www.rire-technology.net/aldenho

Ons bid en glo dat die Here die sendingveld sal oopmaak vir Ierland maar dat Hy mense in ander lande sal raak om uit te reik oorsee.  Ons het BAIE van julle dvd`s wat ons gebruik hier en wat ons al uitgegee het..Ons het ons eie DVD bediening en wat genoem  word Discover Dvd Ministries waar ons al baie van julle material gebruik het. SO hierdie email is ook om julle aan te moedig om aan te gaan met julle bediening , want dit werp vrugte af alhoewel julle dit nie altyd sien nie!

Ons gebede strek uit oor die waters na julle toe en vir die werk wat julle vir die Here doen. Mag Hy julle ryklik seen en mag ons  (as dit Sy wil is) mekaar  eendag in die Hemel ontmoet as dit nie hier op aarde kan wees nie.

Baie sterkte en God se rykste seën.
Julle vriende in Jesus vanuit Ierland
Rohan en Inge Vermeulen

 +353 873195803
rvermeulen@rire-technology.net