Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

Home

 

Hoe help ons die beertjies?

So baie mense daar buite sukkel elke dag om te oorleef, positief te bly en ‘n betekenisvolle bestaan te maak. Dieergste geraak deur armoede en hongersnood is ons kleingoed. Koue lyfies, leë magies, seer hartjies en onderontwikkeling is in party gemeenskappe aan die orde van die dag…al is dit vir die meeste van ons moeilik om dit in te dink.
Booysens Beertjies is ‘n kleuterskooltjie in Pretoria-Wes wat 148 kinders uit ‘n baie arm gemeenskap opvoed tot die beste van hulle vermoë. Die huislike omstandighede waarin baie van die kindertjies leef is gladnie stimulerend nie en veroorsaak leerprobleme, spraakgebreke en gedragsprobleme onder andere. Die behoefte om ons is baie groot, en as Jesus hier was, sou ons hom onder die armes en die gebroke mense kon vind!

Filadelfia se vrouebedieninge, in samewerking met die welsyn, wil graag ‘n paar klein mensies se lewens aanraak!
Vir meer as ‘n maand samel ons klere, kos, speelgoed en geldjies in om te probeer om in van hierdie kinders se behoeftes te voorsien. Op die 24ste Junie gaan ons al hierdie goedjies aan hulle oorhandig! Elke kind kry ietsie om hulle dag, en hopelik meer, op te vrolik, en om vir ‘n leeftyd Jesus se liefde in hulle agterkoppies in te prent. Ons sien uit na ‘n poppekas vertoning, ‘n lekker ete, stories, lag en speel. Ons gaan Jesus vir kinders wys wat lig in hulle lewens nodig het!!

Ons het ‘n paar basiese, persoonlike goedjies nodig om vir elke kind dieselfde geskenkie te kan gee. Hou asseblief julle oë en ore oop vir nuus en verwikkelinge oor die skoenbokse.
Daar is nog baie klein werkies wat afgehandel moet word voordat ons verseker kan wees dat die dag glad gaan verloop. Take wat vir ons voorlê sluit in die sortering van die klere, wat ons uit die gemeente ontvang het, in pakkies wat makliker uitgedeel kan word.

Ons het hande nodig wat bereid sal wees om te help met die vervoer van kos, klere, bokse ens. op die dag, met die voorbereidings wat by die skool moet plaasvind, en met die hantering en uitdeel van geskenke aan die kinders. Ons gaan beslis nog op elkeen se knoppie druk om in enige manier tyd en moeite by te dra.

Om ‘n groot projek soos hierdie suksesvol af te handel, het ons nodig om met toewyding ons heel beste poging aan te wend. Ons vertrou dat elkeen van julle in ‘n manier betrokke sal raak…die tyd staan al nader! 12 Junie, 9:00vm, kerk kombuis….

Ons het soveel hande as moontlik nodig om te help klere sorteer vir 2 of 3 ure. Bring asseblief baie plastiek sakke saam om die klere in te verpak. 24 Junie, 9:00vm-11:00vm,  h/v Attie- en Wilhelm straat, Booysens, Pretoria-Wes…

Elkeen is welkom! Mans, vroue en kinders! Kom deel asseblief in die vreugde van die dag! Om te gee baat die person wat gee meer as die een wat ontvang…elke keer!

 

Home
Sitemap
DVD- Bestel/Order
Boekwinkel
Bybelskool
Gemeentes Churches
Links - Skakels
Fotos - Photos
Die logo

Posbus 53801
Wierda Park 0149

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Wednesday, June 08, 2011 01:57:09
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria