Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

Home
Up

 


S25 51.594
E28 12.777

DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Tyd

Elke uur van die horlosie het 'n boodskap.

EENUUR sê vir my ek leef net een maal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd hier op aarde reg gebruik.

TWEE-UUR sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.

DRIE-UUR herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet dien.

VIERUUR herinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook al mag gaan ek die Hemel se kompas (die Bybel) nodig het om vir my rigting aan te dui.

VYFUUR dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet werk om my brood eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die Here.

SESUUR sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van die week werk.

SEWE-UUR sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus. 

AGTUUR laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sondvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus skuiling soek.

NEGE-UUR herinner my aan die nege melaatses wat nie teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle gesond geword het nie en maan my om dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang

TIENUUR herinner my aan tien jong meisies waarvan vyf nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie so dwaas soos hulle te wees nie

ELFUUR herinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my om altyd gereed te wees om die Here te ontmoet.

TWAALFUUR sê vir my die genadetyd is haas verby. Om middernag kom die Bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agterbly as Hy Sy kinders kom haal nie.

ELKE TIK VAN DIE HORLOSIE,
ELKE KLOP VAN DIE HART
BIED 'N GELEENTHEID,
GEBRUIK DIT TOT EER VAN DIE HERE.

 

Home
Sitemap
DVD- Bestel/Order
Boekwinkel
Bybelskool
Gemeentes Churches
Links - Skakels
Fotos - Photos
Die logo


DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Nuwe Besigheidsure
New Business hours
Ma-Do/Mo-Th : 9h00-17h00 Vr/Fri : 9h00-12h00 So/Sun : 10h00-12h00
 

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Monday, June 21, 2010 03:59:03
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria