|


|
Fundamental
beliefs of the Seventh-day Adventists
Seventh-day Adventists
accept the Bible as their only creed and hold certain fundamental
beliefs to be the teaching of the Holy Scriptures. These beliefs, as
set forth here, constitute the church's understanding and expression
of the teaching of Scripture. Revision of these statements may be
expected at a General Conference session when the church is led by
the Holy Spirit to a fuller understanding of Bible truth or finds
better language in which to express the teachings of God's Holy
Word.
1. The Holy Scriptures/Die Heilige
Skrif
2. The Trinity/Die Drie-Eenheid
3. The Father/Die Vader
4. The Son/Die Seun
5. The Holy Spirit/Die Heilige Gees
6. Creation/Die Skepping
7. The Nature of Man/Die Natuur van die Mens
8. The Great Controversy/Die Groot Stryd
9. The Life, Death, and Resurrection of Christ/Die Lewe, Dood,
en Opstanding van Christus
10. The Experience of Salvation/Die Belewenis van die
Verlossing
11. Growing in Christ
12. The Church/Die Kerk
13. The Remnant and Its Mission/Die Oorblyfsel en Sy Sending
14. Unity in the Body of Christ/Eenheid in die Liggaam van
Christus
15. Baptism/Die Doop
16. The Lord's Supper/Die Heilige Nagmaal
17. Spiritual Gifts and Ministries/Geestelike Gawes en
Bedienings
18. The Gift of Prophecy/Die Gawe van Profesie
19. The Law of God/Die Wet van God
20. The Sabbath/Die Sabbat
21. Stewardship/Rentmeesterskap
22. Christian Behavior/Christelike Gedrag
23. Marriage and the Family/Die Huwelik en Die Gesin
24. Christ's Ministry in the Heavenly Sanctuary/Christus se
Bediening in die Hemelse Heiligdom
25. The Second Coming of Christ/Die Wederkoms van Christus
26. Death and Resurrection/Die Dood en die Opstanding
27. The Millennium and the End of Sin/Die Millennium en die
Einde van die Sonde
28. The New Earth/Die Nuwe Aarde
1. The
Holy Scriptures:
The Holy Scriptures, Old and New Testaments, are the written Word of
God, given by divine inspiration through holy men of God who spoke
and wrote as they were moved by the Holy Spirit. In this Word, God
has committed to man the knowledge necessary for salvation. The Holy
Scriptures are the infallible revelation of His will. They are the
standard of character, the test of experience, the authoritative
revealer of doctrines, and the trustworthy record of God's acts in
history. (2 Peter 1:20, 21; 2 Tim. 3:16, 17; Ps. 119:105; Prov.
30:5, 6; Isa. 8:20; John 17:17; 1 Thess. 2:13; Heb. 4:12.)
Die Heilige Skrif, Ou en
Nuwe Testament, is die geskrewe Woord van God, deur middel van
Goddelike ingewing gegee deur heilige mense van God wat gespreek en
geskryf het soos hulle deur die Heilige Gees gedrywe is. In hierdie
Woord het God aan die mensdom die kennis toevertrou wat noodsaaklik
vir die saligheid is. Die Heilige Skrif is die onfeilbare openbaring
van Sy wil. Dit is die standaard van die karakter, die toets van die
ondervinding, die gesaghebbende openbaarder van leerstelings, en die
betroubare verslag van die dade van God in die geskiedenis. (2 Pet.
1:20, 21; 2 Tim. 3:16, 17; Ps. 119:105; Spr. 30:5, 6; Jes. 8:20;
Joh. 17:17; 1 Thess. 2:13; Heb. 4:12.)
2. The
Trinity:
There is one God: Father, Son, and Holy Spirit, a unity of three
co-eternal Persons. God is immortal, all-powerful, all-knowing,
above all, and ever present. He is infinite and beyond human
comprehension, yet known through His self-revelation. He is forever
worthy of worship, adoration, and service by the whole creation.
(Deut. 6:4; Matt. 28:19; 2 Cor. 13:14; Eph. 4:4-6; 1 Peter 1:2; 1
Tim. 1:17; Rev. 14:7.)
Daar is een God: Vader,
Seun en Heilige Gees, 'n eenheid van drie mede-ewige
Persone. God is onsterflik, almagtig, alwetend, bo alles, en altyd
teenwoordig. Hy is oneindig en buite die begripsvermoë van
die mens, tog bekend deur Sy self-openbaring. Hy is vir altyd die
aanbidding, die verering en die diens van die hele skepping waardig.
(Deut. 6:4; Matt. 28:19; 2 Kor. 13:14; Efe. 4:4-6; 1 Petrus1:2; 1
Tim. 1:17; Openb. 14:7.)
3. The
Father:
God the eternal Father is the Creator, Source, Sustainer, and
Sovereign of all creation. He is just and holy, merciful and
gracious, slow to anger, and abounding in steadfast love and
faithfulness. The qualities and powers exhibited in the Son and the
Holy Spirit are also revelations of the Father. (Gen. 1:1; Rev.
4:11; 1 Cor. 15:28; John 3:16; 1 John 4:8; 1 Tim. 1:17; Ex. 34:6, 7;
John 14:9.)
God die ewige Vader is
die Skepper, Bron, Onderhouer, en Heerser van die ganse skepping. Hy
is regverdig en heilig, barmhartig en genadig, lankmoedig, en loop
oor van onwankelbare liefde en getrouheid. Die deugde en eienskappe
wat in die Seun en die Heilige Gees vertoon word, is ook openbarings
van die Vader. (Gen. 1:1; Openb. 4:11; 1 Kor. 15:28; Joh. 3:16; 1
Joh. 4:8; 1 Tim. 1:17; Ex. 34:6,7; Joh. 14:9.)
4. The
Son:
God the eternal Son became incarnate in Jesus Christ. Through Him
all things were created, the character of God is revealed, the
salvation of humanity is accomplished, and the world is judged.
Forever truly God, He became also truly man, Jesus the Christ. He
was conceived of the Holy Spirit and born of the virgin Mary. He
lived and experienced temptation as a human being, but perfectly
exemplified the righteousness and love of God. By His miracles He
manifested God's power and was attested as God's promised Messiah.
He suffered and died voluntarily on the cross for our sins and in
our place, was raised from the dead, and ascended to minister in the
heavenly sanctuary in our behalf. He will come again in glory for
the final deliverance of His people and the restoration of all
things. (John 1:1-3, 14; Col. 1:15-19; John 10:30; 14:9; Rom. 6:23;
2 Cor. 5:17-19; John 5:22; Luke 1:35; Phil. 2:5-11; Heb. 2:9-18; 1
Cor. 15:3, 4; Heb. 8:1, 2; John 14:1-3.)
God die ewige Seun het
in Jesus Christus vlees geword. Deur Hom is alle dinge geskep, word
die karakter van God geopenbaar, die verlossing van die mensdom
volbring, en die wêreld geoordeel. Vir ewig waarlik God, het
Hy ook waarlik mens, Jesus die Christus, geword. Hy is deur die
Heilige Gees ontvang en uit die Maagd Maria gebore. Hy het soos 'n mens gelewe en versoeking ondervind, maar die
geregtigheid en liefde van God volmaak beliggaam. Deur Sy
wonderwerke het Hy Gods krag geopenbaar en is Hy as die beloofde
Messias van God bevestig. Hy het vrywillig vir ons sondes en in ons
plek aan die kruis gely en gesterf, is uit die dode opgewek, en het
opgevaar om in die hemelse heiligdom vir ons in te tree. Hy sal in
heerlikheid terugkeer vir die finale verlossing van Sy volk en die
herstel van alle dinge. (Joh. 1:1-3, 14; Kol. 1:15-19; Joh. 10:30;
14:9; Rom.. 6:23; 2 Kor. 5:17-19; Joh. 5:22; Luk. 1:35; Fil. 2:5-11;
Heb. 2:9-18; 1 Kor. 15:3, 4; Heb. 8:1, 2; Joh. 14:1-3.)
5. The
Holy Spirit:
God the eternal Spirit was active with the Father and the Son in
Creation, incarnation, and redemption. He inspired the writers of
Scripture. He filled Christ's life with power. He draws and convicts
human beings; and those who respond He renews and transforms into
the image of God. Sent by the Father and the Son to be always with
His children, He extends spiritual gifts to the church, empowers it
to bear witness to Christ, and in harmony with the Scriptures leads
it into all truth. (Gen. 1:1, 2; Luke 1:35; 4:18; Acts 10:38; 2
Peter 1:21; 2 Cor. 3:18; Eph. 4:11, 12; Acts 1:8; John 14:16-18, 26;
15:26, 27; 16:7-13.)
God die ewige Gees was
aktief saam met die Vader en die Seun in die skepping, vleeswording,
en verlossing. Hy het die skrywers van die Skrif geïnspireer.
Hy het Christus se lewe met krag gevul. Hy trek mense aan en oortuig
hulle; en diegene wat reageer, hernu en verander Hy na die beeld van
God. Hy is deur die Vader en die Seun gestuur om altyd by Sy kinders
te wees, Hy gee geestelike gawes aan die Kerk, versterk dit om van
Christus te getuig, en, in ooreenstemming met die Skrif, lei Hy dit
in die hele waarheid. (Gen. 1:1,2; Luk. 1:35; 4:18; Hand. 10:38; 2
Pet.1:21; 2 Kor. 3:18; Efe. 4:11, 12; Hand. 1:8; Joh. 14:16-18, 26;
15:26, 27; 16:7-13.)
6.
Creation:
God is Creator of all things, and has revealed in Scripture the
authentic account of His creative activity. In six days the Lord
made "the heaven and the earth" and all living things upon the
earth, and rested on the seventh day of that first week. Thus He
established the Sabbath as a perpetual memorial of His completed
creative work. The first man and woman were made in the image of God
as the crowning work of Creation, given dominion over the world, and
charged with responsibility to care for it. When the world was
finished it was "very good,'' declaring the glory of God. (Gen. 1;
2; Ex. 20:8-11; Ps. 19:1-6; 33:6, 9; 104; Heb. 11:3.)
God is die Skepper van
alle dinge, en het in die Skrifte die egte weergawe van Sy
skeppingsdade geopenbaar. In ses dae het die Here
die hemel en die aarde en alle
lewende dinge op die aarde gemaak, en op die sewende dag van daardie
eerste week gerus. So het Hy die Sabbat as 'n ewige
gedenkteken van Sy voltooide skeppingswerk ingestel. Die eerste man
en die eerste vrou is na die beeld van God gemaak as die kroon van
die Skepping; aan hulle is heerskappy oor die aarde gegee, en hulle
is belas met die verantwoordelikheid om daarvoor te sorg. Nadat die
wereld voltooi is, was dit baie
goed, en het die heerlikheid van God verkondig. (Gen.
1; 2; Ex. 20:8-11; Ps. 19:1-6; 33:6, 9; 104; Heb. 11:3.)
7. The
Nature of Man:
Man and woman were made in the image of God with individuality, the
power and freedom to think and to do. Though created free beings,
each is an indivisible unity of body, mind, and spirit, dependent
upon God for life and breath and all else. When our first parents
disobeyed God, they denied their dependence upon Him and fell from
their high position under God. The image of God in them was marred
and they became subject to death. Their descendants share this
fallen nature and its consequences. They are born with weaknesses
and tendencies to evil. But God in Christ reconciled the world to
Himself and by His Spirit restores in penitent mortals the image of
their Maker. Created for the glory of God, they are called to love
Him and one another, and to care for their environment. (Gen.
1:26-28; 2:7; Ps. 8:4-8; Acts 17:24-28; Gen. 3; Ps. 51:5; Rom.
5:12-17; 2 Cor. 5:19, 20; Ps. 51:10; 1 John 4:7, 8, 11, 20; Gen.
2:15.)
Die man en die vrou is
na die beeld van God geskape, met individualiteit en die
vermo om te dink en te doen. Alhoewel hulle as vrye wesens
geskape is, is elkeen 'n onverdeelbare eenheid van
liggaam, verstand en siel, wat van God afhanlik is vir die lewe, en
asem en vir alle ander dinge. Toe ons eerste ouers ongehoorsaam aan
God was, het hulle hul afhanklikheid van Hom ontken, en van hul hoë posisie onder God geval. Die beeld van God in hulle is
geskend en hulle het aan die dood onderworpe geword. Hulle
nakomgelinge deel in hierdie gevalle natuur en die gevolge daarvan.
Hulle word met swakhede en neigings tot die sonde gebore. Maar God
het die wêreld in Christus met Homself versoen en Sy Gees
herstel die beeld van hul Maker in berouvolle sterflinge. Tot die
heerlikheid van God geskape, word hulle opgeroep om Hom en mekaar
lief te hê en om vir hul omgewing te sorg. (Gen. 1:26-28;
2:7; Ps. 8:4-8; Hand. 17:24-28; Gen. 3; Ps. 51:5; Rom. 5:12-17; 2
Kor. 5:19,20; Ps. 51:10; 1 Joh. 4:7,8,11,20; Gen. 2:15.)
8. The
Great Controversy:
All humanity is now involved in a great controversy between Christ
and Satan regarding the character of God, His law, and His
sovereignty over the universe. This conflict originated in heaven
when a created being, endowed with freedom of choice, in
self-exaltation became Satan, God's adversary, and led into
rebellion a portion of the angels. He introduced the spirit of
rebellion into this world when he led Adam and Eve into sin. This
human sin resulted in the distortion of the image of God in
humanity, the disordering of the created world, and its eventual
devastation at the time of the worldwide flood. Observed by the
whole creation, this world became the arena of the universal
conflict, out of which the God of love will ultimately be
vindicated. To assist His people in this controversy, Christ sends
the Holy Spirit and the loyal angels to guide, protect, and sustain
them in the way of salvation. (Rev. 12:4-9; Isa. 14:12-14; Eze.
28:12-18; Gen. 3; Rom. 1:19-32; 5:12-21; 8:19-22; Gen. 6-8; 2 Peter
3:6; 1 Cor. 4:9; Heb. 1:14.)
Die ganse mensdom is nou
betrokke in 'n stryd tussen Christus en Satan
betreffende die karakter van God, Sy wet, en Sy heerskappy oor die
heelal. Hierdie konflik het in die hemel sy oorsprong toe
'n geskape wese, toegerus met die vryheid van keuse,
in selfverheffing die Satan, Gods vyand, geword het, en hy 'n deel van die engele tot opstand gelei het. Hy het
die gees van opstand na die aarde gebring toe hy Adam en Eva laat
sondig het. Die gevolg van hierdie menslike sonde was dat die beeld
van God in die mens geskend is, die ontwrigting van orde in die
geskape wêreld, en uiteindelike vernietiging daarvan tydens
die wêreldwye sondvloed. Ten aanskoue van die ganse heelal
het hierdie aarde die arena van universele konflik geword, waaruit
die God van liefde uiteindelik geregverdig sal word. Om Sy volk in
hierdie groot stryd by te staan, stuur Christus die Heilige Gees en
die lojale engele om hulle op die weg van verlossing te lei, te
beskerm, en te ondersteun. (Openb. 12:4-9; Jes. 14:12-14; Ese.
28:12-18; Gen. 3; Rom. 1:19-32; 5:12-21; 8:19-22; Gen. 6:8; 2 Petrus
3:6; 1 Kor. 4:9; Heb. 1:14.)
9. The
Life, Death, and Resurrection of Christ:
In Christ's life of perfect obedience to God's will, His suffering,
death, and resurrection, God provided the only means of atonement
for human sin, so that those who by faith accept this atonement may
have eternal life, and the whole creation may better understand the
infinite and holy love of the Creator. This perfect atonement
vindicates the righteousness of God's law and the graciousness of
His character; for it both condemns our sin and provides for our
forgiveness. The death of Christ is substitutionary and expiatory,
reconciling and transforming. The resurrection of Christ proclaims
God's triumph over the forces of evil, and for those who accept the
atonement assures their final victory over sin and death. It
declares the Lordship of Jesus Christ, before whom every knee in
heaven and on earth will bow. (John 3:16; Isa. 53; 1 Peter 2:21, 22;
1 Cor. 15:3, 4, 20-22; 2 Cor. 5:14, 15, 19-21; Rom. 1:4; 3:25; 4:25;
8:3, 4; 1 John 2:2; 4:10; Col. 2:15; Phil. 2:6-11.)
In Christus se lewe van
volkome gehoorsaamheid aan die wil van God, het God die enigste
versoenmiddel vir menslike sonde voorsien, sodat diegene wat hierdie
versoening in geloof aanneem, die ewige lewe kan hê en sodat
die hele skepping die oneindige en heilige liefde van die Skepper
beter kan verstaan. Hierdie volkome versoening regverdig die
geregtigheid van Gods wet en die barmhartigheid van Sy karakter;
want dit veroordeel ons sonde terwyl dit ook voorsiening maak vir
ons vergifnis. Die dood van Christus is plaasvervangend en boetend,
versoenend en hervormend. Die opstanding verkondig God se oorwinning
oor die magte van die boosheid, en vir diegene wat die versoening
aanvaar, verseker dit hul uiteindelike oorwinning oor sonde en die
dood. Dit verklaar die Heerskappy van Jesus Christus, voor wie elke
knie in die hemel en op aarde sal buig. (Joh..3:16; Jes. 53; 1
Petrus. 2:21. 22; 1 Kor. 15:3, 4, 20-22; 2 Kor. 5:14,15; 19-21; Rom.
1:4; 3:25; 4:25; 8:3, 4; 1 Joh. 2:2; 4:10; Kol. 2:15; Fil. 2:6-11.)
10. The
Experience of Salvation:
In infinite love and mercy God made Christ, who knew no sin, to be
sin for us, so that in Him we might be made the righteousness of
God. Led by the Holy Spirit we sense our need, acknowledge our
sinfulness, repent of our transgressions, and exercise faith in
Jesus as Lord and Christ, as Substitute and Example. This faith
which receives salvation comes through the divine power of the Word
and is the gift of God's grace. Through Christ we are justified,
adopted as God's sons and daughters, and delivered from the lordship
of sin. Through the Spirit we are born again and sanctified; the
Spirit renews our minds, writes God's law of love in our hearts, and
we are given the power to live a holy life. Abiding in Him we become
partakers of the divine nature and have the assurance of salvation
now and in the judgment. (2 Cor. 5:17-21; John 3:16; Gal. 1:4;
4:4-7; Titus 3:3-7; John 16:8; Gal. 3:13, 14; 1 Peter 2:21, 22; Rom.
10:17; Luke 17:5; Mark 9:23, 24; Eph. 2:5-10; Rom. 3:21-26; Col.
1:13, 14; Rom. 8:14-17; Gal. 3:26; John 3:3-8; 1 Peter 1:23; Rom.
12:2; Heb. 8:7-12; Eze. 36:25-27; 2 Peter 1:3, 4; Rom. 8:1-4;
5:6-10.)
In oneindige liefde en genade het
God Christus, wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons
gemaak, sodat ons in Hom die geregtigheid van God gemaak kan
word. Deur die Heilige Gees gelei, besef ons ons behoefte, erken
ons ons sondigheid, het ons berou oor ons oortredinge, en
beoefen ons geloof in Jesus as Here en Christus, as ons
Plaasvervanger en ons Voorbeeld. Hierdie geloof wat verlossing
aanneem kom deur die Goddelike krag van die Woord en is 'n gawe van Gods genade. Deur Christus is ons
geregverdig, aangeneem as seuns en dogters van God, en verlos
van die heerskappy van die sonde. Deur die Gees is ons weer
gebore en geheilig; die Gees hernu ons verstand, skryf Gods wet
van liefde in ons hart, en ons word die krag gegee om 'n heilige lewe te lei. Waar ons in Hom bly, word
ons deelgenote aan die Goddelike natuur en het ons die
versekering van verlossing nou en in die oordeel. (2 Kor.
5:17-21; Joh. 3:16; Gal. 1:4; 4:4-7; Titus 3:3-7; Joh. 16:8;
Gal. 3:13, 14; 1 Petrus 2:21, 22; Rom. 10:17; Lukas 17:5; Markus
9:23, 24; Efe. 2:5-10; Rom. 3:21-26; Kol. 1:13, 14; Rom 8:14-17;
Gal. 3:26; Joh. 3:3-8; 1 Petrus 1:23; Rom. 12:2; Heb. 8:7-12;
Ese. 36:25-27; 2 Petrus 1:3, 4; Rom. 8:1-4; 5:6-10.)
11. Growing in Christ
By His death on the cross Jesus
triumphed over the forces of evil. He who subjugated the demonic
spirits during His earthly ministry has broken their power and
made certain their ultimate doom. Jesus' victory gives us
victory over the evil forces that still seek to control us, as
we walk with Him in peace, joy, and assurance of His love. Now
the Holy Spirit dwells within us and empowers us. Continually
committed to Jesus as our Saviour and Lord, we are set free from
the burden of our past deeds. No longer do we live in the
darkness, fear of evil powers, ignorance, and meaninglessness of
our former way of life. In this new freedom in Jesus, we are
called to grow into the likeness of His character, communing
with Him daily in prayer, feeding on His Word, meditating on it
and on His providence, singing His praises, gathering together
for worship, and participating in the mission of the Church. As
we give ourselves in loving service to those around us and in
witnessing to His salvation, His constant presence with us
through the Spirit transforms every moment and every task into a
spiritual experience. (Ps 1:1, 2; 23:4; 77:11, 12; Col 1:13, 14;
2:6, 14, 15; Luke 10:17-20; Eph 5:19, 20; 6:12-18; 1 Thess 5:23;
2 Peter 2:9; 3:18; 2 Cor. 3:17, 18; Phil 3:7-14; 1 Thess
5:16-18; Matt 20:25-28; John 20:21; Gal 5:22-25; Rom 8:38, 39; 1
John 4:4; Heb 10:25.)
12. The
Church:
The church is the community of believers who confess Jesus Christ
as Lord and Saviour. In continuity with the people of God in Old
Testament times, we are called out from the world; and we join
together for worship, for fellowship, for instruction in the Word,
for the celebration of the Lord's Supper, for service to all
mankind, and for the worldwide proclamation of the gospel. The
church derives its authority from Christ, who is the incarnate Word,
and from the Scriptures, which are the written Word. The church is
God's family; adopted by Him as children, its members live on the
basis of the new covenant. The church is the body of Christ, a
community of faith of which Christ Himself is the Head. The church
is the bride for whom Christ died that He might sanctify and cleanse
her. At His return in triumph, He will present her to Himself a
glorious church, the faithful of all the ages, the purchase of His
blood, not having spot or wrinkle, but holy and without blemish.
(Gen. 12:3; Acts 7:38; Eph. 4:11-15; 3:8-11; Matt. 28:19, 20;
16:13-20; 18:18; Eph. 2:19-22; 1:22, 23; 5:23-27; Col. 1:17, 18.)
Die kerk is die
gemeenskap van gelowiges wat Jesus Christus as Heer en Verlosser
bely. In aaneenskakeling met die volk van God in die
Ou-Testamentiese tye, word ons uit die wêreld uitgeroep; en
ons kom saam om te aanbid, vir gemeenskap, vir onderrig in die
Woord, vir die viering van die Nagmaal, vir diens aan die ganse
mensdom, en vir die wêreldwye verkondiging van die evangelie.
Die kerk kry sy gesag van Christus, wat die vleesgeworde Woord is,
en uit die Skrif, wat die geskrewe Woord is. Die kerk is die
huishouding van God; deur Hom as Sy kinders aangeneem, lewe die lede
op die basis van die nuwe verbond. Die kerk is die liggaam van
Christus, 'n gemeenskap van gelowiges waarvan Christus
self die Hoof is. Die kerk is die bruid vir wie Christus gesterf het
sodat Hy haar kan heilig en reinig. By Sy terugkeer in triomf, sal
Hy haar as verheerlikte gemeente voor Hom stel, die getroues van
alle eeue, die gekooptes deur Sy bloed, sonder vlek of rimpel, maar
heilig en sonder gebrek. (Gen. 12:3; Hand. 7:38; Efe. 4:11-15;
3:8-11; Matt. 28:19, 20; 16:13-20; 18:18; Efe. 2:19-22; 1:22, 23;
5:23-27; Kol. 1:17, 18.)
13. The
Remnant and Its Mission:
The universal church is composed of all who truly believe in
Christ, but in the last days, a time of widespread apostasy, a
remnant has been called out to keep the commandments of God and the
faith of Jesus. This remnant announces the arrival of the judgment
hour, proclaims salvation through Christ, and heralds the approach
of His second advent. This proclamation is symbolized by the three
angels of Revelation 14; it coincides with the work of judgment in
heaven and results in a work of repentance and reform on earth.
Every believer is called to have a personal part in this worldwide
witness. (Rev. 12:17; 14:6-12; 18:1-4; 2 Cor. 5:10; Jude 3, 14; 1
Peter 1:16-19; 2 Peter 3:10-14; Rev. 21:1-14.)
Die universele kerk
bestaan uit al diegene wat waarlik in Christus glo, maar in die
laaste dae - 'n tyd van wydverspreide afvalligheid -
is 'n oorblyfsel uitgeroep wat die gebooie van God en
die geloof in Jesus bewaar. Die oorblyfsel kondig die oordeelsuur
aan, verkondig verlossing deur Christus, en kondig die nadering van
Sy tweede advent aan. Hierdie verkondiging word deur die drie engele
van Openbaring 14 gesimboliseer; dit val saam met die oordeelswerk
in die hemel en loop uit in 'n werk van bekering en
hervorming op die aarde. Elke gelowige word geroep om 'n persoonlike deel aan hierdie wêreldwye
getuienis te hê. (Openb. 12:17; 14:6-12; 18:1-4; 2 Kor. 5:10;
Judas 3, 14; 1 Petrus 1:16-19; 2 Petrus 3:10-14; Openb. 21:1-14.)
14. Unity
in the Body of Christ:
The church is one body with many members, called from every nation,
kindred, tongue, and people. In Christ we are a new creation;
distinctions of race, culture, learning, and nationality, and
differences between high and low, rich and poor, male and female,
must not be divisive among us. We are all equal in Christ, who by
one Spirit has bonded us into one fellowship with Him and with one
another; we are to serve and be served without partiality or
reservation. Through the revelation of Jesus Christ in the
Scriptures we share the same faith and hope, and reach out in one
witness to all. This unity has its source in the oneness of the
triune God, who has adopted us as His children. (Rom. 12:4, 5; 1
Cor. 12:12-14; Matt. 28:19, 20; Ps. 133:1; 2 Cor. 5:16, 17; Acts
17:26, 27; Gal. 3:27, 29; Col. 3:10-15; Eph. 4:14-16; 4:1-6; John
17:20-23.)
Die kerk is een liggaam
met baie lede, uit elke nasie, stam, taal en volk. In Christus is
ons 'n nuwe skepping; verskille van ras, kultuur,
geleerdheid, nasionaliteit, en verskille tussen hoës en laes,
rykes en armes, manne en vroue, moet nie verdelend onder ons wees
nie. Ons is almal gelyk in Christus, wat ons deur een Gees
saamgebind het tot een gemeenskap met Hom en met mekaar; ons moet
dien en bedien word sonder begunstiging of terughouding. Deur die
openbaring van Jesus Christus in die Skrif is ons deelgenote aan
dieselfde geloof en hoop, en lewer ons een getuienis voor almal.
Hierdie eenheid het sy oorsprong in die eenheid van die drie-enige
God, wat ons as Sy kinders aangeneem het. (Rom. 12:4, 5; 1 Kor.
12:12-14; Matt. 28:19, 20; Ps. 133:1; 2 Kor. 5:16, 17; Hand. 17:26,
27; Gal. 3:27, 29; Kol. 3:10-15; Efe. 4:14-16; 4:1-6; Joh.
17:20-23.-23.)
15.
Baptism:
By baptism we confess our faith in the death and resurrection of
Jesus Christ, and testify of our death to sin and of our purpose to
walk in newness of life. Thus we acknowledge Christ as Lord and
Saviour, become His people, and are received as members by His
church. Baptism is a symbol of our union with Christ, the
forgiveness of our sins, and our reception of the Holy Spirit. It is
by immersion in water and is contingent on an affirmation of faith
in Jesus and evidence of repentance of sin. It follows instruction
in the Holy Scriptures and acceptance of their teachings. (Rom.
6:1-6; Col. 2:12, 13; Acts 16:30-33; 22:16; 2:38; Matt. 28:19, 20.)
Deur die doop bely ons
ons geloof in die dood en opstanding van Jesus Christus, en getuig
van ons dood tot die sonde en ons voorneme om in 'n
nuwe lewe te wandel. So erken ons Christus as Heer en Verlosser,
word ons Sy volk, en word ons as lede deur Sy kerk aangeneem. Die
doop is 'n simbool van ons eenheid met Christus, die
vergifnis van ons sondes, en ons ontvangs van die Heilige Gees. Dit
geskied deur indompeling in water en is afhanklik van
'n bevestiging van geloof in Jesus en die bewys van
berou oor sondes. Dit volg op onderrig in die Skrif en aanname van
wat dit leer. (Rom. 6:1-6; Kol. 2:12, 13; Hand. 16:30-33; 22:16;
2:38; Matt. 28:19, 20.)
16. The
Lord's Supper:
The Lord's Supper is a participation
in the emblems of the body and blood of Jesus as an expression of
faith in Him, our Lord and Saviour. In this experience of communion
Christ is present to meet and strengthen His people. As we partake,
we joyfully proclaim the Lord's death until He comes again.
Preparation for the Supper includes self-examination, repentance,
and confession. The Master ordained the service of foot washing to
signify renewed cleansing, to express a willingness to serve one
another in Christ like humility, and to unite our hearts in love.
The communion service is open to all believing Christians. (1 Cor.
10:16, 17; 11:23-30; Matt. 26:17-30; Rev. 3:20; John 6:48-63;
13:1-17.)
Die Nagmaal is
'n deelname aan die embleme van die liggaam en bloed
van Jesus as 'n uitdrukking van geloof in Hom, ons
Here en Verlosser. In hierdie belewenis van gemeenskap, is Christus
teenwoordig om Sy volk te ontmoet en te versterk. Wanneer ons
daarvan eet, verkondig ons met blydskap die Here se dood tot Hy weer
kom. Voorbereiding vir die Avondmaal sluit selfondersoek, berou en
belydenis in. Die Meester het die diens van die voetewassing
ingestel om hernude reiniging voor te stel, om 'n
gewilligheid te toon om die een die ander met Christelike
nederigheid te dien, en om ons harte in liefde te verenig. Die
Nagmaal is oop vir alle gelowige Christene. (1 Kor. 10:16, 17;
11:23-30; Matt. 26:17-30; Openb. 3:20; Joh. 6:48-63; 13:1-17.)
17.
Spiritual Gifts and Ministries:
God bestows upon all members of His church in every age spiritual
gifts which each member is to employ in loving ministry for the
common good of the church and of humanity. Given by the agency of
the Holy Spirit, who apportions to each member as He wills, the
gifts provide all abilities and ministries needed by the church to
fulfill its divinely ordained functions. According to the
Scriptures, these gifts include such ministries as faith, healing,
prophecy, proclamation, teaching, administration, reconciliation,
compassion, and self-sacrificing service and charity for the help
and encouragement of people. Some members are called of God and
endowed by the Spirit for functions recognized by the church in
pastoral, evangelistic, apostolic, and teaching ministries
particularly needed to equip the members for service, to build up
the church to spiritual maturity, and to foster unity of the faith
and knowledge of God. When members employ these spiritual gifts as
faithful stewards of God's varied grace, the church is protected
from the destructive influence of false doctrine, grows with a
growth that is from God, and is built up in faith and love. (Rom.
12:4-8; 1 Cor. 12:9-11, 27, 28; Eph. 4:8, 11-16; Acts 6:1-7; 1 Tim.
3:1-13; 1 Peter 4:10, 11.)
God skenk in elke eeu
aan al die lede van Sy kerk geestelike gawes wat deur elke lidmaat
gebruik moet word in liefdevolle diens vir die gesamentlike voordeel
van die kerk en van die mensdom. Deur middel van die Heilige Gees,
wat aan elkeen gee soos Hy wil, verskaf die gawes al die bekwaamhede
en dienste wat die kerk nodig het om sy deur God geordende funksies
te volbring. Volgens die Skrif sluit hierdie gawes sulke bediening
in soos geloof, gesondmaking, profesie, verkondiging, lering,
administrasie, versoening, medelyde, en selfopofferende diens en
liefdadigheid vir die hulp en bemoediging van mense. Sommige is deur
God geroep en deur die Gees toegerus vir funksies wat deur die kerk
erken word in pastorale, evangelisasie, apostoliese en onderrigtende
dienste wat in die besonder nodig is om die lidmate vir diens toe te
rus, om die kerk tot geestelike volwassenheid op te bou, en om die
eenheid van die geloof en kennis van God te koester. Wanneer lidmate
hierdie geestelike gawes gebruik as getroue rentmeesters van God se
veelsydige genade, word die kerk teen die vernietigende invloed van
valse leerstellings beskerm, groei dit met 'n opwassing wat van God kom, en word dit in geloof en liefde gebou.
(Rom. 12:4-8; 1 Kor. 12:9-11, 27, 28; Efe. 4:8, 11-16; Hand. 6:1-7;
1 Tim. 3:1-13; 1 Petrus 4:10, 11.)
18. The
Gift of Prophecy:
One of the gifts of the Holy Spirit is prophecy. This gift is an
identifying mark of the remnant church and was manifested in the
ministry of Ellen. G. White . As the Lord's messenger, her writings
are a continuing and authoritative source of truth which provide for
the church comfort, guidance, instruction, and correction. They also
make clear that the Bible is the standard by which all teaching and
experience must be tested. (Joel 2:28, 29; Acts 2:14-21; Heb. 1:1-3;
Rev. 12:17; 19:10.)
Een van die gawes van
die Heilige Gees is profesie. Hierdie gawe is een van die kenmerke
van die oorblyfselkerk en dit is in die bediening van Ellen G. White
geopenbaar. As boodskapster van die Here, is haar skrywe 'n voortdurende en gesaghebbende bron van waarheid en
voorsien dit die kerk van vertroosting, leiding, onderrig, en
teregwysing. Dit leer ook duidelik dat die Bybel die maatstaf is
waarvolgens alle lering en ondervinding getoets moet word.
(Joël 2:28, 29; Hand. 2:14-21; Heb. 1:1-3; Openb. 12:17;
19:10.)
19. The
Law of God:
he great principles of God's law are embodied in the Ten
Commandments and exemplified in the life of Christ. They express
God's love, will, and purposes concerning human conduct and
relationships and are binding upon all people in every age. These
precepts are the basis of God's covenant with His people and the
standard in God's judgment. Through the agency of the Holy Spirit
they point out sin and awaken a sense of need for a Saviour.
Salvation is all of grace and not of works, but its fruitage is
obedience to the Commandments. This obedience develops Christian
character and results in a sense of well-being. It is an evidence of
our love for the Lord and our concern for our fellow men. The
obedience of faith demonstrates the power of Christ to transform
lives, and therefore strengthens Christian witness. (Ex. 20:1-17;
Ps. 40:7, 8; Matt. 22:36-40; Deut. 28:1-14; Matt. 5:17-20; Heb.
8:8-10; John 15:7-10; Eph. 2:8-10; 1 John 5:3; Rom. 8:3, 4; Ps.
19:7-14.)
Die groot beginsels van
Gods wet word in die Tien Gebooie omvat en in die lewe van Christus
beliggaam. Dit betuig die liefde, wil en doel van God met betrekking
tot menslike gedrag en die verhoudinge wat vir alle mense in alle
eeue verpligtend is. Hierdie grondreëls is die grondslag van
Gods verbond met Sy volk en die maatstaf in Sy oordeel. Deur die
bemiddeling van die Heilige Gees wys dit sonde uit en laat dit 'n bewustheid van die behoefte aan
'n
Verlosser ontstaan. Die verlossing is enkel uit genade en nie uit
werke nie, maar sy vrug is gehoorsaamheid aan die Gebooie. Hierdie
gehoorsaamheid ontwikkel die Christelike karakter en lei tot
'n welsynsgevoel. Dit is 'n bewys dat
ons die Here liefhet en oor ons medemense begaan is. Die
gehoorsaamheid van geloof is 'n bewys van die krag van
Christus om lewens te verander en om dié rede versterk dit
die Christelike getuienis. (Exod. 20:1-17; Ps. 40:7, 8; Matt.
22:36-40; Deut. 28:1-14; Matt. 5:17-20; Heb. 8:8-10; Joh. 15:7-10;
Efe. 2:8-10; 1 Joh. 5:3; Rom. 8:3, 4; Ps. 19:7-14.)
20. The
Sabbath:
The beneficent Creator, after the six days of Creation, rested on
the seventh day and instituted the Sabbath for all people as a
memorial of Creation. The fourth commandment of God's unchangeable
law requires the observance of this seventh-day Sabbath as the day
of rest, worship, and ministry in harmony with the teaching and
practice of Jesus, the Lord of the Sabbath. The Sabbath is a day of
delightful communion with God and one another. It is a symbol of our
redemption in Christ, a sign of our sanctification, a token of our
allegiance, and a foretaste of our eternal future in God's kingdom.
The Sabbath is God's perpetual sign of His eternal covenant between
Him and His people. Joyful observance of this holy time from evening
to evening, sunset to sunset, is a celebration of God's creative and
redemptive acts. (Gen. 2:1-3; Ex. 20:8-11; Luke 4:16; Isa. 56:5, 6;
58:13, 14; Matt. 12:1-12; Ex. 31:13-17; Eze. 20:12, 20; Deut.
5:12-15; Heb. 4:1-11; Lev. 23:32; Mark 1:32.)
Na ses dae van
skeppingswerk het die welddadige Skepper op die sewende dag gerus en
die Sabbat vir alle mense as gedenkteken van die skepping ingestel.
Die vierde gebod van Gods onveranderlike wet vereis dat die
sewendedag-Sabbat as dag van rus, aanbidding en bediening gevier
moet word in ooreenstemming met wat Jesus, die Here van die Sabbat,
geleer en gedoen het. Die Sabbat is 'n dag van
genoeglike gemeenskap met God en met mekaar. Dit is 'n
simbool van ons verlossing in Christus, 'n teken van
ons heiliging, 'n bewys van ons trou en
'n voorsmaak van ons ewige toekoms in die koninkryk
van God. Die Sabbat is Gods voortdurende teken van Sy ewige verbond
tussen Hom en Sy volk. Die vreugdevolle onderhouding van hierdie
heilige tyd van aand tot aand, sononder tot sononder, is
'n viering van die skeppings- en die reddingsdaad van
God. (Gen. 2:1-3; Exod. 20:8-11; Lukas 4:16; Jes. 56:5, 6; 58:13,
14; Matt. 12:1-12; Ex. 31:13-17; Ese. 20:12, 20; Deut. 5:12-15; Heb.
4:1-11; Lev. 23:32; Markus 1:32.)
21.
Stewardship:
We are God's stewards, entrusted by Him with time and
opportunities, abilities and possessions, and the blessings of the
earth and its resources. We are responsible to Him for their proper
use. We acknowledge God's ownership by faithful service to Him and
our fellow men, and by returning tithes and giving offerings for the
proclamation of His gospel and the support and growth of His church.
Stewardship is a privilege given to us by God for nurture in love
and the victory over selfishness and covetousness. The steward
rejoices in the blessings that come to others as a result of his
faithfulness. (Gen. 1:26-28; 2:15; 1 Chron. 29:14; Haggai 1:3-11;
Mal. 3:8-12; 1 Cor. 9:9-14; Matt. 23:23; 2 Cor. 8:1-15; Rom. 15:26,
27.)
Ons is God se
rentmeesters, deur Hom met tyd en geleenthede, bekwaamhede en
besittings, en die seëninge van die aarde en al sy bronne
toevertrou. Ons is aan Hom verantwoordelik vir hul behoorlike
gebruik. Ons erken Sy eienaarskap deur getroue diens aan Hom en ons
medemens, en deur tiendes en offergawes vir die verkondiging van Sy
evangelie en die ondersteuning en uitbreiding van Sy kerk aan Hom
terug te gee. Rentmeesterskap is 'n voorreg wat ons
van God ontvang het vir versorging en liefde en die oorwinning oor
selfsug en hebsug. Die rentmeester verbly hom in die seëninge
wat andere ontvang as gevolg van sy getrouheid. (Gen. 1:26-28; 2:15;
1 Kron. 29:14; Haggai 1:3-11; Mal. 3:8-12; 1 Kor. 9:9-14; Matt.
23:23; 2 Kor. 8:1-15; Rom. 15:26, 27.)
22.
Christian Behavior:
We are called to be a godly people who think, feel, and act in
harmony with the principles of heaven. For the Spirit to recreate in
us the character of our Lord we involve ourselves only in those
things which will produce Christ like purity, health, and joy in our
lives. This means that our amusement and entertainment should meet
the highest standards of Christian taste and beauty. While
recognizing cultural differences, our dress is to be simple, modest,
and neat, befitting those whose true beauty does not consist of
outward adornment but in the imperishable ornament of a gentle and
quiet spirit. It also means that because our bodies are the temples
of the Holy Spirit, we are to care for them intelligently. Along
with adequate exercise and rest, we are to adopt the most healthful
diet possible and abstain from the unclean foods identified in the
Scriptures. Since alcoholic beverages, tobacco, and the
irresponsible use of drugs and narcotics are harmful to our bodies,
we are to abstain from them as well. Instead, we are to engage in
whatever brings our thoughts and bodies into the discipline of
Christ, who desires our wholesomeness, joy, and goodness. (Rom.
12:1, 2; 1 John 2:6; Eph. 5:1-21; Phil. 4:8; 2 Cor. 10:5; 6:14-7:1;
1 Peter 3:1-4; 1 Cor. 6:19, 20; 10:31; Lev. 11:1-47; 3 John 2.)
Ons is geroep om 'n Goddelike volk te wees wat in ooreenstemming met
die beginsels van die hemel dink, voel en handel. Vir die Gees om
die karakter van onse Here in ons te herskep, is ons met daardie
dinge alleen gemoeid wat reinheid, gesondheid, en vreugde in ons
lewens sal bewerkstellig. Dit beteken dat ons vermaak en pret die
hoogste standaard van Christelike smaak en skoonheid moet nakom.
Terwyl ons kulturele verskille erken, is ons kleredrag eenvoudig,
beskeie, en netjies, paslik by diegene wie se ware skoonheid nie uit
uiterlike versiering bestaan nie maar uit die onverganklike
versiering van 'n sagmoedige en stille gees. Dit
beteken ook, omdat ons liggame die tempels van die Heilige Gees is,
dat ons hulle op intelligente wyse moet versorg. Saam met voldoende
oefening en rus, moet ons die gesondste dieet volg wat moontlik is
en ons van onreine voedsel onthou soos in die Skrif uitgewys.
Aangesien alkoholiese drank, tabak, en die onverantwoordelike
gebruik van dwelm- en verdowingsmiddels skadelik vir ons liggame is,
moet ons ons daarvan ook onthou. Instede daarvan moet ons ons besig
hou met wat ons gedagtes en liggame onder die dissipline van
Christus plaas, wat vir ons heilsaamheid, geluk en goedheid begeer.
(Rom. 12:1, 2; 1 Joh. 2:6; Efe. 5:1-21; Fil. 4:8; 2 Kor. 10:5;
6:14-7:1; 1 Petrus 3:1-4; 1 Kor. 6:19, 20; 10:31; Lev. 11:1-47; 3
Joh. 2.)
23.
Marriage and the Family:
Marriage was divinely established in Eden and affirmed by Jesus to
be a lifelong union between a man and a woman in loving
companionship. For the Christian a marriage commitment is to God as
well as to the spouse, and should be entered into only between
partners who share a common faith. Mutual love, honor, respect, and
responsibility are the fabric of this relationship, which is to
reflect the love, sanctity, closeness, and permanence of the
relationship between Christ and His church. Regarding divorce, Jesus
taught that the person who divorces a spouse, except for
fornication, and marries another, commits adultery. Although some
family relationships may fall short of the ideal, marriage partners
who fully commit themselves to each other in Christ may achieve
loving unity through the guidance of the Spirit and the nurture of
the church. God blesses the family and intends that its members
shall assist each other toward complete maturity. Parents are to
bring up their children to love and obey the Lord. By their example
and their words they are to teach them that Christ is a loving
disciplinarian, ever tender and caring, who wants them to become
members of His body, the family of God. Increasing family closeness
is one of the earmarks of the final gospel message. (Gen. 2:18-25;
Matt. 19:3-9; John 2:1-11; 2 Cor. 6:14; Eph. 5:21-33; Matt. 5:31,
32; Mark 10:11, 12; Luke 16:18; 1 Cor. 7:10, 11; Ex. 20:12; Eph.
6:1-4; Deut. 6:5-9; Prov. 22:6; Mal. 4:5, 6.)
Die huwelik is in Eden
deur God ingestel en deur Jesus bevestig as 'n
lewenslange verbintenis tussen 'n man en 'n vrou in 'n liefdevolle kameraadskap.
Vir die Christen is die huweliksverpligting sowel teenoor God as
teenoor die gade, en dit behoort net tussen mense van dieselfde
geloof aangegaan te word. Wedersydse liefde, eer, respek en
verantwoordelikheid, is die raamwerk van hierdie verhouding, wat die
liefde. Heiligheid, nabyheid en permanensie van die verhouding
tussen Christus en Sy kerk weerspieël. Wat egskeiding betref,
het Jesus geleer dat die persoon wat 'n gade skei,
behalwe oor egbreuk, en met 'n ander trou, egbreuk
pleeg. Al sou sommige huwelike nie by die ideaal bykom nie, kan
huweliksgenote wat hulleself ten volle aan mekaar oorgee in
Christus, 'n liefdevolle eenheid bereik deur middel
van die leiding van die Heilige Gees en die versorging van die kerk.
God seën die gesin en wil hê dat die lede mekaar moet
aanhelp tot meer volkome volwassenheid. Ouers moet hul kinders so
grootmaak dat hulle die Here liefhet en gehoorsaam is. Deur hulle
voorbeeld en hul woorde moet hulle hul kinders leer dat Christus 'n liefdevolle tugmeester is, altyd teer en besorg,
wat wil hê hulle moet lede van Sy liggaam word, die
huishouding van God. Toenemende gesinsgehegtheid is een van die
merktekens van die finale evangelieboodskap. (Gen. 2:18-25; Matt.
19:3-9; Joh. 2:1-11; 2 Kor. 6:14; Efe. 5:21-33; Matt. 5:31, 32;
Markus 10:11, 12; Luk. 16:18; 1 Kor. 7:10, 11; Ex. 20:12; Efe.
6:1-4; Deut. 6:5-9; Spr. 22:6; Mal. 4:5, 6.)
23.
Christ's Ministry in the Heavenly Sanctuary:
There is a sanctuary in heaven, the true tabernacle which the Lord
set up and not man. In it Christ ministers on our behalf, making
available to believers the benefits of His atoning sacrifice offered
once for all on the cross. He was inaugurated as our great High
Priest and began His intercessory ministry at the time of His
ascension. In 1844, at the end of the prophetic period of 2300 days,
He entered the second and last phase of His atoning ministry. It is
a work of investigative judgment which is part of the ultimate
disposition of all sin, typified by the cleansing of the ancient
Hebrew sanctuary on the Day of Atonement. In that typical service
the sanctuary was cleansed with the blood of animal sacrifices, but
the heavenly things are purified with the perfect sacrifice of the
blood of Jesus. The investigative judgment reveals to heavenly
intelligences who among the dead are asleep in Christ and therefore,
in Him, are deemed worthy to have part in the first resurrection. It
also makes manifest who among the living are abiding in Christ,
keeping the commandments of God and the faith of Jesus, and in Him,
therefore, are ready for translation into His everlasting kingdom.
This judgment vindicates the justice of God in saving those who
believe in Jesus. It declares that those who have remained loyal to
God shall receive the kingdom. The completion of this ministry of
Christ will mark the close of human probation before the Second
Advent. (Heb. 8:1-5; 4:14-16; 9:11-28; 10:19-22; 1:3; 2:16, 17; Dan.
7:9-27; 8:13, 14; 9:24-27; Num. 14:34; Eze. 4:6; Lev. 16; Rev. 14:6,
7; 20:12; 14:12; 22:12.)
Daar is 'n heiligdom in die hemel, die ware tabernakel wat die Here opgerig het
en nie 'n mens nie. Daarin tree Christus vir ons in,
en stel Hy tot die beskikking van die gelowiges, die voordele van Sy
soenoffer wat Hy eens en vir altyd aan die kruis geoffer het. Hy is
ingehuldig as ons groot Hoëpriester en Hy het Sy
middelaarswerk by Sy hemelvaart begin. In 1844, aan die einde van
die profetiese tydperk van 2 300 dae, het Hy die tweede en laaste
fase van Sy versoeningswerk ingegaan. Dit is 'n werk
van ondersoekende oordeel wat deel is van die uiteindelike
wegdoening van alle sonde, getipeer deur die reiniging van die ou
Hebreeuse heiligdom op die Versoendag. In daardie tiperende diens is
die heiligdom deur die bloed van diereoffers gereinig, maar die
hemelse dinge word met die volmaakte offer van die bloed van Jesus
gereinig. Die ondersoekende oordeel openbaar aan hemelse wesens wie
onder die dode in Christus Jesus slaap, en daarom, in Hom, waardig
geag word om deel te hê aan die eerste opstanding. Dit
openbaar ook wie, onder die lewendes, in Christus bly, wat die
gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar, en is dus in Hom
gereed om na Sy ewige koninkryk geneem te word. Hierdie oordeel
handhaaf die regverdigheid van God om diegene te red wat in Jesus
glo. Dit verklaar dat diegene wat getrou aan God gebly het, die
koninkryk sal ontvang. Die voltooiing van hierdie bediening van
Christus sal die sluiting van menslike genadetyd voor die tweede
koms wees. (Heb. 8:1-5; 4:14-16; 9:11-28; 10:19-22; 1:3; 2:16, 17;
Dan. 7:9-27; 8:13, 14; 9:24-27; Num. 14:34; Ese. 4:6; Lev. 16;
Openb. 14: 6, 7; 20:12; 14:12; 22:12.)
25. The
Second Coming of Christ:
The second coming of Christ is the blessed hope of the church, the
grand climax of the gospel. The Saviour's coming will be literal,
personal, visible, and worldwide. When He returns, the righteous
dead will be resurrected, and together with the righteous living
will be glorified and taken to heaven, but the unrighteous will die.
The almost complete fulfillment of most lines of prophecy, together
with the present condition of the world, indicates that Christ's
coming is imminent. The time of that event has not been revealed,
and we are therefore exhorted to be ready at all times. (Titus 2:13;
Heb. 9:28; John 14:1-3; Acts 1:9-11; Matt. 24:14; Rev. 1:7; Matt.
24:43, 44; 1 Thess. 4:13-18; 1 Cor. 15:51-54; 2 Thess. 1:7-10; 2:8;
Rev. 14:14-20; 19:11-21; Matt. 24; Mark 13; Luke 21; 2 Tim. 3:1-5; 1
Thess. 5:1-6.)
Die wederkoms van
Christus is die salige hoop van die kerk, die groot klimaks van die
evangelie. Die Heiland se koms sal letterlik, persoonlik, sigbaar,
en wêreldwyd wees. Wanneer Hy terugkeer, sal die regverdige
dode opgewek word, en saam met die regverdige lewendes sal hulle
verheerlik en na die hemel geneem word, maar die onregverdiges sal
sterf. Die byna volledige vervulling van die meeste profesierigtings
dui daarop dat Christus se koms op hande is. Die tyd van daardie
gebeurtenis is nie geopenbaar nie, en ons word vermaan om te eniger
tyd gereed te wees. (Titus 2:13; Heb. 9:28; Joh. 14:1-3; Hand.
1:9-11; Matt. 24:14; Openb. 1:7; Matt. 24:43, 44; 1 Thess. 4:13-18;
1 Kor. 15:51-54; 2 Thess. 1:7-10; 2:8; Openb. 14:14-20; 19:11-21;
Matt. 24; Markus 13; Lukas 21; 2 Tim. 3:1-5; 1 Thess. 5:1-6.)
26. Death
and Resurrection:
The wages of sin is death. But God, who alone is immortal, will
grant eternal life to His redeemed. Until that day death is an
unconscious state for all people. When Christ, who is our life,
appears, the resurrected righteous and the living righteous will be
glorified and caught up to meet their Lord. The second resurrection,
the resurrection of the unrighteous, will take place a thousand
years later. (Rom. 6:23; 1 Tim. 6:15, 16; Eccl. 9:5, 6; Ps. 146:3,
4; John 11:11-14; Col. 3:4; 1 Cor. 15:51-54; 1 Thess. 4:13-17; John
5:28, 29; Rev. 20:1-10.)
Die loon van d ie sonde
is die dood. Maar God, wat alleen onsterflik is, sal die ewige lewe
aan Sy verlostes toestaan. Tot daardie dag toe, is die dood 'n toestand van onbewustheid vir alle mense. Wanneer
Christus, wat ons lewe is, verskyn, sal die opgewekte regverdiges
verheerlik en weggevoer word om hulle Here te ontmoet. Die tweede
opstanding, die opstanding van die goddelose, sal 'n
duisend jaar later plaasvind. (Rom. 6:23; 1 Tim. 6:15, 16; Pred.
9:5, 6; Ps. 146:3, 4; Joh. 11:11-14; Kol. 3:4; 1 Kor. 15:51-54; 1
Thess. 4:13-17; Joh. 5:28, 29; Openb. 20:1-10.)
27. The
Millennium and the End of Sin:
The millennium is the thousand-year reign of Christ with His saints
in heaven between the first and second resurrections. During this
time the wicked dead will be judged; the earth will be utterly
desolate, without living human inhabitants, but occupied by Satan
and his angels. At its close Christ with His saints and the Holy
City will descend from heaven to earth. The unrighteous dead will
then be resurrected, and with Satan and his angels will surround the
city; but fire from God will consume them and cleanse the earth. The
universe will thus be freed of sin and sinners forever. (Rev. 20; 1
Cor. 6:2, 3; Jer. 4:23-26; Rev. 21:1-5; Mal. 4:1; Eze. 28:18, 19.)
Die millennium is die
duisendjarige regering van Christus met Sy heiliges in die hemel
tussen die eerste en die tweede opstanding. In hierdie tyd sal die
goddelose dode geoordeel word; die aarde sal totaal vervalle wees,
sonder lewende menslike inwoners, maar deur die duiwel en sy engele
bewoon. Aan die einde sal Christus en Sy heiliges uit die hemel na
die aarde neerdaal. Die goddelose dode sal dan opgewek word, en sal
saam met die duiwel en sy engele die stad omsingel; maar vuur van
God sal hulle verslind en die aarde reinig. Die heelal sal dan vir
ewig van sonde en sondaars gereinig wees. (Openb. 20; 1 Kor. 6:2, 3;
Jer. 4:23-26; Openb. 21:1-5; Mal. 4:1; Ese. 28:18, 19.)
28. The
New Earth:
On the new earth, in which
righteousness dwells, God will provide an eternal home for the
redeemed and a perfect environment for everlasting life, love, joy,
and learning in His presence. For here God Himself will dwell with
His people, and suffering and death will have passed away. The great
controversy will be ended, and sin will be no more. All things,
animate and inanimate, will declare that God is love; and He shall
reign forever. Amen. (2 Peter 3:13; Isa. 35; 65:17-25; Matt. 5:5;
Rev. 21:1-7; 22:1-5; 11:15.)
Op die nuwe aarde,
waarin geregtigheid woon, sal God 'n ewige woning vir
die verlostes en 'n volmaakte omgewing in Sy
teenwoordigheid verskaf om lewe, liefde en geluk te smaak en om in
te leer. Want hier sal God self onder Sy volk woon, en lyding en die
dood sal daar nie meer wees nie. Die groot stryd sal verby wees, en
die sonde sal daar nie meer wees nie. Alle dinge, sienlik en
onsienlik sal verklaar dat God liefde is, en Hy sal vir ewig regeer.
Amen. (2 Petrus 3:13; Jes. 35; 65:17-25; Matt. 5:5; Openb. 21:1-7;
22:1-5; 11:15.)
|








 |