Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

 


S25 51.594
E28 12.777

DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Die Liefde Vergaan Nooit

 

'n Diere winkel eienaar was besig om 'n advertensietjie in sy winkel venster te plak toe hy 'n pluk aan sy broek voel. "Oom, ek wil een van daai hondjies koop, asseblief." "Wel," sê die winkeleienaar, terwyl hy die venster met 'n lap skoonvee, "die hondjies is nie baie duur nie maar ek is seker jy het nie genoeg geld nie?" Die seuntjie vroetel in sy sak en haal 'n 50 sent en twee tiensente uit sy sak.

"Sal hierdie genoeg wees as ek net wil kyk , oom?" Die winkel eienaar was ietwat geiriteërd, maar sê toe tog maar, "nou goed seun kom kyk maar, hulle is daar binne"

Die hondjies was in so 'n draadkampie, soos ons maar almal al dikwels gesien het. Dadelik hardloop vier klein goudkleurige Labradortjies na waar die seuntjie staan. Hy sit sy handjie oor die trajies en voel hoe hulle sy handjie lek. Sy gesigge blink sommer van die lekkerte. Maar toe gewaar hy daar agter by die waterbak nog 'n ou kleintjie wat stadig aangehobbel kom na waar sy boeties en sussies speel. Hierdie ou kleintjie se een agterbeentjie was verlam. Amper soos die ou toypompie wat ek eenkeer gesien het se beentjie.

"Ek wil daardie hondjie koop oom", verklaar die knapie onomwonde aan die oom. "Ag ou seun ek is seker jy wil nie daai ou brakkie hê nie. Hy sukkel om te hardloop."

Die knapie buk af en trek versigtig sy broekspyp op terwyl ysterstutte stadig ontbloot word. "Oom sien, ek kan ook nie juis lekker hardloop nie. Hy sal iemand nodig hê wat verstaan."

Die winkel eienaar het met traangevulde oë afgebuk om die ou brakkie op te tel wat toe darem al teen die tralies kon opstaan oop een beentjie.

"Hierso, boetie jy kan hom maar kry." "Maar hoeveel kos hy oom?"

"Nee wat seun, liefde het nie 'n prys nie. Hou jou geldjies vir 'n been vir die woef en speel mooi met hom."

Skrywer onbekend

Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

1Ko 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

 


DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Nuwe Besigheidsure
New Business hours
Ma-Do/Mo-Th : 9h00-17h00 Vr/Fri : 9h00-12h00 So/Sun : 10h00-12h00
 

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Monday, June 21, 2010 03:58:59
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria