|
Die hondjies was in so 'n draadkampie, soos ons maar almal al
dikwels gesien het. Dadelik hardloop vier klein goudkleurige
Labradortjies na waar die seuntjie staan. Hy sit sy handjie oor
die trajies en voel hoe hulle sy handjie lek. Sy gesigge blink
sommer van die lekkerte. Maar toe gewaar hy daar agter by die
waterbak nog 'n ou kleintjie wat stadig aangehobbel kom na waar
sy boeties en sussies speel. Hierdie ou kleintjie se een
agterbeentjie was verlam. Amper soos die ou toypompie wat ek
eenkeer gesien het se beentjie.
"Ek wil daardie hondjie koop oom", verklaar die knapie onomwonde
aan die oom. "Ag ou seun ek is seker jy wil nie daai ou brakkie
hê nie. Hy sukkel om te hardloop."
Die knapie buk af en trek versigtig sy broekspyp op terwyl
ysterstutte stadig ontbloot word. "Oom sien, ek kan ook nie juis
lekker hardloop nie. Hy sal iemand nodig hê wat verstaan."
Die winkel eienaar het met traangevulde oë afgebuk om die ou
brakkie op te tel wat toe darem al teen die tralies kon opstaan
oop een beentjie.
"Hierso, boetie jy kan hom maar kry." "Maar hoeveel kos hy oom?"
"Nee wat seun, liefde het nie 'n prys nie. Hou jou geldjies vir
'n been vir die woef en speel mooi met hom."
Skrywer onbekend Joh 3:16 Want so lief het God die
wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen
wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe
kan hê.
1Ko 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die
grootste hiervan is die liefde. |