Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

Home

 


S25 51.594
E28 12.777

DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

MIDDE-OOSTE TOER 2010

Dag 1.  Sondag 22 Augustus.

Arriveer by OR Tambolughawe.  Vlug vertrek 2145. Wees ten minste 3 ure voor die tyd daar. Ontmoet as groep en bid voor die vertrek. Jan Liebenberg sal as kapelaan waarneem.

Dag 2. Maandag 23.

Land om 0645 stap oor na Air Sinai en vlieg na Tel Aviv Ben Gurion. Francois du Plessis ontmoet die opgewonde reisigers later die oggend.

Na ‘n verfrissende stort, begin ons toer. Reis na Betlehem waar Jesus gebore is. Op pad terug, ry ons by die Herdersvelde verby.

Geniet ‘n heerlike aandete aan die voet van die Olyfberg en slaap waar Jesus dikwels geslaap het.

 

Dag 3. Dinsdag 24.

Godsdien 0700. Na ontbyt,0730  stap ons na die kruin van die Olyfberg. Die uitsig oor die stad is aangrypend.

Stap af, en vertoef vir ‘n oomblik by Dominus Flevit waar Jesus oor die stad geween het. Hierna besoek ons “Die Kerk van alle Nasies” in die tuin van Getsemane. Aangrypend peinsend.

Die tradisionele graf van Maria is volgende op die program en daarna besoek ons die grot waar Jesus volgens oorlewering dikwels met Sy dissipels kom slaap het.

Stap deur die Kidron na die Stefanuspoort en besoek Betesda. Lees gerus weer die verhaal van hoe Jesus ‘n man wat 38 jaar lank siek was, genees het.

Op die via Delarosa besoek ons die kapel van Lithos Stratos. Hier het Jesus Sy doodsvonnis van Pilatus ontvang.

Ons verlaat die ou stad deur die beroemde Damaskuspoort en besoek Gordon’s Calvary. Hierdie is een van die hoogtepunte in die toer.

Vir die wat aan die nagmaal wil deelneem, julle is baie welkom.

Stap terug na die Hotel na ‘n onvergeetlike dag.

Na aandete deel ons die hoogtepunte van die dag en sluit met gebed.

 

 

 

Dag 4. Woensdag 25.

 Besoek Masada, swem by Engedi in die dooie see, hou stil by Kirbet Qumran waar die beroemde dooie

see rolle ontdek is. Jerigo bly ‘n hoogtepunt. Ons besoek die wilde vyaboom van Saggeus, die fontein van Elisa en die ruïnes van die ou stad.

Dag 5. Donderdag 26. 

Na godsdiens en ontbyt reis ons Reis na Tiberias. Seil per boot op die See van Galilea  na Kapernaum. Daarna besoek ons die berg van Saligsprekinge, Tabga waar die brood en vis vermeerder is en Magdala.

Reis na die berg van verheerliking, Tabor, Nain waar Jesus ‘n jong seun opgewek het, Nasaret en Kana en slaap in Tiberias.

Dag 6. Vrydag 27

Na oggendgodsdiens en ontbyt reis ons na die grenspos tussen Israel en Jordanië. Taleb neem ons dan na die berg Nebo waar Moses gesterf het. Die uitsig oor Israel en dit wat Moses voor sy dood gesien het, is aangrypend.

Slaap in Madeba. Lees gerus wat die Bybel oor hierdie antieke stad skryf.

Dag 7. Sabbat 28

Na oggendgodsdiens en ontbyt reis ons oor die Bybelse Hesbon na Amman, Jordanië se hoofstad. Vroeër is die plek Ammon Ramon genoem.

Dis ‘n ondervinding om ‘n erediens in ‘n Sewendedag-Adventiste kerk in hierdie Moslem land te besoek.

Middagete is by die sitadel. Hierna besoek ons die museum met die dooie see rolle en ander Bybelverwante ontdekkings.

Daarna reis ons na Mukawir waar Johannes die Doper onthoof is. Die uitsig oor die Dooie See is net so onvergeetlik as die verhaal van die voorloper van Jesus.

Verder af stop ons by Diban waar die Moabitiese steen ontdek is.

Net voor ons by die antieke grens tussen Ammon en Moab kom, besoek ons Aroër waar die Rigter Jefta ‘n verkeerde eed afgelê het.

Stop vir ‘n oomblik by Kerak, Bybelse Kir Geres. Reis verder na die ruïnes van Sodom, Bab  ed Dhra. Indien tyd dit toelaat stop ons by Lot se grot en dink oor die hartseer verhaal van hierdie man.

Iewers in hierdie aangrypende woestyn, gaan ons stil raak terwyl die son sak en die einde van die Sabbat aankondig. Slaap in die Al Anbat hotel in Petra.

 

Dag 8. Sondag 29

Vroeg oggend godsdiens en ontbyt en dan besoek ons een van die wêrteld se 7 natuurwonders. Die stap deur die Siz, die nou klofie na die stad van Petra, is ‘n ondervinding wat jy nooit verlaat nie.

Reis terug na Madeba en  swem eers in die dooie see. Daarna ‘n besoek aan die plek waar Jesus deur Johannes gedoop is. Wadi Al Kharar.

Dag  9 Maandag 30

Na ontbyt en godsdiens reis ons Tel Deir Alla waar Jabok kom rus het nadat hy van die Jabbokrivier gekom het.

Reis na Tisbe waar Elia gebore is. Daarna een van die dekapolisstede, Jerasj. Hou by die Jabbokrivier stil en peins oor Jakob se worstelling met die engel.

Vertrek 2030 na Egipte en slaap oor.

Dag 10. Dinsdag 31

Na ontbyt en godsdiens reis ons na Memfis. Hier kyk ons hoe ‘n Bybelse profesie vervul is. Naby is Saqqara, die trap piramiede is die oudste gebou têr wêreld. Hier is ‘n Israelitiese naam vir die eerste keer ontdek.

Die volgende piramiede is die van Senofru, die rooi een. Ons kyk ook na die gebuigde een en luister na die verhaal.

Oorkant die pad stap ons na die piramiede van Sesostris III. Dis hier waar Sara in sy harem beland het.

Dan reis ons na Gisa se sfinks en drie reuse piramiedes. ‘n Besoek aan die museum is ook ‘n hoogtepunt. Hier sien ons wat Moses meer as drieduisend jaar gesien het.

Net voor sononder reis ons op die Nyl met ‘n faluka en ervaar sy atmosfeer.

Die laaste besoek is aan die Khan el Khalili bazaar waar jy miskien ietsie vir iemand of jouself wil koop

Dag 11. Woensdag 1 September

Reis terug na SA.

KOSTES

Ons wag nog op kostes van die drie lande. Die program is nie in sement gegiet nie. Omdat ons ‘n klein groepie is, kan ons baie maklik veranderings aanbring.

Bid die Here om hierdie ‘n baie groot geestelike hoogtepunt te maak. Jou Bybel gaan baie anders lees – meer dinamies na dese.

My epos is francoisduplessis@telkomsa.net

Terwyl ek in Amerika is, kan jy gerus vir Jan Liebenberg skakel 0823358999. Vertel hom wat jy baie graag op die toer wil sien en wat ons kan doe nom dit ‘n geestelike hoogtepunt te maak.

Jy kan ook vir Jenny by Harvey World Travel skakel 012 5480064

 

 

Home
Sitemap
DVD- Bestel/Order
Boekwinkel
Bybelskool
Gemeentes Churches
Links - Skakels
Fotos - Photos
Die logo


DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Nuwe Besigheidsure
New Business hours
Ma-Do/Mo-Th : 9h00-17h00 Vr/Fri : 9h00-12h00 So/Sun : 10h00-12h00
 

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Sunday, June 20, 2010 08:39:38
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria