|
Wees Lief vir God en Maak
Soos u Lus Het
’n
Vars kykie na die ou reëls
Deur Morris L Venden
(Vertaal uit die boek Love God and do as You Please)
Inleiding
Miskien beskou u die titel van hierdie boek
as skokkend. Ongetwyfeld sal die wat onvolwasse is dit
misverstaan. Sommiges sal dit wil misbruik as toestemming
tot losbandigheid en losse sedes. Sommiges gaan hierin rede
vind om die skrywer te kritiseer. Maar wanneer hierdie boek
gelees word, sal hulle die regte boodskap kry.
Volwasse Christene kan maak nes hulle lus
het, want wat hulle ’n behae in skep, behaag ook vir God..
Luister na die goeie nuus in woorde beter as wat ek dit kan
stel:
En as ons instem, sal Hy Hom so met ons
gedagtes en strewe vereenselwig, ons hart en gees so met Sy
wil saamsmelt, dat ons, as ons gehoorsaam, maar net ons eie
impulse sal uitvoer. (Koning van die Eeue, bl. 564)
As ons in Christus bly, en die liefde van
God in ons woon, sal ons gevoelens, ons gedagtes, ons dade,
in ooreenstemming met Sy wil wees, soos uitgedruk in Sy
heilige wet (Skrede na Christus, bl. 63)
Wanneer ons na Christus kyk kry ons ’n
helderder en duideliker beeld van God; en deur aanskoue word
ons verander. Goedheid, liefde vir ons medemens, word ’n
natuurlike instink. (Christ’s Object Lessons, bl. 355)
Wanneer ons onself aan Christus oorgee, die
hart verenig met Sy hart, die wil in verenige met Sy wil,
word die verstand een met Sy verstand, die denke gevange in
Hom; ons lewe Sy lewe. Dis wat dit beteken om geklee te wees
in Sy kleed van geregtigheid. (Christ’s Object Lessons, bl.
312)
Hoef ons meer te sê?
Hoofstuk een
Ware en valse gehoorsaamheid
Onthou u die “Mud Puddle Kid”?
in hierdie storie, afkomstig uit Ken McFarland se “Gospel
Showdown”, is God die moeder en ek en u is die
Modderpoel Kinders.
Halfpad deur sy nagtelike vertelling van die
wêreld se probleme verdwyn die minsame nuusleser skielik,
net om tydelik vervang te word deur die advertensie waarin
die Modderpoel Kind die hoofrol speel.
Daar, voor in die kas, uitgestrek oor
verskeie sitkamer meubelstukke, was die Drie Aanskouers.
“Die arme kind se ma het regtig ’n
probleem,” sê Nommer Een terwyl hy aanskou hoe een van die
kinders daar op die skerm deur groot modderpoele ploeter.
“Miskien het sy hom gereed gehad om ’n partytjie by te woon,
kyk net hoe lyk hy nou met al daardie modder aan sy klere.”
“Maar daar is Goeie Nuus!” sê Nommer Twee
opgewonde. “Kyk daar,” sê hy terwyl hy na die skerm wys, “jy
gaan sien hoe sy ma al daardie modder besmeerde klere gaan
neem en hulle in Modderweg seeppoeier gaan was. Dit gaan
alles regstel!”
“As jy al voorheen hierdie advertensie
gesien het sal jy agterkom dat alles nie reggestel is nie,“
verdedig Nommer Een. “Kyk net, jy sal sien.”
Nes voorspel, storm die Kind, geklee in pas
gewasde klere, na die naaste modderpoel. Terwyl hy in die
modder baljaar sug sy ma en kyk dankbaar na die houer met
die Modderweg waspoeier.
“Wat het ek jou gesê,” beaam Nommer Een.
“Wat help dit dat sy die Kind skoonmaak en hy pyl reguit
terug na die modder? Laat ek jou sê wat die ware Goeie Nuus
is. Dit sal wees indien, Ma nie net die klere skoonkry nie,
maar ook die Kind se begeerte om in die modder te gaan speel
kan wegneem—miskien selfs maak dat hy die modder haat.”
Nommer Drie, wat diep gedink het, maar tot
dusver nie deelgeneem het aan die gesprek nie, deel sy
wysheid. “Ek reken julle het altwee ’n punt, maar al het Ma
hom skoongekry en sy modderbegeerte weggeneem is die
probleem nog nie heeltemal opgelos nie, totdat iemand die
modderpoele ook verwyder het. Vir my sou dit die Goeie Nuus
wees.”
Wel, dit spyt my, maar die Drie Waarnemers
het so ontsteld geraak met mekaar oor wat die Goeie Nuus is,
of die Evangelie werklik behels, dat hulle besluit het op ’n
uitdungeveg. Hulle is straat toe en het mekaar met modder
geslinger.
Toe ek hulle laas gesien het, het die Drie
Aanskouers tot nog toe nie besef dat hulle elk net ’n
gedeelte van die Goeie Nuus waargeneem het en dat dit al
drie die sienings kos om regtig die Kind se probleem op te
los.
Soos Walter Cronkite altyd gesê het; “Dit is
hoe dit is”1
Ek is bly dat God voorsiening gemaak het om
ons deur Sy genade te reinig en ons sonde te vergewe. Dis
die eerste gedeelte van die oplossing tot ons probleem.
Wat die tweede gedeelte betref, is ons bly
dat God voorsiening gemaak het om ons uit die modderpoele te
hou? Of sou ek dit in die modder verkies? Hier kom die
beslissende vraag: Wil ons uit die modder bly net om Ma
gelukkig te maak? Of bly ons uit die modder omdat ons uit
die modder wil bly, omdat ons niks van modder hou
nie? Kan ons selfs sê dat ons die modder haat?
Natuurlik sien ons almal uit na die derde
deel - die dag dat daar glad nie meer modderpoele sal wees
nie, nie in Irak of Bangladesh of Sjina of die Verenigde
State. Wanneer Jesus terugkeer gaan al die modderpoele
opdroog.
Kom ons kyk weer na die tweede gedeelte—om
uit die modderpoele te bly. Jy kan nie betrokke raak by die
reuse onderwerp van geregtigheid deur geloof sonder om die
tema van gehoorsaamheid aan te raak nie. In die verlede, was
baie mense egter van mening dat geloof, soort van, teen
gehoorsaamheid was, dat indien jy geloofsvriendelik is, jy
gehoorsaamheidsonvriendelik moet wees. En indien jy
gehoorsaamheidsvriendelik is ten alle koste nie
geloofsvriendelik kan wees nie. Sommige ruk onder die
banier van geloof op om van gehoorsaamheid te ontkom.. “ Ag,
dit maak nie meer saak nie,” sê hulle. “Al wat jy nodig het
is geloof.” Vergete is die woorde uit die Skrif wat ons
meedeel dat jy nooit geloof en gehoorsaamheid kan skei nie.
Hulle gaan altyd, altyd, saam. Gehoorsaamheid is die vrug
van geloof. Jy kan nie appels skei van ’n gesonde appelboom
nie. Jy kan nie die een hê sonder die ander nie, as jy die
een gaan hê, dan sal die ander ook teenwoordig wees.
Volgens Skrif is dit duidelik dat
gehoorsaamheid belangrik is. Laat ons leer van die wyse man,
Salomo,wat op die ou end nie so wys was nie. Hy moes uit sy
eie foute leer. Na ’n hele leeftyd plus die ondervinding van
700 vrouens en 300 bywywe, moes hy uitvind dat “alles
tevergeefs” is (Pred 12:8). Toe sê hy “Die hoofsaak van
alles is...” Hier praat ’n man, wat oud genoeg is om te
sterf voordat hy weet hoe om te lewe, wat sê, Kom nou, kom
ons kyk na die feite. Hierdie is die slotsom van die hele
saak: “Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir
alle mense.” (vers 13 klemlegging is voorsien).
Hier kry ons die groot leidraad tot Salomo
se probleem. Enigeen wat reken dat dit sy plig [die
KJV praat in vers 13 van “duty”] is om God se gebooie te
hou, is op die verkeerde pad. Dalk was hy nie wys genoeg,
selfs op so ’n gevorderde leeftyd, om te besef dat daar meer
betrokke is by gehoorsaamheid as plig. As plig die enigste
rede is waarom ek gehoorsaam, dan is my godsdiens nutteloos.
Daar is diegene wat voorgee om God te dien,
tewyl hulle op hul eie krag vertrou om Sy wet te gehoorsaam,
’n regte karakter te vorm en die saligheid te verwerf. Hulle
harte is nie getref deur die liefde van Christus nie, maar
hulle trag om die pligte van ons Christelike lewe na
te kom as iets wat God van hulle verwag om die hemel te
verdien. Sulke godsdiens beteken niks. (Skrede na Christus
bl 46, 47)
“Maar,“ sê iemand, “sal sodanige godsdiens
my nie uiteindelik na Christus lei nie?” Nee, “so ’n
godsdiens beteken niks.” Tog is dit hoe baie van ons
grootgeword het. Trouens ons dra dit oor uit ons opvoeding
na die kerk toe. Ons word deur die gesinsdeskundiges—en uit
die geïnspireerde pen—geleer dat ons ons jong mense, ons
seuns en dogters moet oplei in goeie gewoontes en in die
regte soort van gehoorsaamheid. Leer hulle om te gehoorsaam.
Leer hulle om uit plig te gehoorsaam. Leer hulle om te
gehoorsaam omdat Ma en Pa so sê, want dis die regte ding om
te doen. En dan kwoteer ons sulke setate soos, ”Die wêreld
se grootste behoefte...manne wie se gewete so getrou is soos
die kompas aan die pool.” (Opvoeding bl 57)
Soos wat ons die benadering beklemtoon het,
het ons ’n subkultuur daar gestel waar mense gehoorsaamheid
sien as ’n plig. Ek sal dit onomwonde wil stel dat
gehoorsaamheid wat uit plig verrig is, altyd valse
gehoorsaamheid is.
Kom ons kyk weer na ware en valse
gehoorsaamheid. Hier is ’n merkwaardige en byna
revolutionêre kwotasie:
Alle ware opregtheidheid kom uit die
hart. Christus se werke het uit sy hart gekom. En as ons
instem, sal Hy Hom so met ons gedagtes en strewe
vereenselwig, ons hart en gees so met Sy wil saamsmelt, dat
ons, as ons Hom gehoorsaam, maar net ons eie impulse sal
uitvoer. Die wil, gelouter en geheilig, sal sy hoogste behae
in Sy diens vind. As ons God ken soos dit ons voorreg is om
Hom te ken, sal ons lewe een van voortdurende gehoorsaamheid
wees. Deur ’n begrip van die karakter van Christus, deur
gemeenskap met God, sal die sonde vir ons verwerplik word.
(Koning van die Eeue, bl 564)
Die skrif haal Jesus, ons voorbeeld, aan,
“Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is
binne-in my ingewande” (Psalm 40:8) en “Hy was lief vir
geregtigheid en het ‘modderpoele’ gehaat.” Net so ontstaan
alle opregte,ware gehoorsaamheid – die soort wat Jesus gehad
het – op natuurlike wyse van binne, uit die hart, die
gedagtes, die doelstellings, die motiewe deur genade
gereinig. Enige gehoorsaamheid wat nie van daardie bron
afkomstig is, is vals. Dit kom daarop neer dat baie van ons
slagoffers is van, en dus baie ondervinding, van valse
gehoorsaamheid het.
Hier is ’n voorbeeld van valse
gehoorsaamheid wat mooi gemaak is deur die gebruik van Jesus
se naam: “Jy kan uit die modder uitbly, omdat jy Jesus
liefhet.” “Aag, nou goed dan, ek het Jesus lief en sal dus
uit die modder bly.” (Dis die ekwivalent van uit die modder
bly ten einde Ma tevrede te stel.)
Nog ’n voorbeeld, minder subtiel, maar net
so verkeerd—as ons nie gehoorsaam, kruisig ons Jesus opnuut.
“Kyk nou na die spykers wat jy deur Jesus se
hande en voete slaan.” Hulle sê, “Elke keer wat jy na die
modder afpyl, dryf jy nog ’n spyker in. Jy maak vir Jesus
seer.”
Mense het al vir my gesê, “Ek kan regtig nie
hierdie soort skuldbenadering hanteer nie.” En dan moet ek
saamstem. Ten eerste, kan jy Jesus sien as Een wat gaan
toelaat dat Sy gevoelens seergemaak word met elke
oortreding? En watter soort skuldgevoel plaas hierdie
benadering op mense, “Jy’t so pas weer ’n spyker ingeslaan”?
Hierdie sienswyse, wat in baie kringe so
algemeen voorkom, naamlik om uit die modder uit te bly ten
einde Hom te behaag of om Hom te seer te maak of net nie
nog ’n spyker in te slaan nie, kan net lei na mismoedigheid
en terugval. Een of ander tyd gaan die mense hierdie siening
wil afskryf. Ons moet die mense iets beter aanbied as
hierdie gehoorsaamheid uit plig, hierdie vals
gehoorsaamheid, hierdie skuldbelaaide gehoorsaamheid. Indien
ons dit nie doen nie, gaan ons by diegene aansluit wat
reken, “Wat wou, kom ons vergeet van hierdie gehoorsaamheid
besigheid en ons bly uitsluitlik by geloof. Geloof is immers
al wat saakmaak. Vergeet van gehoorsaamheid. Moenie eers
daaroor praat nie.”
Ek is dankbaar dat die Bybel iets beter
aanbied.
Dit bring ons by die vraag, Is dit in die
eerste plek vir ons moontlik om te gehoorsaam? Een
gedagtegang sê: “Pasop! Jou ideal is te vergesog, jy neig na
perfektionisme. Moenie eers praat van uit die modder bly
nie. Ons kan nie. Ons is maar net swakkelinge, ons sal in
die modder bly ploeter totdat Jesus kom. Dis waarom ons so
dankbaar is vir die Modderweg seeppoeier (geregtigheid). Kom
ons verlaat ons op Modderweg.”
Dit is so dat ons gedeeltes in die Skrif
gaan kry wat blyk hierdie siening te ondersteun.
Romeine, geskryf deur ’n deskundige op die gebied, sê in
hoofstuk 7 vanaf vers 18 tot 23:
Want ek weet dat in my, dit wil sê in my
vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my
aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die
goeie wat ek wil, doen ek nie, dan doen ek dit nie meer nie,
maar die kwaad wat ek nie wil, dit doen ek. Maar as ek doen
wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die
sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die
goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek
verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar
ek sien ’n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet
van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde
wat in my lede is.
Die wil is in my teenwoordig, maar om dit
wat goed is ten uitvoer te bring, kan ek nie.
Let wel, hierdie is die woorde van die man
wat in Filipense 3 beweer dat hy sondeloos gestaan het voor
Christus. Hy kon gehoorsaam. Maar wanneer dit gekom het by
dit wat dieper is, die toestand van die hart en die motiewe,
het die apostel Paulus besef hy is maar net drek. Beteken
dit dat gehoorsaamheid nie moontlik is nie?
In Christus se tyd het die mense ’n stelsel
daar gestel van suiwer uiterlik gehoorsaamheid gebaseer op
hul geskiedenis. U sien, Moses en sy opvolgers kon voor die
mense staan en sê, “Gehoorsaam en lewe of wees ongehoorsaam
en sterwe. Julle gehoorsaamheid sal geseën word, sonie sal
julle vervloek word.” Dan het hulle ervarings hierdie
vermanings gestaaf. Trouens dwarsdeur die Ou Testament is
voldoende bewyse dat gehoorsaamheid seëning meegebring en
ongehoorsaamheid het gepaard gegaan met vervloeking. Bring
God vervloeking? Dit wil so voorkom. Kyk gerus.
Kom ons kyk na die slegte nuus betreffende
ongehoorsaamheid. “Maar as hulle nie luister nie, dan kom
hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder
kennis” (Job 36:12). Dis nou volgens een van Job se vriende.
Hoe seker is ons oor hom?
Wag so ‘n bietjie! Jeremia sê, “Maar as
hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie uitruk en
tot niet maak, so spreek die Here.” (Jer
12:17). Wie gaan die dreigement uitvoer? Gaan
God hulle aan die duiwel oorhandig om
vervloek te word? Nee, “ Ek [sal] die nasie uitruk
en tot niet maak.” Wat van 2 Thessalonisense
1:7 en 8? “. . ..die
openbaring van die Here
Jesus uit
die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy
wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan
die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. ”
Die straf word nie aan Satan oorgelaat nie.
God en Satan is nie vennote nie. Die Bybel is duidelik
daaromtrent dat seëning volg op gehoorsaamheid en ’n gebrek
aan seëninge volg op ongehoorsaamheid.
Het die kerk in Christus se tyd hierdie
beginsel verstaan? Kom ons kyk: “en wat ons ookal bid,
ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat
welgevallig is voor Hom.” (1 Joh 3:22) Hoe kan u die die
boodskap dat seëning wat met gehoorsaamheid gaan gepaard
uit die oog verloor?. Die antwoord op spesiale
gebedsversoeke volg op gehoorsaamheid. Ons ontvang hulle
want ons hou Sy gebooie en doen Sy werke. Maar dit klink na
verlossing deur werke, sal iemand kla. Nee, hier is geen
sprake van verlossing nie, ons praat van seëninge. En daar
is ’n reuse verskil tussen om te gehoorsaam ten einde verlos
te word en om te gehoorsaam om seëninge te ontvang.
’n Blinde man (lees Johannes 9) word
gedagvaar om voor die Joodse leiers te verskyn. Hulle wou by
hom hoor waar hy vandaan kom en wie hom genees het, want die
godsdienstige leiers het rede gesoek om Jesus te vervolg.
Die blinde se familie het hom uit vrees verlaat. Dus bevind
hierdie man hom alleen voor die leiers en hy leer hulle! Hy
sê in vers 31, “En ons weet dat God nie sondaars verhoor
nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié
verhoor Hy.” Waarop baseer hy hiedie gevolgtrekking? Op die
duidelike Ou Testamentiese leer: seëninge volg op
gehoorsaamheid en gebrek aan seëninge is die gevolg van
ongehoorsaamheid. Hierdie beginsel steek gedurig sy kop uit
in die Skrif. Regverdigmaking deur werke? Nee. Hier word nie
van verlossing gepraat nie.
Gevolglik, toe die volk die waarskuwings
hoor omtrent ongehoorsaamheid en die beroep op
gehoorsaamheid, het hulle gereken, “Laat ons gehoorsaam
sodat ons kan baat.” Dus kry ons ’n hele nasie wat gedurig
probeer gehoorsaam ten einde die seëninge te kry. Dit was
die motief. Maar al wat hulle daardeur kon regkry was
uiterlike gehoorsaamheid.
Uiterlike gehoorsaamheid het nog nooit vir
God gebluf nie. Diegene met ’n sterk wil kan gehoorsaamheid
uiterlik goed namaak. Dit is moontlik om kerke te stig op
hierdie basis as ons primêre fokus, die basis van die
Christelike lewe, ons optrede is. Maar Jesus het gewaarsku
dat indien jou geregtigheid nie die skrifgeleerdes Fariseërs
s’n oorskry nie, as dit nie ware, innerlike gehoorsaamheid
is nie, u die koninkryk van die hemel sal nie betree nie.
Toe ek nog ’n kind was, het my pa en ek
Kersfeestyd in ’n sekere winkel geloop toe my oog ’n
brandweerwa opmerk. Dit was ’n groot wa met ’n sirene en ’n
lig. Dit kon selfs alleen beweeg. Ek wou so graag daardie
brandweerwa hê! Ek onthou toe skielik ’n paar Kersliedere:
“Jy beter pasop, jy beter nie huil nie, jy beter nie
suurgesig trek nie,” en “Net voor Kersfees gaan ek soet
wees.” Ek neem my toe voor om ’n goeie seun te wees ten
einde die brandweerwa te verdien. Was dit ’n goeie idee? Ek
was soet, baie soet, maar ek het nie die brandweerwa gekry
nie. Raai wat maak ek toe? Ek wou nie langer soet wees nie,
inteendeel, aangesien ek nie die wa gekry het nie, was ek so
stout as wat ek kon wees. Het ek die regte ding gedoen of
het ek net normaal opgetree?
Dieselfde tipe redenasie was aanwesig in
Christus se tyd. Die volk wou seëninge hê, maar sonder die
Here. Ek verwag antwoorde op my gebede wanneer teëspoed my
tref, maar ek het geen belang in die Here van die gebed nie.
Die vraag ontstaan: Is dit werklik moontlik
om meer as uiterlike gehoorsaamheid te lewer? Dit bring ons
na Rom 8:3, 4 wat ’n duidelike antwoord bied:
Want God het wat vir die wet onmoontlik was,
omdat dit kragteloos was deur die vlees [Dit is onmoontlik
vir my of u of die apostel Paulus om die wet deur ons eie
krag te onderhou. Ons is vleeslik swak],deur sy eie Seun in
die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter
wille van die sonde, die sonde veroordeel die vlees, sodat
die reg van die wet vervul kan word in ons wat nie in die
vlees wandel nie, maar na die Gees.
Sommige sal verkies dat dit so moet lees:
“Dat die geregtigheid van die wet vir ons vervul word
in Jesus se lewe. Hy word dan ons plaasvervanger vir
gehoorsaamheid, aangesien ons nie kan gehoorsaam nie. Al wat
ek kan vermag is om te val, te misluk en te sondig. Dus word
Hy ook in daardie afdeling my plaasvervanger.” Nee, dis nie
wat die Skrif sê nie. “sodat die reg van die wet vervul kan
word in ons wat nie in die vlees wandel nie, maar na
die Gees.” Met ander woorde, ons wat nie in eie krag probeer
gehoorsaam nie, maar wel met die hulp van die Heilige Gees,
net soos Jesus. Ons wat probeer om van binne na buite te
werk instede van eenvoudige uiterlike plig en dwang met die
doel om ’n seën te ontvang.. Dit is die beginsel van ware
gehoorsaamheid— die enigste een.
Kan ek u daaraan herinner dat ons al baie
tyd en moeite daaraan verspul het om te probeer gehoorsaam
wees. En al wat ons daardeur vermag het is valse
gehoorsaamheid. So, moet ons daarvan vergeet? Nee, want in
die wêreld het valse gehoorsaamheid waarde. As ek lus het om
jou te skiet en ek doen dit nie, hou dit vir beide van ons
baie voordele in. As ek lus het om iets te steel en deur op
my tande te byt en my rug styf te hou, ek dit nie doen nie,
hou dit ’n paar wesenlike voordele in.
Moraliteit, wat die wêreldse term vir
uiterlike gehoorsaamheid is, is waardevol. Dit tel in die
wêreld. Dit hou jou uit die tronk. Dit verhoed dat jy
verkeerskaartjies kry. Dit hou jou reputasie onbevlek.
Niemand is teen moraliteit nie. Kom ons versamel soveel
moraliteit as wat ons kan. Feit is moraliteit was en sal
nooit gehoorsaamheid wees nie. Uiterlike plig, uiterlike
prestasie, is nie egte gehoorsaamheid nie. Ons het dit baie
gedoen. Ek het dit al baie gedoen. Sterk mense kan uiterlik
gehoorsaam, swak mense nie. En dis hoekom valse
gehoorsaamheid so bedrieglik is. As ons optrede beklemtoon,
dan vul ons die kerk met sterk mense en ons laat die swakkes
uit.
Toe kom Jesus en Hy toon aan ons ’n totaal
ander vorm van gehoorsaamheid—’n tipe wat van buite Homself
kom, eerder as een wat stam uit selfgegenereerde krag. Dis
wat so mooi was van Sy lewe. Hy’t kom lewe soos ons
veronderstel is om te lewe, nie soos God nie, maar soos ’n
mens. Hy kon op Homself staatgemaak het vir ander vorme van
krag, maar Hy het nie. Al die krag wat deur Sy lewe
demonstreer is, in Sy magtige werke, in Sy wonderwerke, was
van bo, nie uit Homself nie. Hierdie einste krag is ook tot
ons beskikking, maar slegs as ons die lied sing wat niemand
bedoel nie.
Leraar Richards het graag gesê, “Kom ons
sing die lied wat niemand bedoel nie. ‘Doen net U wil Heer,
U wil met my! U pottebakker, ek is U klei.’” Dit is
vreesaanjaend. Ons hou nie daarvan om aan die Here oor te
gee nie. Dit mag ons lewensstyl aantas. Dit mag ons pret
bederf. Dit mag ons werlklik gehoorsaam maak en dit kan
vervelig wees.
Maar dis presies waarna die apostel Paulus
verwys. Aangesien die wet ons nie gehoorsaam kan maak nie,
want die wet het geen krag nie (deur die vlees is dit swak),
het God Sy Seun gestuur om ons te toon dat gehoorsaam van bo
kom. Dit is die regte tipe gehoorsaamheid, uit die hart, uit
liefde. Dus word ons vertel dat ons daardie soort van lewe
wat Jesus geleef kan lei. Regtig? Ja!
Op ’n keer het iemand my gevra, “Kan
enigiemand leef sonder om te sondig?” Ek het geantwoord dat
ek die vraag wil wysig, want daar is Een wat hier kom leef
het sonder om te sondig. Dus vra ek die vraag, Kan Jesus Sy
lewe in my leef? Dis die eintlike vraag. Buite Jesus, kan
enigiemand leef sonder om te sondig? Nee. Buite Jesus is dit
wat ons produseer vals. Maar is dit moontlik dat Jesus Sy
lewe in my lewe?
Vir die antwoord hierop, kom ons wend ons
tot een van die mooiste aanhalings in die Skrif wat juis
hierdie punt aanraak, naamlik Hebreërs 13:20, 21.
Mag die God van vrede, wat die groot Herder
van die skape, naamlik ons Here Jesus Christus, deur die
bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in
julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus
Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle
ewigheid! Amen (beklemtoning voorsien).
Die metode, die doel en die uitvoerbaarheid
word alles hier gemeld. Om jou perfek te maak. Hoe perfek?
In elke goeie werk. Wat beteken dit? Om Sy wil te doen
deur Sy werking in jou.
In 1 Thessalonisense 5:23, 24 staan, “En mag
Hy, die God van vrede, julle volkome heilig maak, en mag
julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik
bewaar word by die wederkoms van ons Here Jesus Christus! Hy
wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen”
(beklemtoning voorsien). Hy sal dit doen. En in
Filipense 2:13 staan, “want dis God wat in julle werk om te
wil sowel as te werk na sy welbehae.” En in Galasiërs staan,
“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar
Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef
ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het
en Homself vir my oorgegee het.”
Die Bybel praat nie van val en misluk en die
voortbring van valse gehoorsaamheid totdat Jesus kom nie.
Hierdie Bybel praat van meer as oorwinnaars wees deur Hom.
Glo u dit? Doen dan weg met die idee dat gehoorsaamheid te
moeilik, te swaar is. Weg met die idee dat gehoorsaamheid ’n
onmoontlikheid is, wandel onder die vaandel van geloof. Die
Bybel leer nie dat ons net val en misluk totdat Hy terugkom
nie. Nee, die Bybel praat nie so nie. Dit beloof net
seëninge in antwoord op gehoorsaamheid. Dit beloof ’n tekort
aan seëninge as gevolg van ongehoorsaamheid. Dit sê ons
kan nie gehoorsaam nie, maar Hy kan, en Hy kan Sy
lewe in ons lewe.
Ek is terdeë daarvan bewus hoe stil mense
raak wanneer ons praat van gehoorsaamheid. Ek sien dit oor
en oor in verskillende dele van die land. Iemand sal opstaan
en praat oor geloof en genade en die kruis en Jesus – hoe Hy
vir ons sondes gesterf het en ons reinig van ons sonde—en
almal sê, “Haleluja, prys die Heer.” Iemand praat oor
gehoorsaamheid en oorwinning en krag, en almal bly
tjoepstil—ek ook. Want ek onthou hoe ek net gister
drooggemaak het. En ek glo ek sal môre weer val en weer
misluk. Dis hoekom ek stilbly. So, hoe gemaak? Eenvoudig, as
volg: as ons met Jesus in kontak bly, sal Hy die werk wat Hy
begin het, volbring tot en met Sy wederkoms.
Valse gehoorsaamheid is soos die sp sp sp
sp van die diesel enjin van ‘n sleepboot in die hawe. Jy
moet naby ’n hawe gebly het om die volgende gelykenis te
waardeer. Ek was op ’n tyd naby ’n hawe en ek het gehoor hoe
die sleepbote in die oggende aangeskakel word. Hulle val weg
met ’n boem boem, sp sp, sp, boem, sp, sp sp, boem, boem,
sp sp sp boem, boem. Stadig maar seker kry jy die indruk
dat iets aan die gebeur is. Die boem boems kan
vergelyk word met ware gehoorsaamheid terwyl die sp sp sp
die vals gehoorsaamheid voorstel. Die hele idee is dat die
sleepboot daar in die hawe se enjin moet opwarm tot dit
aanhoudend egalig boem boem boem boem boem.
Ek, u en elke ander persoon wat poog om
gehoorsaam te wees, worstel met hierdie probleem baie soos
wat die koue enjin van die sleepboot probeer loop. Daar is
agt silinders beskikbaar, maar aanvanklik werk net die een..
Bietjie vir bietjie, soos wat ons in Christus groei verstaan
ons gaandeweg wat ware gehoorsaamheid beteken.
My versoek is dat ons tog net sal ophou om
die valse gehoorsaamheid die egte te noem. Kom ons hou op
om vir ons seuns en dogters te sê valse gehoorsaamheid is
die ware Jakob. Laat ons hulle daaraan herinner dat daar
iets beter is. Laat ons hulle soveel moontlik gewoontes van
gehoorsaamheid en om reg te lewe leer, ten einde hulle lank
genoeg uit die tronk te hou, sodat hulle eendag op al agt
silinders sal loop. Maar laat ons hulle nie onder die indruk
bring dat dit wat vals is, is die egte nie, want een of
ander tyd gaan hulle besef hulle is mislei. Duisende mense,
jonk en oud is al ontnugter.
Iemand het my hierdie gelykenis gegee waarin
Hawaii gehoorsaamheid en volmaakgheid voorstel: Die dorp met
die naam Remnant, in Kalifornië, is amptelik in 1863 gestig,
maar die eerste settelaars het reeds so vroeg as 1844 daar
ingetrek. Hierdie inwoners was anders as die res van die
wêreld, maar hulle het aan een besonderse leerstelling
vasgehou. Hulle hett geglo dat dat almal wat in Remnant woon
na Hawaii moet trek. (Let op dat Hawaii gehoorsaamheid
verteenwoordig.) Hulle was daarvan oortuig dat hoe gouer
hulle in Hawaii kon kom, hoe gouer hulle in die hemel sal
kom. Daar was egter een frustreerende struikelblok waarvan
julle nie kon wegkom nie.. Hulle het nie in Hawaii gebly nie
en Hawaii was darem vreeslik ver, byna so ver as wat die
hemel was. Daar was enkeles wat aanspraak daarop gemaak het
dat hulle al in Hawaii was, maar niemand wou hulle glo nie.
Trouens daar was ’n gesegde in Remnant was sê: As jy sê dat
jy in Hawaii was, is dit genoegsame bewys dat jy nooit daar
was nie.
Die meeste mense in Remnant het geglo dat as
jy jou lewe lank hard werk, jy dalk net voor jy doodgaan,
ten minste een dag in Hawaii sal bly. ’n Klompie sou dit
vermag. Alhoewel die bevolking van Remnant etlike miljoene
was, het die meeste aanvaar dat as
eenhonderd-vier-en-veertigduisend dit kon maak, al was dit
net vir ’n kort rukkie, is dit die beste wat hulle kon
verwag.
Vir baie jare was daar een aanvaarbare
metode om Hawaii te bereik. Jy’t strand toe gegaan, in die
water geklim en begin swem. Soos u u kan voorstel was
swemlesse baie populêr in Remnant. Daar is van kinders
verwag om te kan swem nog voor hulle kon loop. Daar was
swemskole en swemseminare en vyf-dag swemklinieke is gereeld
gehou. Van elke burger in goeie stand is verwag dat hy moet
leer swem. Nuwe inwoners is gemaan dat dit ’n geruime tyd
kon neem voordat hulle sterk genoeg kan swem om Hawaii te
bereik, maar dat van hulle verwag word om so gou doenlik te
begin leer. Almal is aangemoedig om te glo dat as hulle hul
deel doen en elke dag hard probeer, hulle uiteindelik Hawaii
sou haal.
Daar was diegene wat vanweë al die probeer
en misluk eerder die dorp verlaat het. Ander het in hulle
pogings omgekom. Maar, alles ten spyte, het die mense bly
probeer tot op ’n dag toe die onvermydelike gebeur het.
Een swemmer moes vir die soveelste keer
omdraai en terugkeer vasteland toe. Skielik kry hy ’n
gedagte. Na hy genoeg herstel het, stap hy die strand op en
af en vra die inwoners af: “Wie sê dat ons in Hawaii moet
bly? Besef julle hoe lank ons al probeer. Gee my die naam
van een persoon wat dit vermag het?” Kort voor lank het hy
’n redelike aanhang geniet en almal het dieselfde vraag
gevra. Almal het tot dieselfde slotsom gekom. Dis nie
nodig om Hawaii toe te gaan nie.
Die nuus het gou versprei. Sommiges het die
idee geredelik anvaar. Ander was daar teen. Vir ’n tyd was
die nuwe teologie op almal in Remnant se lippe, Die gedagte
was dat selfs al sou hulle aanhou probeer om Hawaii te
bereik, tot op die tyd dat hulle hemel toe sou gaan, niemand
eers naby sou kom nie. Die goeie nuus was, dat dit nie saak
maak nie..
Toe ontstaan twee groepe, die een wat
volgehou het dat jy Hawaii toe moet gaan en die wat
vasbeslote was dat dit nie nodig was. (Tog het beide groepe
nog gereeld die strand besoek om te oefen om te swem.)
Nog ’n groep het ontstaan, nogal vreemd.
Daar was geen strand betrokke by hierdie een nie. Die derde
opsie was om kennis te maak met ’n vliegtuigloots en jou in
Sy hande te plaas. Vertrou Hom om jou in Hawaii te besorg.
Wanneer jy eers aan boord van die vliegtuig is en die Loods
is in beheer, kan jy mos rus. Dit word Sy taak om jou in
Hawaii te kry.
Aanvanklik was dit moeilik om te begryp.
Baie vrae het ontstaan. Wat is jóú taak? Moet jy jou arms
swaai? Moet jy skop? Moet jy op en af in die gang van die
vliegtuig draf? Hoe dan nou, as al die werk en moeite om die
tropiese paradys te bereik nutteloos was, hoe kan terugsit
en rus jou daar kry? Dit klink wonderlik, voorwaar, maar dit
moet ’n mite wees. Hawaii was nog altyd sinoniem met moeite,
baie daarvan. Daar moet iewers ’n misverstand wees.
Sommige het probeer verduidelik dat daar wel
moeite betrokke is met die dat daar eers ’n ontmoeting met
die Loots moet plaasvind en die bestyging van die vliegtuig,
ja, selfs in die rus. Vergeleke met al die bedrywigheid op
die strand, was hierdie maar min moeite.
Die bespreking rondom opsie drie het omtrent
so geklink: “Ons deel is om ons te verlaat in die hande van
die Loots.”
Iemand anders begryp nie, “Bedoel jy ons
hoef glad nie Hawaii toe te gaan nie?”
“O ja, dis noodsaaklik om Hawaii toe te
gaan.”
“Dan beter ons vinnig terugkeer na die
strand, in stede van tyd verspul aan klets.”
“Nee, ons sal Hawaii nooit bereik deur
daarheen te probeer swem nie.”
“Dan is dit mos onmoontlik om Hawaii toe te
gaan.”
“Jy bedoel ons hoef nie te gaan nie?”
“Ja, ons moet gaan. Dit is moontlik om in
Hawaii te woon. Dit is belangrik, eintlik noodsaaklik.”
“Dan beter ons begin swem.”
“Nee, nee, nee, ons moet lughawe toe gaan.”
Hier en daar het mense die boodskap begin
kry en soos dit gebeur het, het hulle gereeld na Hawaii
begin reis. Hulle’t nie juis gepraat oor voorgenome vlugte
nie, hulle het eerder oor die Loots gesels, oor die
vliegtuig en dit wat daarmee gepaard gegaan het. Die goeie
nuus is aan moeë swemmers meegedeel en die tyding het
versprei.
Wat het toe gebeur? Wel, die sterk swemmers
wat nogal ver gevorder het in die koue waters van die Stille
Oseaan, het beledig gevoel. Iemand het hulle hoor sê, “As
hulle gaan toelaat dat mense Hawaii bereik deur op iemand
anders te steun om daar te kom, dan wil ek in elkgeval nie
soontoe gaan nie.” Hulle het uit die water geklim, die
strand en die dorp verlaat en na Las Vegas verhuis.
Maar die swak swemmers, hulle wat skaars bo
kon bly, hulle het lughawe toe gejaag om die vliegtuig, met
die Loots, te bestyg. Kort voor lank het almal een van die
rigtings gekies. Die strand het verlate geword, niemand wou
meer swem nie.
1. Ken McFarland,
Gospel Showdown (Boise, Idaho: Pacific
Press Publishing Association, 1981
Hoofstuk twee
Om die wet lief te hê
Pacific Union College het sy eie
Indianaoplis 500 snelweg. Dit is die agt myl vanaf die kruin
van Howellberg tot onder in die vallei. Die studente het ’n
onweerstaanbare drang om te kyk hoe vinnig hul Porsche en
Corvette motors die berg op en af kan jaag. Dit het die
tweedehandsemotor-persoonlikheid in my na vore gebring. Dit
is wat my familie dit genoem het wanneer ek so ’n student
agterna gesit het.
Eendag ry ek met die bergpad af en gewaar
hoe ’n jaende student ’n klein bejaarde dame in ’n sloot in
stuur. Ek was boos! Ek het gereken ek het rede gehad om so
te voel. Boonop was ek radeloos, want hy was baie vinniger
as ek. Maar toe ek die onderkant van die berg bereik, sien
ek dat hy langs die pad voor ’n swart motor met wit aan die
kant en ligte op die dak sit. Ek sê vir myself, “Ai! Ek is
so lief vir die wet, ek bedink dit heeldag lank.”
Wanneer het jy laas gesê, “Ek’s lief vir die
wet, ek bedink dit die hele dag lank”? Iewers langs die pad
het ons die idee gekry dat die wet geloof nie goedgesind is
nie; dat die wet van God Jesus nie goedgesind is nie; dat
dit die tema van geregtigheid deur geloof in Christus nie
goedgesind is nie. Kan ek jou daaraan herrinner dat Berg
Sinai langs die pad na die Beloofde Land lê en dat Berg
Sinai na Golgotha lei. Dit is dus belangrik dat ons weer kyk
na die wet van God.
Wanneer ons die verskillende onderwerpe
rondom die leer van geregtigheid deur geloof in Christus
alleen bestudeer, kom ons een of ander tyd te staan voor
gehoorsaamheid aan die wet van God. Beskou ons dit as
vriendelik of nie? Wat is die doel van die wet? Wat doen dit
vir jou of aan jou? Maak dit jou gelukkig waanneer u daaraan
dink? Neem dit baie van u gedagtes in beslag, soos Dawid van
ouds? En wat bedoel ons wanner ons Paulus aanhaal, “julle
is nie onder die wet, maar onder die genade”? (Rom 6:14)
Vir die wat antwoorde hierop soek is daar
beide goeie en slegte nuus. In Romeine 9 en 10 meld die
apostel Paulus dat die wet ’n metode van verlossing is.
“Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot
God van Israel doen, is tot julle redding” (Romeine 10:1).
Van wie praat dit hierso? Israel? Wie is Israel
vandag? Hulle wat glo. “En as julle aan Christus behoort,
dan is julle die naggeslag van Abraham.” (Galasiërs 3:29).
Broers, die verlange van my hart en die
gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
Want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het, maar
sonder kennis. Want omdat hulle die geregtigheid van God nie
ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle
hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want
Christus is die einde van die wet tot gregtigheid vir elkeen
wat glo. (Romeine 10:1-4)
Daar is ’n ander manier om die laaste reël
te lees—“Christus is die doel van die wet.” Christus is
eintlik die vervulling van die wet. Hy is ook die einde van
die wet vir geregtigheid deur werke, maar Hy is nie die
einde van die wet as sodanig nie.
Wanneer ons die wet van God, spesifiek die
Tien Gebooie beskou, sal ons oplet dat hulle definitiewe
funksies en doelstellings het. Een van hierdie groot take is
om ons te beskerm.
Op ’n dag was ek op reis deur die woestyn
tussen Kalifornië en Texas, toe my Honda Accord skielik die
gees gee. Daar was nou wel baie myle op, maar dit het geen
tekens van ouderdom of siekte getoon nie. Wat niemand my
meegedeel het (en ek het nie die handleiding gelees) was dat
die verkoelingsvloeistof jaarliks hernu moet word. Ek het
dit nog nooit vervang nie. Gevolglik het een of ander
chemiese reaksie die aluminium dele van die enjin
weggevreet. Die silinderpakstuk het geblaas, die enjin het
oorverhit en my motor het gaan staan. As ek maar net die
handleiding gelees het of het iemand my net gewaarsku. Hier
was ek, gestrand in die woestyn, omdat ek onkundig was
aangaande die reëls.
God se Tien Gebooie wet is die handleiding,
die handleiding van die lewe. ’n Eertydse burgemeester van
New York, Fiorello La Guardia, het dit eendag raakgevat toe
hy sê dat terwyl die wetgewers duisende ekstra wette gemaak
het, kon hulle nog nie ’n enkele verbetering aan die Tien
Gebooie aanbring nie. Sou u saamstem?
Ek hou van hierdie beknopte, vreugdevolle
weergawe van die Tien Gebooie:
Bo alles, wees lief vir God
alleen,
Moenie buig vir hout of steen.
God se naam, moenie misbruik,
Sy Sabbat, nuttig gebruik.
Respekteer jou ouers aldag,
Heilig lewe elke dag.
Wees getrou aan jou maat,
Steel van groot of klein sal jou
niks baat.
Hou jou woorde suiwer,
Moenie oor hebsug eers huiwer.
Nie sleg nie! Kan enigeen ’n meer kort en
saaklike, pragtige beskrywing van die handleiding van die
lewe kry? .
God se wet het behalwe beskerming nog ander
egte funksies.
Die wet is ’n standaard vir verlossing, nie
’n metode om verlossing te behaal nie. Dis ’n standaard
waarvolgens ons geoordeel gaan word, aldus Jakobus 2:8-13.
Ons staan onder die veroordeling van die
wet. Ons mag nie hiervan hou nie, dit mag seermaak, tog bly
dit ’n egte funksie van die wet (sien Romeine 4:15). Sommige
mense raak ongemaklik oor hierdie veroordelende idee en
probeer dit wegredeneer.
Die wet is so ewig soos God self.
Respekteer dit nie en anargie volg. Die ou
evangeliste het dit so gestel: “Geen regering is sterker as
sy wette nie, en geen wet is sterker as die straf wat volg
op die verbreking daarvan, en geen straf is sterker as die
uitvoering van daardie straf nie.” Maar vir diegene wat nog
nie by Berg Sinai verby is nie, is die wet slawerny en niks
anders as ‘n oordeel.
Ons is eenmaal onder die vervloeking van die
wet, wat ’n pynlike gewaarwording is, maar dit is en bly ’n
wettige funksie daarvan. Galasiërs 3:13 sê, “Vervloek is
elkeen wat aan ’n hout hang.” Is dit nie ’n goeie tyding dat
Christus daardie vervloeking vir ons gedra het nie?
Volgens Galasiërs 3:24, 25 is die wet die
leermeester wat ons na Christus lei. Die apostel Paulus het
dit so gestel: “deur die wet is die kennis van sonde”
(Romeine 3:20). Dit lei ons na die voet van die kruis. En in
Jakobus 1:23, 25 word die wet vergelyk met ’n spieël wat ons
behoefte om gewas en gereinig te word
aandui.
Jy kan dus sien dat daar verskeie egte
funksies van die wet in die Skrif opgeteken staan. Dit bring
of pyn, of gerief en hoop deurdat dit ons na die kruis lei
vir reiniging.
Daar is een ongeldige nut van die wet
waarteen Paulus ons onomwonde waarsku: Om die wet te gebruik
as ’n metode van verlossing—wettiesheid, soos ons dit vandag
noem. Ek veronderstel ons kan debateer rondom die betekenis
van woord wettiesheid.
[Die Engelse woord “legalist” het nie ’n
Afrikaanse vertaling nie. Vir die doel van hierdie studie
gaan ons die woord ‘wettiese’ gebruik. Die vertaler]
’n Vriendin van my, wat jare lank
evangeliewerk saam met my ouers verrig het, is ’n toegewyde
Bybelinstruktriese. Ek verneem sy is nog sterk besig. Sy
maak mense vroeg en laat wakker om die Bybel te studeer. Sy
raak kwaad wanneer mense teen wettiesheid praat, “Want”, sê
sy, “Ek is wetties.”
“Wat bedoel jy?” Vra ek.
“Want ek glo in die wet van God, dit maak my
wetties.”
“Dis goed so, as dit jou definisie van
wettiesheid is, maak dit my ook wetties, want ek glo ook in
die wet van God.”
Ek gaan egter in die gewone hedendaagse
gebruik ’n ander definisie waag. Ek hoop dit is sinoniem met
u opinie. Wettiesheid is ’n poging om die hemel te haal deur
self die wet te probeer onderhou. Basies is dit ’n poging om
myself te red deur my eie dade. Dus is wettiesheid
verlossing deur werke, verlossing deur die wet of verlossing
deur middel van goeie gedrag, om te probeer om vanjaar ’n
bietjie beter te wees as verlede jaar, solank ek reg is vir
die einde.
Daar is ’n dieper, maar ernstiger vorm van
wettiesheid wat ons ernstig na moet kyk. Dit is om nie ’n
geloofsverhouding met Christus te hê nie. Eintlik is daar
slegs drie tipes mense in die wêreld. Eerstens, hulle wat
geen belang by God of geloof of verlossing het. Ek weet nie
eers of hulle ter sprake is nie, want hulle is nog wetties,
nog enigiets anders. Hulle stel eenvoudig nie belang nie.
Ten tweede is daar hulle wat geïnteresseerd
is in verlossing en hulle het ’n daaglikse, persoonlike
verhouding met Jesus.
Die derde tipe hoop op verlossing. In teorie
is hulle gekant teen wettiesheid. Hulle wend geen poging aan
om werk te maak van hul strewe na die hemel nie. Hulle het
geen verhouding met Christus nie. Aangesien hulle niks doen
omtrent hulle geloofs- verhouding, maak dit hulle wetties.
Enigeen, ongeag wat hy sê, of van sy teologie, as hy nie tyd
neem vir ’n daaglikse verhouding met Christus, is wetties.
Daar is net nie ander opsies nie.
U is of in Christus, in gemeenskap met Hom,
of sonie is u wetties. Daarop mag u dalk antwoord, “Maar ek
is nie wetties nie, ek glo nie daaraan om my pad hemel toe
oop te werk nie.” Indien u nie ’n lewendige verhouding met
Christus het nie, dan is daar geen ander opsies nie. Dit is
die een of die ander (tensy jy geen belang by jou verlossing
het nie).
Ek kan maar sê ek glo nie in werke nie, dat
ek glo in geregtigheid deur geloof in Christus. In teorie
mag ek so redeneer, maar as ek nie prakties betrokke
raak, dan glo ek dit nie. Is dit nie waar nie? Ek hoef mos
nie vir my vrou te sê dat ek haar nie lief het nie. Ek hoef
net nooit huistoe te kom nie, sy sal die boodskap kry. Ek
hoef nie vir God te sê dat ek Hom nie liefhet nie, dat ek
nie in geloof glo nie. Ek hoef net nie tyd te hê vir Hom of
die dinge van geloof nie, Hy sal die boodskap kry. Dan is ek
vasgevang in die ding genoem wettiesheid.
Natuurlik is daar twee soorte wettieses.
Daar is [aan die een uiterste] die stywe, konserwatiewe,
hardgebakte fundamentele wettiese ou, hy dra ’n swart pak
klere, met ‘n swart das en swart sokkies. Hy veroordeel
elkeen wat nie lewe volgens sy standaard. Hy lyk sommer
ongelukkig en toon geen genade of liefde nie.
Dan is daar [die ander uiterste,] die
liberale wettiese ou. Hy is minder styf, maar steeds sonder
tyd vir Christus of die ding van geloof. Hy probeer die
hemel bereik deur nie die dinge te doen wat die
konserwatiewe ou doen. Met ander woorde die liberale
wettiese vind sekuriteit daarin om die standaarde en reëls
van die kerk te veronagsaam. Hy is oortuig daarvan dat hy
nie wetties is nie, want hy doen dan nie die dinge van die
onbuigsames doen nie. “Ek het my vrygemaak van al daardie
dinge. Ek kan gaan waar ek wil, eet wat ek wil, drink
waarvoor ek lus het, doen wat ookal goed voel. Ek is nie
meer wetties nie.” Tog is hy ’n liberale wettiese.
’n Goeie definisie van ’n wettiese is
enigiemand wat homself ’n Christen noem en hoop op
verlossing, maar wat afgesonder van Christus, hetsy hy ’n
liberale of konserwatiewe lewe voer.
Paulus het herhaaldelik heftig hierteen
gepraat, maar hy gee ons geleentheid om iets veel beter te
oorweeg. Hy nooi ons om Christus as die einde van die wet
vir geregtigheid aan te neem en in stede daarvan op Jesus te
fokus as ons enigste hoop op verlossing.
Op ‘n keer tydens ’n kampvergadering het ons
ons dogtertjie na die kindertuin afdeling geneem. Gedurende
die les het die onderwyseres gesê, “Wat is dit wat die
belangrikste in die Bybel is?” Die seuntjies en dogtertjies
antwoord, “Jesus, Jesus.” “Nee, nee, dis nie wat ek bedoel,”
sê die onderwyseres. “Wat is die heel belangrikste in die
Bybel?” Stilte. Naderhand sê sy vir hulle, “Dit is die Tien
Gebooie. Dit is die belangrikste in die Bybel.” Waar of
vals?
My vrou het gaan kla daaroor, want dit is
die tipe leer wat ons seuns en dogters op die
gehoorsaamheidspad bind waaraan soveel gewoond is: “As jy
soet is gaan jy hemel toe; as jy stout is gaan Jesus nie vir
jou lief wees nie.”
Wanneer gaan ons agterkom dat Jesus die
belangrikste fokus in die Bybel is. Die verantwoordelike
persoon het probeer verskoning maak vir die onderwyseres
deur te beweer dat sy moeg was. Toe hoor ek ’n klok lui.
Daar was ’n tyd wat ek ook gereken het dat die Tien Gebooie
die belangrikste in die Bybel is. Ek het ook moeg geword. As
jy glo dat die Tien Gebooie die heel belangrikste in die
Bybel is, gaan jy moeg word.
Net hier raak mense senuweeagtig en sê,
“Hierdie man is teen die Tien Gebooie gekant.” Geensins, ek
is net so min gekant teen die Tien Gebooie as wat E. J.
Waggoner teen die Tien Gebooie was. Ooit van hom gehoor? E.
J. Waggoner was in die 1890’s die voorslag vir geregtigheid
deur geloof in Jesus Christus. Daar is destyds die opmerking
gemaak dat ons die wet gepredik het totdat hulle so droog
was soos die heuwels van Gilbóa en dat dit tyd geword het om
te preek van Christus in die wet. Ons kan nie die wet omseil
omdat die pad na die Beloofde Land langs die berg Sinai
verby gaan nie. Tog is Waggoner daarvan aangekla, soos al
die ander geregtigheid-deur-geloof predikers, dat hulle
teenstrydig, teen die wet van God is. Hy’t as volg
gereageer: “Instede daarvan dat geloof na teenstrydigheid
(of om teen God’s wet te wees) lei, is dit juis nie
antinomies nie. Dit maak nie saak hoeveel ’n persoon oor die
wet van God spog nie. As iemand geloof in Christus of
stilswyend of botweg ignoreer, is so een niks beter af as
die persoon wat die wet direk aanval nie.”
Nogal ironies. Juis hy wat opkom vir die wet
van God en die Tien Gebooie ophef, dis hy wat teen die Tien
Gebooie gekant is. Waarom? Omdat daar in die Tien Gebooie
geen krag tot redding is nie. Toe La Guardia gesê het, “Die
mens het tienduisende wette gemaak, maar dat hy nog geen
verbetering aan die Tien Gebooie aangebring het nie,” was hy
in een opsig verkeerd. Daar was een mens wat wel ’n
verbetering aan die Tien Gebooie aangebring het. Sy naam was
Jesus. Hy’t gekom en die Tien Gebooie kom uitleef.
In Jesus was daar ’n hart wat omgee. Daar is
geen hart in die Tien Gebooie wanneer dit ons beoordeel.
Daar is wel ’n hart in die Tien Gebooie in terme van
beskerming. Maar daar is geen hoop vir die arme sondaar wat
na berg Sinai kyk totdat Een Sy verskyning kom maak het en
die Tien Gebooie geword. Hy het ’n hart gehad wat omgegee
het vir sondaars en prostitute en diewe en kleinlike
Fariseërs en skrifgeleerdes en die wettiese klomp. Ons kan
dus sien dat Jesus ’n daadwerklike verbetering op die Tien
Gebooie is.
Dit maak nie saak hoeveel ’n persoon oor die
wet van God spog nie. As iemand geloof in Christus of
stilswyend of botweg ignoreer, is so ene niks beter af as
die persoon wat die wet direk aanval nie. Die man van geloof
is al een wat waarlik die wet van God eer. Sonder geloof is
dit onmoontlik om God te behaag (Hebreërs 11:6); daarmee, is
alles moontlik (Markus 9:23).
Ja, geloof verrig die onmoontlike, dit is
presies wat God van ons verwag. Toe Josua aan Israel gesê
het, “Ons kan God nie dien nie,” het hy die waarheid
gepraat, tog het God van hulle verwag om Hom te dien. Dit is
nie binne enige persoon se vermoë om geregtigheid te doen
[en om die gebooie te hou] nie, al wil hy (Galasiërs 5:17);
daarom is dit verkeerd om te sê dat God van ons verwag om
slegs ons beste te doen. Hy wat niks beter as dit doen, sal
nie God se werk verrig nie. Nee, hy moet beter doen as
wat hy kan. Hy moet dit verrig wat net net die krag van
God deur hom kan doen. Dit is vir ’n mens onmoontlik om op
water te loop, maar Petrus kon dit deur geloof in Jesus
regkry.
Aangesien alle krag in die hemel en op aarde
in die hande van Christus is, en hierdie krag tot ons
beskikking is, selfs Christus Homself wat in geloof in die
hart kom woon, is daar geen ruimte vir foutsoekery daarmee
dat God van ons verwag om die onmoontlike te verrig; want
ons “is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee”
(E. J. Waggoner, Christ and His Righteousness, pp. 95,96).
Kom ons som dit op. Al persoon wat regtig
belangstel en ten gunste van die Tien Gebooie is, is hy wat
Jesus die belangrikste in die Bybel ag. Dit is ook die
enigste manier om die wet van God te verhef. Daar is geen
ander manier nie.
Sewendedag Adventiste is lank as wetties
beskou, waarskynlik as gevolg van die Sabbat. Mense maak die
aanmerking, “Jy dink jy gaan hemel toe deur die Sabbat te
onderhou.” Daarom word ons as wetties beskou. Sê my, ken jy
iemand wat as wetties beskou is omdat hy daarin glo om nie
te steel nie? Weet jy van iemand wat as wetties beskou is
omdat hy nie daarin glo om te moor of te lieg of te bedrieg
nie? Ek het nog nie. Nogal interesant, is dit nie. Dus, om
as wetties beskou te word of om iemand anders daarvan te
beskuldig is dit belangrik om die definisie reg te hê.
Ons moet nog iets uit die Skrif in gedagte
hou. Die Tien Gebooie vorm ’n eenheid. Dit was nog altyd vir
my interesant dat God reg in die middel van die Tien Gebooie
’n ietsie geplaas het wat sou dien tot verering van die
Skepper, naamlik ’n dag van aanbidding. Die vele pogings wat
mense aanwend om die Tien Gebooie uitmekaar te trek kan nie
deug nie, dit is alles ’n eenheid.
“O,” sal iemand dalk sê, “jy’s wetties want
jy poog om die hemel te haal nes die Jode. Die Sabbat was
vir die Jode bedoel.” Verkeerd, dit is ingestel tweeduisend
vyfhonderd jaar voor die eerste Jood, vader Abraham, geleef
het.
Indien jy mooi na Hebreërs 4 kyk, sal jy
ontdek dat die Sabbat, daar reg in die middel van die Tien
Gebooie, eintlik een van die grootste simbole van
geregtigheid deur geloof in Christus is. Die Sabbat en die
res is sinoniem. Christus offer ons die rus van ons pogings
om onself te red. Paulus sê in Romeine 10:4 “Want Christus
is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat
glo.” Die betekenis is ten minste tweeledig. Hy is die einde
van my pogings om ontslae te raak van my skuld, om my sondes
vergewe te kry. Ek kan dit nog verdien nog aanspraak daarop
maak. En Hy is die einde van my pogings om hard te werk ten
einde my sonde te oorwin, want Hy het my ook rus op daardie
gebied beloof.
Oorwinning en gehoorsaamheid en die oorhand
kry, is geskenke van Hom. Christus spel die einde van die
wet van geregtigheid vir my asook die einde van die
wet van geregtigheid in my. Christus is die einde van
alles. En Hy is die pragtige voorbeeld van die een wat dit
bewys het deur Sy eie lewe.
Die apostel Paulus gee ons ’n leidraad hoe
om weg te kom van ’n huwelik met die wet na ’n huwelik met
Christus. In Romeine 7 meld hy van getroud wees met die wet,
waar die wet einlik die eggenoot is. Maar, hy sê daar is
iets beter. Kom ons kyk na die volgende gelykenis.
Almal respekteer vir Ben Gebod. Onder almal
wat hom ken sal jy sukkel om iemand te vind wat nie saamstem
dat Ben Gebod ’n agtermekaar kêrel is. Christina was seker
dat hul voorgenome huwelik hemels sou wees. Sy het sy
besonderse goeie eienskappe erken en geleer om hom, nie so
seer lief te hê nie, maar wel hoog te ag. Sy was oortuig
daarvan dat liefde met tyd sou ontstaan. Die huweliksdag
breek aan en Christina loop met die paadjie op om in die
openbaar haarself aan Ben Gebod toe te wy. Sy beloof om aan
hom getrou te bly tot die dood hul skei. Christina en Ben
Gebod is nou man en vrou.
Maar nog voor die wittebrood verby is
ontstaan die eerste probleme. Teen die tyd dat hulle in hul
nuwe huis intrek, is dit duidelik dat hulle glad nie van
dieselfde goed hou nie. Christina het al hoe ongelukkiger
geraak met Ben Gebod. Hy was glad nie toegeeflik nie. Sy
idees was in beton gegiet. Sy het gou ophou om te probeer
met hom argumenteer. Hy’t nou wel nie probeer om sy wil op
haar af te dwing nie, maar dis of hy altyd ontevrede met
haar optrede was wanneer sy probeer het om haarself te wees.
Sy’t moeg geword vir sy alewige veroordeling. Hy het nie net
haar gedrag veroordeel nie, maar haar motiewe ook.
Christina het haar bes probeer om hom
tevrede te stel. Dag na dag het sy opgestaan met die hoop
dat vandag die dag sou wees dat sy hom tevrede sou stel .
Sy’t egter agtergekom dat nes sy een ding bemeester, sy iets
anders nagelaat het. Soms het dit gebeur dat haar beste
pogings in ’n algehele gemors geeïndig het. Dit wou
voorgekom of hoe harder sy probeer het, hoe meer foute het
sy gemaak.
Soms het Christina so moedeloos geword dat
sy traak-my-nie-agtig deur die dag geploeter het, en gemaak
nes sy lus het. Sy’t moedswilliglik klere op die grond laat
lê, vuil skottelgoed laat staan, TV gekyk terwyl sy hope
sjokolade en aartappelskyfies verorber het. Maar niks het
verander nie. Al wat sy gewin het, was gewig plus ’n
groeiende bewuswording dat sy nie naastenby aan haar man se
ideale voldoen nie. Sy was terdeë bewus van sy
veroordelende, beoordelende en beskuldigende houding jeens
haar.
Een nag, terwyl sy stil langs hom lê, het sy
gevoel sy kan nie nog ’n dag in daardie omstandighede bly
nie. Ben, wat met hul huwelik haar respek en eer so waardig
gelyk het, het nou lelik en haatlik voorgekom. Sy sou hom
nooit kon tevrede stel nie, dit was nutteloos om eers te
probeer. Daar was geen manier wat sy hom slegs vir ‘n dag
tevrede sou stel nie, laat staan die leeftyd wat sy haar tot
hom verbind het. As sy maar net met iemand anders getroud
was, iemand wat haar gedrag goedkeur, wat haar lief sou hê
nes sy is. Maar die woorde “tot die dood ons skei” weergalm
in haar ore.
Skielik kry sy ’n blink gedagte. Ben Gebod
slaap so salig hier langs haar. As sy net … maar hoe? Sy’t
gou besef sy sou hom nie kon doodmaak nie, daarvoor was sy
nie sterk genoeg nie. Maar wag, sy hoef hom mos nie dood te
maak nie, sy kan haar eie lewe neem. Die lewe was in elk
geval nie die moeite werd onder hierdie omstandighede nie!
Teleurgesteld moes sy besef dat sy daarvoor ook nie die krag
of die moed het nie. Tog kon sy nie so aangaan nie. As sy
maar net kon sterf, weer opstaan en van vooraf begin! As sy
net oor kon begin!
Desperaat, met die besef dat sy self niks
aan haar situasie kon doen, roep sy uit, “Here, as daar
enige wyse is dat ek uit hierdie gemors kan kom, sal U dit
moet doen, U sal alles moet doen.” Vir die eerste keer in
jare het sy vrede ervaar en rustig verder geslaap.
Die volgende môre vroeg word Christina
wakker. Ben Gebod was klaablyklik steeds daar. Tog was alles
om die een of ander rede anders. Dalk het Ben se tweeling
broer langs haar gelê. Die sagtheid van sy oë, die mooi lyne
op sy gesig het gespreek van van ’n stryd wat hy gevoer het.
Dan was daar littekens aan sy hande wat sy nooit voorheen
opgemerk het nie. Instede daarvan dat sy kombuis toe haas,
het sy tyd geneem om met Ben Gebod te kommunikeer. Later
daardie dag vind sy dat sy besig is om te sing terwyl sy
haar huiswerk verrig en die silwerware poets.
Soos wat die dae verloop het, het sy tyd
geneem om hierdie persoon te leer ken. Sy kon skaars wag vir
die volgende geleentheid om spesiale tyd met hom te
spandeer, want hy’t van haar gehou nes sy is en het haar
aanvaar selfs as sy foute begaan het. Hoe meer liefde en
aanvaarding sy gekry het, hoe minder het sy bekommer oor
haar dade en gevolglik het sy minder foute begaan. Ben Gebod
se vereistes het net nie meer so onredelik soos voorheen
voorgekom nie.
Toe op ’n dag tref dit haar. Haar hele
verhouding het verander. Sy’t nie net genot daarin gevind om
hom tevrede te stel nie, maar haar eie belange en neigings
het ook verander. Sy’t begin lief raak vir die dinge
waarvoor hy lief was. Sy het op ’n stadium gereken sy sal
net vrede vind as Ben Gebod dood is, maar nou was dit
Christina wat doodgegaan het en opgewek is om het om die
nuutheid van die lewe.te betree.
Hoofstuk drie
Voeg Dade by Jou Woorde
Martin Luther moes meer aandag aan die
apostel Jakobus bestee het. Wat Jakobus eintlik gesê het
was, “Moenie net praat van geloof nie, laat jou dade dit
bewys.” “Dade tel meer as woorde.” Ek wil graag oor goeie
werke in die Christelike lewe skryf, maar dit kan ’n baie
netelige onderwerp wees. Behoort ons dit eers op te haal?
Wat het geword van individuele- en kerkstandaarde? Moet daar
wees?
In die populêre weergawe van geregtigheid
deur geloof waar die klem op God se liefde, vergifnis en
aanvaarding val, is daar ’n neiging om hierdie terme soos
slagspreuke rond te gooi. Jare gelede is iets van belang vir
ons kerk neergepen: “Die geregtigheid van Christus is nie ’n
dekmantel om onbelyde en onversaakte sonde mee te verberg
nie; dit is ’n lewensbeginsel wat die karakter vernuwe en
die gedrag beheers. Heiligheid is ’n heelhartigheid vir God;
dit is volkome oorgawe van die hart en die lewe aan die
inwoning van die hemelse beginsels” (Koning van die Eeue, bl
464, 465).
Geregtigheid deur geloof, indien eg, maak my
nie minder van’n Christen nie. Dit gaan nie maak dat ek
minder belangstel in opregte gehoorsaamheid en goeie werke
nie, dit sal maak dat ek meer daarin belangstel. Dit sal my
nie minder van ’n Adventis maak nie, inteendeel, indien
behoorlik verstaan, sal dit my meer van ’n ware Adventis
maak. Dus, in vandag se atmosfeer waar geregtigheid deur
geloof slegs ’n slagspreuk van geloof en God se liefde en
vergifnis en aanvaarding is, moet ons die waarde van goeie
werke verstaan. Voordat ons verder delf in die kwessie van
standaarde en sedeleer, moet ons eers die onderwerp van
werke in die Christelike lewe adresseer.
Deur die eeue van die Christelike kerk se
geskiedenis heen het rade die kwessie van geregtigheid deur
geloof oor en oor bespreek. Sommige hiervan het kerke
middeldeur geskeur. Dit sou makliker gewees het om hierdie
onderwerp te ignoreer, te vergeet, maar met die besef wat
die Skrifte ons leer aangaande hierdie belangrike onderwerp,
is dit kritiek dat ons weet wat God van ons verwag in
hierdie verhouding met Hom.
Bestaan daar eerstens enige twfel dat die
onderwerp van goeie werke in die Skrif saam met geloof
gemeld word? In die gewilde teks wat oor en oor aangehaal
word ter ondersteuning van geregtigheid deur geloof.,
Efésiërs 2:8, 9 lees ons, “Want uit die genade is julle
gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is
die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag
roem nie.” Maar soms lees ons nie hoe dieselfde stuk verder
meld dat ons geskape is vir goeie werke.
In Galasiërs 2:16 staan, “...ons weet dat
die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie,
maar alleen deur die geloof in Jesus Christus,”. Daarby voeg
die apostel Paulus, “Maak ons dan die wet tot niet deur die
geloof? Nee, stellig nie! (Romeine 3:31). Die Bybel sê in
Titus 2:14, Jesus “wat Homself vir ons gegee het om ons te
verlos van alle ongeregtiheid en vir Homself ’n volk as sy
eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” 2 Timótheüs 3:16,
17: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot
lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in
die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees,
vir elke goeie werk ten volle toegerus.” (Ek
kursifiseer). “Want ons is Sy maaksel, geskape in Jesus
Christus tot goeie werke” (Efésiërs 2:10). U kan dus sien,
dat wanneer u daarna soek, werke in die Skrif kort-kort na
vore kom.
Ek het my rekenaar nagegaan (dit lees die
hele Bybel in drie sekondes) en daar kry ek 120 tekse wat
direk handel oor werke. Ek het ontdek dat die Skrif ’n
beskrywing van beide goeie en slegte werke gee.. Die Skrifte
maak melding van goeie en slegte mense. Miskien kan ons
mense en werke in vier katagorië opdeel:
Is dit moontlik dat slegte werke deur slegte
mense gedoen word? Natuurlik.
Is dit moontlik dat slegte werke deur goeie
mense gedoen word? Ja.
Is dit moontlik dat goeie werke deur slegte
mense gedoen word?
Is dit moontlik dat goeie werke deur goeie
mense gedoen word?
Noudat die onderwerp so mooi opgedeel is, in
watter groep sal u wil wees? Die slegtes wat slegte dade
doen? Waaraan dink u as u hierdie vraag lees? Dink ’n
bietjie aan hulle wat Christus gekruisig het. Was hulle
goeie of slegte mense?
“Daar is niemand regverdig nie, selfs nie
een nie.” (lees Romeine 3:10). [Die KJV sê niemand is goed
nie]. Goed dan, hulle was slegte mense, maar hulle het na
goeie mense gelyk, of nie? Dit bring ons by ’n volgende
vraag, wat maak dat jy ’n goeie of ’n slegte persoon is? Is
dit wat jy doen wat jou goed of sleg maak?
Stel u Judas voor wat Jesus kom verraai. Op
daardie stadium was hy ’n slegte persoon wat ’n slegte daad
verrig het. Maar voor daardie dag het hy vir ’n lang tyd
soos ’n goeie persoon voorgekom. Hy’t moontlik ook duiwels
uitgedryf, siekes gesond gemaak, melaatses gereinig en
dooies opgewek, nes al die ander dissipels. Hy moes dus op
daardie stadium met God se goedheid gewerk het. Maar hy’t
daarvan afstand gedoen.
Wat van slegte werke deur goeie mense gedoen
word? Gee die Skrif vir ons enige voorbeeld? Ek dink aan
Petrus. Was Petrus ’n goeie mens? Ja, binne konteks was
Petrus ’n goeie mens. Kyk na hom in die onmiddelike konteks
van die dag voor Jesus dood is. Hulle het die laaste
Avondmmal genuttig en Jesus maak die verklaring gevind in
Johannes 13:10, “julle is rein”. Hulle was rein deur die
woorde wat Hy tot hulle gespreek het. Hy het hulle die goeie
tyding gegee van vergifnis en reiniging van sonde. Nie lank
daarna kry ons Petrus swaard in die hand gereed om mense se
ore af te kap (ten minste een). Was dit ‘n slegte daad
verrig deur ’n rein ’n persoon? Wat sê die hoëpriester se
slaaf hiervan. Ek reken hy sal toegee dat dit ’n slegte daad
was. Dit moes immers seer gewees het. Tog was dit deur ’n
goeie persoon verrig. Wat het hy gedoen wat so sleg was -
die daad self, of die rede vir sy optrede—om dinge uit sy
eie te doen instede om op God te vertrou.
Jesus se opdrag aan hom was, “Steek jou
swaard in die skede...as my koninkryk van hierdie wêreld
was, sou my dienaars geveg het” (Johannes 18:11, 36). Maar
Sy koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. Petrus se slegte
optrede was nie soseer die daad, alhoewel die hoë priester
se slaaf waaskynlik nie sou saamstem nie. Dit was eerder hy
wat gepoog het “om dit self te doen”. Dit is wat sonde
regtig is.
Petrus was ’n goeie persoon. Volgens Jesus
se “Julle
is alreeds rein” verklaring was die
dissipels goed. Hulle was goed as gevolg van Sy
geregtigheid. Hulle het egter ’n klomp slegte dinge verrig
in die tyd wat hulle met Jesus gewandel het. So wat maak ’n
mens sleg?
In Philidelphia is ’n man eendag gearresteer
omdat hy brood gesteel het om sy gesin mee te voed.
Getuienis wat in die hof voorgelê is het daarop gewys dat hy
’n goeie mens was wat sy gesin wou help en daardeur ’n
slegte daad verrig het. Die regter het hierdie in gedagte
gehou en hom beboet vir die slegte daad. Hy het egter die
vonnis onmiddelik opgehef en die hoed in die hofsaal
omgestuur sodat almal teenwoordig skulderkenning betaal vir
die feit dat iemand in hulle dorp brood hoef te steel om sy
gesin mee te voed. Toe neem hy die ingesamelde fondse en gee
dit vir die man.
Die regter het in die kleine opgetree soos
God. Of het hy? Is steel altyd, altyd verkeerd, ongeag die
rede? Nogal ’n truukvraag. Ons kan nie praat van reg en
verkeerd, goeie en slegte dade tensy ons die kwessie van
moraliteit, asook nuwe moraliteit, aanraak nie.
Is u bekend met die nuwe moraliteit? Dit
neem die omstandighede in ag. Dit sê dit is in orde om
slegte dinge te doen, solank dit vir die regte rede is.
Of sou u eerder saamstem met die prediking
waarmee grootgeword het, toe hulle hard, lank en duidelik
gesê het, “Dit is altyd, altyd verkeerd om te steel; dit is
altyd, altyd verkeerd om te lieg, kul en te moor”? Is dit so
eenvoudig? Ons moet sommige van hierdie onderwerpe van reg
en verkeerd en morele oordele van nader beskou.
Is dit moontlik vir slegte mense om goeie
dade te doen? Onmiddelik dink ons aan Mattheüs 7:21, 22,
waar Jesus sê:
“Nie elkeen wat vir My sê: Here Here! sal ingaan in die
koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil
doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie
dae vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer
en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte
gedoen nie?”
Dan staan in vers 23, “Ek het julle nooit
geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid
werk!” Bedoel u dat om in Sy Naam te profeteer
ongeregtigheid is? Om duiwels uit te dryf, is
ongeregtigheid? Om wonderwerke te verrig, is ongeregtigheid?
Wat was dit wat hierdie mense se dade sleg gemaak het?
Hierdie verse beklemtoon iets baie
belangrik. Omdat ons sleg gebore is, is die enigste manier
wat ons enige vorm van goedheid kan ondervind deur Jesus.
Ons kan hieruit aflei dat dit wat mense sleg maak is om weg
van Jesus af te lewe, ongeag wat hulle doen. En dit wat mens
goed maak is om in verhouding met Jesus te lewe,
ten...ten...ten...dis moeilik om die sin te voltooi, want
iemand gaan dit misverstaan...ten spyte van wat hulle doen?
Oordeel ons ooit mense of hulle goed of sleg is
net op grond van wat hulle doen? Of kyk u na hulle deur
’n verhoudingsbril?
Ek het op ’n tyd gesê dat goeie dade wat
sonder Christus verrig is, slegte dade is. Mense wou my
stenig.Mense het gesê, “Jy kan nie so sê nie. Goeie werke
sonder Christus se hulp kan nie slegte dade wees nie, want
die werke opsigself is dan goed.” Gevolglik het ek my
standpunt gewysig. Goeie dade sonder Christus verrig is
sleg, klaar. Hulle is nie slegte dade nie, hulle is sleg.
Waarom is hulle sleg? Mattheüs 7 voer twee
redes aan. In die eerste plek het hierdie mense beweer: “het
ons nie in u Naam profeteer en in u Naam duiwels uitgedryf
en in u Naam baie kragte gedoen nie?” Maar hulle het nooit
vir Jesus geken nie. Eintlik was hulle leunaars. Om
te beweer ek verrig goeie dade as ek Hom nie ken, maak van
my ’n leuenaar. Dit is misleidend. Die enigste persoon wat
regtig in Jesus se naam optree is hy wat ’n lewendige
verhouding met Hom het. Buiten dit, om aanspraak te maak
daarop om ’n Christen te wees, aanspraak te maak dat jy in
Sy Naam optree, is voorgee en misleiding. Dit is die eerste
rede waarom hulle skuldig is aan ongeregtigheid.
Die tweede probleem is dat hierdie mense
onder die indruk verkeer het dat hulle hemel toe gaan
omdat hulle profeteer, duiwels uitgedryf en wonderwerke
verrig het. Weereens die kuil van geregtigheid deur werke.
Hierdie is ’n baie ou probleem van die kerk. Om te dink ek
kan myself red, al is dit net 10 persent, is ’n leun en
ongeregtigheid. Paulus sê ons word nie deur ons werke verlos
nie, as dit so was het ons rede gehad om te spog. Al ooit
moeite gedoen om vas te stel hoeveel ons spog?
Selfs in die Christelike kerk omgewing is
daar bewyse dat ons weg van God lewe. Een van die eerste
bewyse is die voortdurende verheffing van self. Paulus sê
dat as ek gaan spog beter ek dit doen in die teenwoordigheid
van mense wat glo in geregtigheid deur werke. (Ek
parafraseer Romeine 2:17-23). As ek krediet soek of krediet
wil uitdeel beter ek dit doen met mense wat glo in
verdienstelikheid. Sonie gaan ek nie bedank word vir my
moeite nie. Wat God betref het ons geen rede vir spog nie.
En hoe nader ek aan Jesus beweeg, hoe nader kom ek aan die
voet van die kruis. Om in nederigheid en geloof aan die voet
van die kruis te kniel is die hoogste plek wat ek ooit kan
bereik.
Paulus stel dit baie duidelik dat daar geen
ruimte vir spog is nie. “Maar ek het dan duiwels uitgedryf.”
“Is u seker?” Weet u, as ek die duiwel was, en ek lees
daarin wat Jesus gesê het dat Satan nie Satan kan uitdryf
nie, dan het ek gesorg dat ek in daardie een spesialiseer.
Ek sou reken dat dit my ’n dekmantel gee waaronder ek kan
skuil. Nou kan ek groot dinge regkry. Ek glo nie die duiwel
kan duiwels uitdryf nie, maar ek glo hy weet hoe om dit te
laat skyn of hy duiwels uitdryf.
Ek neem aan u het al gehoor van die
verlossingsbediening. Ek bid dat die Here sal aanhou om ons
te verlos van die velossingsbediening, want die
verlossingsbediening, op die wyse wat dit in die evangeliese
kerke ontstaan het en gepoog het om ons kerk binne te dring,
het glad nie duiwels uitgedryf nie. Dit het vir ’n tydlank
maar net so voorgekom. Die duiwel is doodtevrede as dit net
lyk of duiwels uitgedryf word – en erger dinge daardeur
verdoesel word. Dus, die uitdryf van duiwels, al was dit eg,
gee my geen ruimte om te spog nie, want, soos ons weet, is
duiwels veel groter as ek en wie ookal hulle regtig uitdryf
is dus groter as ek – niemand anders as die Here Jesus
Christus homself.
Wat van profeteer? Is dit ’n goeie ding? Ek
het onlangs gehoor van die Adventiste kerk in Frankryk wat
’n sogenaamde profeet se kerklidmaatskap gekanselleer het,
omdat hy boodskappe verkondig het. Nadat die situasie
ondersoek is, die vrugte en die boodskappe nagegaan is, kan
opgelet word dat die kerk aldaar ’n gedempte beskouing het
van iemand wat voorgee om ’n profeet te wees.
Daar was ’n profetes wat, ’n klompie jare
gelede, getrek het vanaf Florida na Oregan. Ek het na enkele
van haar profesië, sogenaamd in Jesus se naam, wat op band
is, geluister. ’n Mens kan naderhand die verklikkertekens
sien dat hierdie mense met hulle manifestasies spog..
Wanneer mense begin praat van hul werke, en hul sukses
adverteer, kom hulle onmiddelik onder verdenking. Nie waar
nie? Is dit verkeerd om goeie werke te doen? Tensy hulle nie
regtig goeie werke is, nee. Maar as ek eers erkenning soek
daarvoor, dan word hulle sleg.
Kom ons begeer om die tipe mense te wees met
die mentaliteit om goeie werke te doen, omdat ons God die
Persoon ontdek het. En indien u dit nagaan sal u
heelwaarskynlik agterkom dat diegene wat Jesus sy of haar
persoonlike vriend maak, spontaan goeie werke sal
voortbring. Sulke werke word nie beplan, is nie doelbewus
nie. Hulle is nie die soort wat, wanneer iemand om hulp
aanklop sal sê, “Wag dat ons ’n skare in die tent of die
ouditorium byeen kry,” of “Wag dat die televisiekameras
opdaag.” Hulle is die mense wat optree soos Jesus opgetree
het. Nadat Hy ’n goeie daad verrig het, selfs om ’n dooie op
te wek, het Hy kort daarna verdwyn. Hy het nie vir eer en
lof gewag nie. Hy wou hê dat al die heerlikheid en al die
krediet Sy Vader toekom. Sou u nie daarvan hou dat God u
lei om, as gevolg van Jesus se goedheid, ’n goeie persoon te
wees? En dat u goeie dade natuurlik en spontaan ontstaan as
gevolg daarvan?
As student het ek jare gelede ’n
Bybelkonferensie by die Sligo Kerk in Takoma Park, Maryland,
bygewoon waartydens H. M. S. Richards die toewydindsboodskap
geneem het. Ek sal nooit die gelese teks vergeet nie. Hy het
uit Handelinge oor Barnabas gelees, van wie die volgende
gesê is, “want hy was ’n goeie man en vol van die Heilige
Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here
toegebring” (Handelinge 11:24).
Daarna het die radioprediker so ‘n bietjie
uitgewy oor die vers. “Weet julle, wanneer ek weg is, hoop
ek dat die mense my nie sal onthou as die radioprediker of
aan enigiets groots nie. Ek wil onthou word as ’n goeie man.
In my gesin, vertrou ek, sal hulle aan my dink as ’n goeie
man.” Nie ‘n slegte begeerte—om onthou te word as ‘n goeie
man, ‘n goeie vrou, ‘n goeie persoon, vol van die Heilige
Gees. Wanneer dit gebeur gaan “’n aansienlike skare” aan die
Here toegebring word.
Die Bybel praat van werke van die wet en
werke van geloof. Hierdie twee aanwysings is baie duidelik.
Soms word verwys na bose dade versus goeie werke, of dooie
werke versus lewende werke, maar die algemene benaming bly
werke van die wet en werke van geloof. Ek veronderstel in ’n
sin, kan ons sê dat die werke van die wet is die wat ons
verrig ten einde gered te word. Die apostel Paulus noem
hierdie dooie werke. Ek sal hulle graag as volg wil
definieer: werke van die wet is enige werke wat gedoen word
buite ’n verhouding met Jesus Christus. Hulle is dood. Hulle
is van nul en geen waarde wat God betref.
Werke van geloof is werke wat gedoen word
binne ’n verhouding met Christus. Dit is so dat mense binne
’n goeie verhouding [met Chritus], somtyds goeie werke en
somtyds slegte werke doen. Mense wat in daardie verhouding
is, doen soms goeie en soms slegte werke. Die hoofsaak is om
binne of buite Christus te wees.
Die Bybel adresseer ook die doel van goeie
werke in die lewe van die Christen en dit benadruk hierdie
punt baie sterk: goeie werke is nooit bedoel om ons te red
nie. A. T. Jones het in die 1890’s opgestaan en gesê, “Werke
baat ons niks nie.” Hy is berispe oor hierdie kras stelling.
Om te sê dat werke niks met ons saligheid te doen het, is
verkeerd. In ’n poging om die stelling te korrigeer sal ek
graag een enkele woord wil byvoeg. Ons werke het niks te
doen met die verkryging van ons saligheid nie, maar
hulle het tog iets met ons saligheid te make en wel om die
volgende rede. Goeie werke is altyd die vrug van ware geloof
in Christus. Die doel van goeie werke is om God te vereer.
“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle
goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is,
verheerlik.” (Mattheüs 5:16). Dit is maar eenmaal so dat
geredde mense God wil verheerlik. Indien hulle nie God wil
verheerlik nie, dan is die kans goed dat hulle nie gered is
nie. Die twee gaan hand aan hand.
Dit is natuurlik die punt wat Jakobus maak,
Hy maak dit duidelik dat geloof en werke saamgaan soos
liefde en die huwelik, en “Liefde en trou gaan saam soos
perd en koets”, (Dis’n lied uit die veertiger of dertiger of
jare, nie waar nie? Die illustrasie is seker nie meer só
toepaslik in terme van liefde en trou nie. Ek sien in elk
geval deesdae nie juis meer perde en koetse nie. Ek het
probeer dink aan ander illustrasies van dinge wat saamgaan.
Miskien donderweer en blitse (alhoewel hoe nader hulle aan
mekaar kom, hoe erger, u weet mos).
Donderweer en blitse gaan nie altyd saam
nie. Met hitte bliksemstrale hoor u nie die donderweer nie.
Gevolglik het iemand met ’n beter illustrasie na vore gekom
– sonskyn en skaduwee. Dit geld egter nie vir die inwoners
van Seattle nie (dis byna altyd koud en nat in Seattle).
Wanneer die mense van Seattle gevra word wat hulle in die
somer doen, sal hulle antwoord, “As dit op ’n Sondag kom,
sal ons gaan visvang.” Miskien moet ons eenvoudig die
illustrasie verander na lig en skaduwee. Hulle gaan altyd
saam.
Volgens Jakobus gaan werke en geloof saam,
hulle is onskeibaar. Ware geloof gaan ware werke produseer.
Miskien is dit waarom die Bybel kan sê dat ons deur ons
werke geoordeel en beloon gaan word. God het nie bedoel dat
Sy profete en goddelike skrywers die indruk moet laat
ontstaan dat ons enigsins deur ons werke gered kan word nie.
Maar as geloof en werke nog altyd saam was, nooit
afsonderlik nie, nooit alleen nie, dan, as u sê dat ons word
deur werke gered, bedoel u eintlik u word deur geloof gered.
Boonop is God daartoe instaat om ons te oordeel en vergoed
volgens ons werke, aangesien Hy bekend is met die motiewe
agter ons werke.
Ek neem op ’n keer ’n begrafnis, regs langs
die vars graf van ’n lid van die Hell’s Angels bende, waar.
Die grafsteen het gespog met die die inskripsie: “Vir ewig
’n rebel.” Wat ’n grafskrif! Ek was onmiddellik kwaad, ek
wou ontslae raak van daardie graf, die grafsteen, sommer
alles. Wie sou tot die wêreld uitroep “vir ewig ’n rebel”?
Toe begin ek dink, net God weet wis wat hom motiveer het.
Wanner ons eie jongmense uit die kerk rebelleer omdat hulle
te veel hoor van geregtigheid deur die werke van die wet,
ken net God hulle harte en kan Hy alleen hulle oordeel. Is u
nie dankbaar dat wat die oordeel van mense se optrede
betref, ons in beter hande as ons eie is nie?
Jakobus maak dit duidelik dat as u regtig
geloof het, sal u dade dit aantoon. Hy praat nie soos Paulus
van dit wat verlossing veroorsaak nie.Dis die punt
wat ons dikwels miskyk. Jakobus vertel hoe om te bepaal of
iemand opregte geloof het. Hoe weet u? As ’n persoon opregte
geloof het, gaan hy belangstel in goeie werke—God se werke,
nie sy eie nie.
Dis bemoedigend om te weet dat God se werke
my werke kan word. Luister na hierdie interesante stukkies
insig:
Here, U sal vir ons vrede beskik, want U het
ook al ons werke vir ons volbring (Jesaja 26:12).
Want dit is God wat in julle werk om te wil
sowel om te werk na sy welbehae (Filippense 2:13).
Mag die God van vrede, wat die groot Herder
van die skape, naamlik ons Here Jesus Christus, deur die
bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen deur in
julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom (Hebreërs 13:20,
21).
Ek stel belang in goeie werke—Syne! En u?
Kom ons bid en studeer dat, soos wat die kerk met hierdie
strydvraag sukkkel, ons nie opeindig met slagspreuke oor
verlossing wat ons weglei van goeie werke nie. Laat ons
inteendeel, na verlossing kyk deur geloof, liefde, vergifnis
en aanvaarding, en God se goeie werke wat daarby aansluit.
Hoofstuk vier
Swart, Wit of Grys
Deel een
Ek hou nie van dasse nie, maar daar is tot
dusver nie ’n meer gerieflike plek om die lapelmikrofoon te
hang nie wanneer ek ’n kerk toespreek nie.. Ek sal soms voor
my vrou opstaan, gaan werk en as dan later huistoe kom, sal
my vrou na die botstende kleure van das kyk en sê, “Jy het
nie regtig dít gedra nie, het jy?” Ek moet net toegee, ek
het. Ek dra maar die das kerktoe, want ek wil niemand
aanstoot gee nie. Party mense sal aanstoot neem as ek sonder
die das sou opstaan om te preek. Nie waar nie?
Wanneer dit kom by ware gehoorsaamheid, hoe
besluit ons tussen reg en verkeerd. Hoe vestig ’n mens
kerkstandaarde en persoonlike etiek? Ek hoop nie, dat
wanneer u die titel “Swart, wit of grys” lees, u
veronderstel dat dit oor rassisme gaan nie. Ek het die titel
doelbewus gekies, omdat ons almal bekend is met die stryd
tussen reg en verkeerd. Die meeste van ons is vertroud met
die swart gebied, naamlik om die verkeerde ding te doen vir
die verkeede rede (soos om ses miljoen Jode om te bring vir
die pret, of net oor ek hulle haat). Ons is net so bekend
met die wit area, naamlik om die regte ding te doen vir die
regte rede (soos om kerk toe te gaan, omdat ek God liefhet).
Die grys gebied maak ons egter deurmekaar.
Selfs die bepaling van watter area grys moet wees, is
moeilik. Miskien kan ons begin deur te sê dat om die regte
ding te doen vir die verkeerde rede en die verkeerde te doen
vir die regte rede, is reeds grou. Maar watter metode volg
’n mens om te onderskei tussen reg en verkeerd in die grys
area,?
Uit persoonlike studie, persoonlike
ondervinding en gevallestudies het ek gevind dat die duiwel
dol is oor die grys gebiede. Hy neem nooit ’n mens van wit
na swart met een groot sprong nie. Hy neem ’n mens deur die
grys. Of hoe? Niemand verander oornag van ’n onskuldige baba
na ’n moordende krimeneel nie. Die afdraande pad, wat die
duiwel so lief is voor, is altyd geleidelik en meestal deur
die grys gebied. Ons mag selfs niks verkeerd sien met die
eerste tree nie, behalwe dat dit lei na die tweede tree.
Dikwels kom ons niks agter totdat ons terugkyk nie.
Kom ons kyk na die kwessie van persoonlike
etiek en standaarde. Miskien baan dit die weg vir die
aanspreek van kerketiek en kerkstandaarde.
Mense het verskeie metodes om tussen reg en
verkeerd te bepaal. Die oudste daarvan is seker, “Aag, bly
net in die middel van die pad.” Een van die grootste
probleme in die Christelike kerk vandag is juis die groot
aantal middel-van-die-pad gematigdes wat nie hul kruise kan
neerlê, omdat hulle dit nog nooit opgeneem het nie. In die
gemeente wat in Openbaring bekend staan as Laodicéa
(louwarm) is die middel van die pad heel waarskynlik nie die
aangewese plek om te wees nie. Nie waar nie? In die louwarm
kerk (volgens profesie is dit, net voor die wederkoms juis
die plek waar die meeste van ons ons gaan bevind) gaan die
middelbaan nie die geskikte een wees nie.
Sommige mense sal verklaar, “Een manier om
te besluit wat reg en wat verkeerd is, is om te doen wat
Jesus sou doen.” Vele boeke, soos “The Imitation of
Christ” deur Thomas à Kempis is al geskryf oor hierdie
onderwerp. Of Charles Sheldon se boek “In His Steps”,
wat handel oor ’n hele kerk wat besluit om te doen wat Jesus
sou gedoen het. Die probleem hiermee is dat ons bepaling van
wat Jesus sou doen, sterk beïnvloed word deur ons onderskeie
agtergronde, ons verwysingsraamwerke en ons kultuur. Daar
bestaan baie verskillende opinies oor wat Jesus sou doen. Ek
weet van konserwatiewe Christene wat reken dis verkeerd om
rolbal of potspel te speel. Ek is bekend met ander
Christene, wat net so geïntereseerd is in Christus, wat weer
gemaklik sal wees hiermee. Dit hang af hoe u grootgemaak is.
Dus, om eenvoudig te vra “Wat sou Jesus doen” bied moontlik
nie die oplossing nie.
Dan kry jy weer mense wat briewe stuur aan
die Adventist Review om te vra of dit in orde is om
op Sabbat aartappels te bak in ’n oond. As predikant is ek
al velemale na die telefoon ontbied want gemeentelede spook
met sulke vra. Hierdie tipe vrae is vir my moeilik. Ek
antwoord dan, “Op u knieë my vriend, op u knieë en in u eie
binnekamer.” Om ’n antwoord van die kerk se hoofkantoor te
kry is eie aan die groot kerke van die wêreld wat nie hulle
lede geleer het om te dink nie. Selfs in daardie einste
kerke word die mense in die laaste paar jaar aangemoedig om
te dink (dank die Here daarvoor).
Nog ’n benadering om te besluit tussen reg
en verkeerd is om te vra, “Wat doen die ander? Wat doen die
meerderheid?” Ek vertrou u besef hoe naïef hierdie
benadering is. Ek ry eendag om ’n sirkel in Ohio terwyl die
streep in die middel van die twee bane aan my kant geverf te
word. Die aanwysings was duidelik “Moenie verbysteek nie!”
Maar ek het ongeduldig geword om agter iemand te bly wat te
stadig na nêrens oppad was. Toe die die voertuig reg voor my
van baan gewissel het (en in die proses sy bande vol wit
verf kry), het ek gevolg, en die verkeersbeampte agter ons
ook. Hy’t ons albei afgetrek en die vir eerste oortreder ’n
kaartjie uitgeskryf. Toe hy by my kom wou hy weet “Hoekom
het jy verbygesteek?” was my antwoord: “Omdat hy het.” “ Met
ander woorde as hy van die Brooklyn Brug afgejaag het, sou u
hom volg?” Net daar, by die Ohio verkeersirkel, het ek besef
hoe dom dit is om iets te doen, net omdat ander dit doen.
Watter metode volg u dus om te bepaal tussen
reg en verkeerd, veral as dit by die grys gebiede kom? Hoe
stel u persoonlike standaarde vas veral as dit kom by
musiek, ontspanning, boeke, TV, kleredrag en voorkoms?
Die tipiese standaarde van die Christelike
kerk is oorgedra uit die vorige eeu, gevolglik skiet mense
hulle graag af. Om die waarheid te sê so baie van wat ons
daaroor hoor is negatief, dat ek gereken het dat ons gerus
hulle kan beskou uit ’n positiewe perspektief. Ek wil my
uitspreek ten gunste van persoonlike etiek, Christelike
standaarde en selfs kerkstandaarde.
In die Bybel vind ons ’n teks wat skrams
hierdie onderwerp aanraak.
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in
die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die
liefde van God nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld
is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van
die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader
nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy
begeerlikheid, maar hy wat die wil van die Vader doen, bly
vir ewig. (1 Johannes 2:15-17).
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge van
die wêreld.” Dit is ’n goeie beginsel. Maar indien ek vandag
in Pennsylvania of in sekere dele van Iowa of Missouri gebly
het, sou ek vind dat dit verkeerd is om ’n moter te besit.
Ek sou daar met ’n perd en koets gereis het. Hoekom? Want
sommige van daardie gemeenskappe beskou ’n motor as wêrelds.
Ek het ’n vriend gehad wat gereken het dat dit is
buitensporig om ’n horlosie te dra. “Dit is van die wêreld,”
was sy mening..’n Mens se siening van reg en verkeerd word
weereens beïnvloed deur ons agtergrond, ons subkultuur, ons
denkwyse. Hoe gaan ons “die wêreld” definieer.
Ons hoor dikwels mense sê, “God het ons
verstande gegee om te dink. Waarom gebruik ons nie die brein
wat aan ons gegee is nie?” Wanneer ons hierdie benadering
oorweeg, gaan ons terug na die Tuin van Eden waar die slang
vir die vrou by die boom gesê het, “Julle sal gewis nie
sterwe...julle oë sal oopgaan” (sien Genesis 3:4, 5).
Miskien sal ’n toepassing van daardie ou verhaal van pas
wees. Dink u werklik dat u God is, dat u kan onderskei
tussen reg en verkeerd met u eie denke, u eie logika en
rede? Is dit nie ’n pynlike realiteit dat die meeste van ons
logika en rede net ons uiterlike gedrag kan behartig nie?
Daarin lê die probleem. Die Bybel sê dat mense na die
uiterlike kyk, terwyl God waar kyk? Die hart (Lees 1
Samuel16:7).
Spreuke vertel ons dit is uiters belangrike
is om die sake van die hart te oorweeg. Wanneer die Bybel
van die hart praat, verwys dit eintlik na die verstand, die
innerlike motiewe en doelstellings. “Bewaar jou hart meer as
alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge
van die lewe” (Spreuke 4:23) [die KJV praat van “issues of
life”]. Jesus het dit vir die Fariseërs, wat probeer het om
alles aan die buitekant skoon en vlekkeloos te hou, duidelik
gestel dat dit onbeduidend was vergeleke met die innerlike.
Miskien is een van die beste metodes om die
grys areas te verstaan, hoekom ons doen wat ons doen, om te
ondersoek wat binne aangaan. Kan ons? Die Bybel sê,
“Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit;
wie kan dit ken?” (Jeremia 17:9). Is ons dus in staat om te
bepaal hoekom ons dinge doen? Dit is vanselfsprekend dat God
nie net kyk na wat ons doen nie; Hy kyk hoekom ons doen wat
ons doen. Dit klink na goeie nuus. Sou dit nie die moeite
werd wees om Hom te vra om ons te help verstaan hoekom ons
doen wat ons doen nie? Dit mag die bepalende faktor wees
wanneer dit kom by die keuse tussen swart en wit, wanneer
dit nader aan grys kom?
Nog ’n riglyn wat my kan help in terme van
my verhouding met die Christelike gemeenskap vind ons in 1
Thessalonisense 5:22 waar Paulus aan die Christelike Kerk
sê, “Onthou julle van elke vorm van kwaad.” Dit wil voorkom
of daar sekere dinge is wat nie boos is nie, maar boos lyk.
Vermy dit, maan hy. Ek praat weereens van beginsels, nie
besonderhede nie. Ek is terdeë daarvan bewus dat
besonderhede Christene kan polariseer soos min. ’n Goeie
beginsel is dus vermy elke vorm van kwaad.
Nog ’n beginsel wat duidelik die Christen
binne die Christelike samelewing betrek, is invloed. Drie
skrifture adresseer die saak loodreg. In Romeine 14:7 maak
Pualus dit duidelik dat een van die vernaamste maniere om te
besluit tussen reg en verkeerd, veral waar ons nie ‘n
hoofstuk of vers in Skriftuur daarvoor vind, is hoe dit
iemand anders moontlik kan beïnvloed: “Want niemand van ons
leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.” Dan
in vers 10, “Maar jy, hoekom veroordeel jy jou broeder? Of
jy ook, hoekom verag jy jou broeder?” En vers 12, “So sal
elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.” Iets
om te onthou. Vers 13 voeg by, “Laat ons dan mekaar nie meer
oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ’n
hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.” Vers 16,
“Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad
gespreek word nie.” Met ander woorde, iets mag vir my goed
wees, maar boos vir iemand anders. Dan, in vers 21 gee hy
ons die beginsel: “Dit is goed om geen vlees te eet of wyn
te drink of iets te doen waardeur jou broer aanstoot neem of
struikel, of waarin hy swak is nie.”
Tydens ’n bespreking van hierdie einste vers
by ’n kerkbyeenkoms, het iemand gesê, “Dan sal ek liewers
nie in die oggend opstaan nie.” Waarop iemand anders
geantwoord het, “Om in die bed te bly mag vir iemand anders
weer ’n struikelblok wees, jy kan net nie wen nie.” Tog moet
God iewers in hierdie geestelike dinkskrum hulp verleen.
Maar invloed is volgens Paulus se skrywe, beslis ’n
beginsel.
Kom ons beweeg aan na die tweede gedeelte,
waar Paulus dieselfde kwessie aanspreek.
Maar pas op dat hierdie vryheid van julle
nie miskien ’n struikelblok word vir die wat swak is. Want
as iemand jou kennis het, aan tafel sien in ’n afgodstempel,
sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie aangemoedig word om
van die offervleis aan die afgode te eet? En moet die swakke
broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou
kennis? Maar deur so teen die broers te sondig en hulle
gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen
Christus. Daarom as voedsel jou broeder laat struikel, sal
ek in der ewigheid nooit vleis eet nie,om my broeder nie te
laat struikel. (1 Korintiërs 8:9-13).
Hierdie hoofstukke is in die dae van Paulus
neergepen. Die heidene het die gewoonte gehad om nie net
vlees voedsel, maar om alle kos aan hul afgode te wy. Jy kon
mark toe gaan en kos koop wat reeds toegewy was en kon jy
gouer by aandete uitkom. Daar was sommige Christene wat ook
van die geofferde kos gekoop het en ander het ’n bohaai
opgeskop oor of dit reg of verkeerd was om dit te eet. Wat
Paulus sê is, “Wat daarvan. Voedsel wat geoffer is beteken
in elk geval niks, maar as dit iemand sal laat struikel,
moet dit dan nie eet nie.”
Dan het hy nog iets kwytgeraak wat die
indruk laat dat hy dubbelsinnig is. Ons kry dit in 1
Korintiërs 10:23, 24. “Alles is my geoorloof, maar nie alles
is nuttig nie.” Natuurlik bedoel hy dit binne die perke van
God’s Woord.. Wat God nie belet, is geoorloof, maar nie
noodwendig nuttig nie. ”Alles is my geoorloof, maar nie
alles stig nie. Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar
elkeen die voordeel van ’n ander.” Let op na vers 25, 28.
“Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om
navraag te doen, ter wille van die gewete...Maar as
iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer-moet dit dan nie
eet nie.” (ek kursiviseer). Dus, as iemand aanstoot sal
neem omdat u dit nie eet nie, eet dan. Dit hang af saam met
wie u is. Dan voeg hy in vers 32 by, “Wees dan geen oorsaak
van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van
God nie” (nie eers met jou das nie).
Blykbaar is sommige dinge glad nie moreel
van aard nie. Dit maak dus nie saak of u dit doen al dan
nie. Maar hulle word moreel as iemand aanstoot neem of
daardeur kan struikel.
In die tyd toe die kerke nie ’n sê gehad het
oor wie hulle predikant gaan wees, is ek oorgeplaas na ‘n
nuwe gemeente in Colorado en het as totale vreemdeling daar
aangekom. Ek het my pak klere by die droogskoonmakers
ingehandig sodat dit gereed sou wees vir Sabbat en is na die
Woensdagaand biduur. Ek het in die agterste ry my plek
ingeneem en na die ouderling geluister wat die diens
uitgelei het. Na afloop van die diens het hy nader gekom en
gevra, “Wie is jy?”
“Ek is jou nuwe predikant.”
“Ek dog so,” antwoord hy.
Toe ek my pak by die droogskoonmaker gaan
haal was daar tot ’n sakdoek in die boonste sak. As ’n reël
dra ek nie ’n sakdoek in die boonste sak nie, maar aangesien
ek gereken het dis oulik, het ek daardie Sabbat my eerste
preek gelewer met die sakdoekie in plek. Na die diens is ek
genooi vir middagete—die tyding het reeds die rondte gedoen.
’n Broer in die gemeente het die woord versprei: “Pas op
vir hierdie predikant. Hy gaan die boodskap verlaat. Hy gaan
nog afvallig word, want hy dra ’n sakdoek in sy pak klere se
boonste sak!”
Toe die tyding my bereik het ek besluit om
die volgende week twee sakdoeke in my sak te steek, twee of
’n groot rooie. Nee wag, dog ek. As ek dit doen, is my
probleem soortgelyk aan syne. Dis duidelik dat hy ’n
probleem daarmee het. Ek is veronderstel om sy predikant te
wees, en ek wou hom help. Ek het nie die sakdoek in my sak
nodig gehad nie. Dus neem ek die standpunt in dat ek nie
weer ’n sakdoek in my bo-sak sou dra, ten minste nie in
daardie gemeente nie.
Ek het hierdie storie oorvertel, waarna
mense my sou roskam daaroor, “Kom nou, moenie mense so sag
hanteer nie. As hulle ’n probleem het, dan is dit mos hulle
probleem. Moenie so maklik toegee wanneer mense so ’n
mentaliteit handhaaf nie.” Dit is nie wat Paulus sê nie. Dit
is waar die toets vir Christelike broederskap intree. Paulus
maan, wanneer daar swak mense in jou teenwoordigheid is en
hulle mag struikel vanweë u optrede, moet dit nie doen nie.
As u daarsonder kan klaarkom, moet dit nie doen nie. Is dit
nie die Bybelse beginsel nie?
Ek sou graag wou terug rapporteer dat
hierdie man tot bekering gekom het en een of ander
belangrike geestelike leier geword het. Ek kan nie. Ek kan
wel sê dat ons goeie vriende geword het, en dat ons talle
goeie gesprekke gevoer het. Ek was graag, na die beste van
my vermoë, sy herder, en wel sonder die sakdoek.
Sou ons met veiligheid die volgende
beginsels vir Christene aanbeveel: Indien ek kan klaarkom
sonder iets wat vir iemand anders ’n struikelblok kan wees,
maak dan so. Is dit redelik? Dit wil vir my voorkom dit is
wat die Bybel ons leer.
Maar wag ’n bietjie. Is logika en rede of
Bybelse redenasies, vir wat om te doen of nie doen, genoeg
om al my probleme op te los? Of bestaan daar ‘n dieper
oplossing vir die grys area probleem? Ek reken daar is.
Jesaja 30:21 sê, “jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat
sê: Dit is die weg, wandel daarop!” In Johannes 10:4, 5 sê
Jesus na regte, “My skape hoor my stem en volg my.” Johannes
16:13 deel ons mee dat die Heilige Gees “[sal] julle in die
hele waarheid lei” Filippense 2:13 voeg by “want dit is God
wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy
welbehae.” In Galasiërs 2:20 sê, “Ek is met Christus
gekruisig, ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my”.
Hier het ons iets veel groter as om die kerk
te vra of om aan hoofkantoor te skryf vir antwoorde. Dit het
eerder te doen met ’n verhouding met God waarna ons ons eie
tekens ontvang. Om eenvoudig met logika en rede te bepaal of
’n probleem reg of verkeerd is, is onvoldoende. Ek sal moet
uitvind hoe om tekens van bo te ontvang.
In teendeel op grond van hierdie Bybelse
beginsel, wil ek voorstel dat die enigste persoon wat
hoegenaamd bekwaam is om selfs reg en verkeerd te
bespreek, om nie eens te praat van weet, wat reg
en verkeerd is, is die persoon wat ’n lewendige, dag vir dag
verhouding met Jesus het. Dit is al manier.
Gestel dat ons ’n groepbespreking wil hou
oor of dit reg of verkeerd is om die nuutste fliek te gaan
kyk, sal dit nodig wees dat die groep wat die bespreking wil
hou, ten einde ’n geldige bespreking te hê, aan twee
kriteria moet voldoen: Een, dat hulle wat aan die bespreking
wil deelneem ten minste die fliek gesien het en tweedens,
dat hierdie mense genoegsame tyd op hul knieë met God se
Woord op ‘n daaglikse basis deurbring.. Dan kan ons mos ’n
geldige bespreking hê oor reg en verkeerd. Maak dit sin?
Dan het ons die voorbeeld wat vir ons gestel
is deur die Een wat ’n lang uitgerekte en duur besoek hier
afgelê het, ten einde ons te red.
In die vroeë kerk het hulle gedoop deur
onderdompeling en voete gewas met nagmaal. Toe sê iemand,
“Dit is nie gerieflik nie. Jy word nat en moet droogword.
Hoekom dit nie op ’n geriefliker manier doen nie?” Dit is
hoe die meer gerieflike manier van dinge doen, ons kant toe
gekom het. Ek kry egter niks in die Skrif wat aandui dat
gerief die basis van kies moet wees nie. Ons moet te werk
gaan op die basis van wat God verwag.
Mag ek jou daaraan herinner dat dit nie vir
Jesus gerieflik was om vir ons te kom sterf nie. Dit was nie
vir Hom gerieflik om bloed te sweet in die Tuin van
Getsemane nie. As ons na Jesus kyk, sien ons nie ’n middeweg
gematigde wat probeer wegkom met minimum vereistes nie. Op
die gebied van onderwys of medisyne ontsien ons nie so ‘n
gesindheid nie. Wanneer ek ’n geneesheer gaan sien, soek ek
nie iemand wat met die laagste standaarde deurgekom het nie,
ek soek iemand wat hoog gemik het, nie waar nie?
Daarom wil ek die volgende aanhaal uit
Skrede na Christus. Bl 47:
Diegene wat die dringende liefde van God
voel, vra nie hoe min hulle moet gee om aan die eise van God
te voldoen nie; hulle vra nie wat is die laagste peil nie,
maar streef daarna om volkome volgens die wil van hulle
Verlosser te lewe. Met die grootste bereidwilligheid gee
hulle alles oor, en hulle belangstelling is volgens die
waarde van die doel wat hulle nastreef. ’n Belydenis van
Christus, sonder hierdie groot liefde, is sommer net woorde,
nuttelose vormdiens en slawerny.
Vir my maak hierdie sin. Indien ek verstaan
dat ek gebore is om vir ewig te lewe, maar dat ek slegs
sewentig jaar hier gaan deurbring, omdat God iets veel beter
beplan, dan wil ek bekend wees met al die beginsels van Sy
koninkryk. Dan wil ek ook hê dat Hy my moet lei om hierdie
beginsels te volg, instede daarvan dat ek probeer uitwerk
met hoe min ek oor die weg kan kom. Stem u saam?
Ek pleit dus met u, kry in u geestesoog ’n
beeld van die Een wat in die tuin geswoeg het en daar
besluit het om ten spyte van die sweet, die stres, voort te
gaan om my en u te red. Sal u nie ook, in antwoord op
daardie liefde, ’n algehele oorgawe maak nie.
Hoofstuk vyf
Swart, Wit of Grys
Deel twee
Iemand vra eendag vir H.M.S. Richards, “Is
dit geoorloof vir vrouens om grimering te dra?” Hy’t
geantwoord, “As die gebou verf nodig het, verf dit.” Wat hy
presies daarmee bedoel het, weet ek nie, ek wens net ons
antwoorde kon almal so eenvoudig wees.
Feit is, dat antwoorde selde maklik is, as
dit kom by kerkstandaarde en etiek. Wat is reg en wat is
verkeerd? Wat doen ons omtrent die grys areas? Die duiwel
neem nooit ’n persoon van wit na swart in een sprong nie.
Hy neem hulle bietjie vir bietjie deur die grys areas. En
hoe besluit ’n mens tussen reg en verkeerd in die grys areas
as dit kom by, waar om te gaan, wat om te eet, watter
musiekstandaarde, ontspanning, leesstof, televisie, en
kleredrag?
Om hierdie vrae te beantwoord. moet ons
poog om beginsels aan te spreek. As predikant kry ek dit
gereeld dat mense my wil dwing om besonderhede te verskaf,
maar ek probeer dit vermy. Sien, ek het twee tieners in die
huis gehad, ’n seun met lang hare en ’n dogter met kort
rokkies. Ek het ’n probleem gehad, want ek het probeer om
altwee te beïnvloed in hulle optrede. Ek wis egter dat beide
nog nie hul harte aan Jesus oorgegee het nie. Ek glo nie
daaraan om van godsdienstige aangeleenthede, kerkstandaarde
of persoonlike etiek ’n strydpunt te maak as die persoon sy
of haar lewe nie aan Jesus gegee het nie. Jy kan nie. Indien
jy daarop aandring, mag jy hulle besluit negatief beïnvloed,
want hulle sien, dan kom God en Hy bederf hulle leefstyl. Ek
het dus besluit dat dat ek hulle sal sê wat ek van
hulle verwag. Toe hulle redes soek was my antwoord. “Omdat
ek so sê. Dis al.”
Baie van die reëls en regulasies in ons
skole het niks te make met God, geloof of godsdiens nie. Ons
kan ook nie dit so laat blyk as daar baie jongmense is wat
nog nie ’n oorgawe aan Jesus gemaak is nie. Wanneer dit wel
gebeur het, en hulle ’n verhouding met God het, dan maak dit
sin. Tot dan, nee!
Ons weet dat in elke gemeente is daar mense
teenwoordig wat luister, maar nog nie hul harte aan Christus
gegee het nie. Ten einde hulle nie af te skrik, gee ons
minimum detail. Daarom praat ons eerder van beginsels.
Toe ek ’n bietjie nadink oor die
belangrikheid van beginsels, het ek aan die ruimtevaarders
gedink wat voorberei voordat hulle die ruimtereis kan
onderneem. Was ek ’n ruimtevaarder sou ek kyk hoeveel ek uit
die opleiding kan kry, nie hoe min aandag ek aan die reëls
en standaarde kan gee nie. Ek sou mik vir onderskeiding, sou
u nie?
Die onderliggende boodskap uit hierdie
illustrasie, is dat ons standaarde, ons reëls, ons
voorskrifte en ons etiek het iets te make met van die aarde
af hemel toe gaan.. Laat ek dus verder opsom en verduidelik.
Wanneer ons praat van reg en verkeerd, verwys ons nie na dit
wat ons in die hemel kry nie, ons kom in elk geval in die
hemel slegs op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Deur
laasgenoemde te aanvaar en daagliks in ’n verhouding met Hom
te bly, totdat Hy kom, is ons metode van verlossing. Aan die
ander kant, het my besluite oor reg en verkeerd en my
lewenstyl in terme van die grys areas, tog iets te make met
my verhouding met Jesus.
Ek het daardie ontdekking gemaak een nag toe
ek die baie laat fliek gekyk het. Dit het gegaan oor ’n
misterieuse moord, ek het dit goedgeag, omdat daar ’n
sendeling in die storie betrokke was. Die volgende môre was
my Koning van die Eeue bra vervelig. Dit het my
stiltetyd affekteer. Wat ookal ek my mee betrokke raak, waar
ek gaan, wat ek doen, as dit my persoonlike wandel met Jesus
benadeel, dan het dit mos iets te make met my reis van die
aarde na die hemel. Nie waar nie?
Selfs die nuwe teologie teoloë, wat reken
regverdigmaking is die ganse evangelie en niks meer, sal
heimlik beaam dat, “God kan niemand regverdig maak tensy Hy
hulle ook heilig maak nie.” Wanneer ons dus praat oor
kerkstandaarde of persoonlike standaarde, wanneer ons praat
van vasstel wat reg of verkeerd is, dan spreek ons iets aan
wat ’n uitwerking op ons verlossing het as dit ons
verhouding met Jesus affekteer.
Tot dusver het ons vier beginsels
geïdentifiseer waarmee ons kan bepaal wat reg en wat
verkeerd is:
Nommer een: Wat
is my motief? Kan ek God vra om my te help verstaan? Wat wil
ek regtig uit die situasie kry? (Ons het gewoonlik twee
redes waarom ons iets wil doen. ‘n “Goeie” en ’n regte
rede!)
Nommer twee:
Vermy elke voorkoms van kwaad. Hierdie sou nie veel gepla
het as ons gestrand was op ’n verlate eiland nie. Maar nou
is ons nie, hier is mense en die skyn van kwaad kan God
oneer aandoen.
Nommer drie: Die
beginsel van invloed. Ons het nog nie genoeg krediet gegee
aan die klein dame wat baie boeke geskryf het oor die mag
van invloed nie. Ons mag dink hierdie skryfster is die
styfste, mees konserwatiewe lang gesig persoon wat ooit in
die omtrek was. Tog het Ellen White die spyker op die kop
geslaan wanneer dit hierby gekom het. Wanneer dit by
standaarde kom, het ons allerhande verskonings oor hoekom
ons moet of nie moet nie. Vir haar was die invloed wat dit
op iemand anders mag hê van primêre belang. Moenie enigiets
doen wat iemnd sal laat struikel of aanstoot sal gee nie
veral as u dit nie regtig nodig het nie of daarsonder kan
klaarkom.
Ek het die woord struikelblok
[offended, offend] in my rekenaar ingepons en ontdek ’n teks
deur die psalmis, wat ons een of ander tyd moes gehoor het:
“Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is
daar geen struikelblokke nie” (Psalm 119:165). Hierdie ou
teks het ’n nuwe betekenis gekry. As my optrede vir iemand
in die kerk ’n struikelblok is, bewys dit dat hulle nie God
se wet liefhet nie. Trouens hulle haat dit.
As ek dus iets doen wat ander mag dink
verkeerd is omdat hulle konserwatief of, onbuigsame
handhawers van God se wet is, en hulle neem aanstoot, bewys
dit net dat hul nie die wet liefhet nie. Want “die wat U wet
liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen
struikelblokke nie.” Die waarheid is hulle haat die wet en
is skynbaar bang dat ek mag wegkom met iets wat hulle nie
kan doen.
Een moontlike reaksie op sodanige optrede
kan wees, “Kook in jou eie sous.” Paulus se aanbeveling is
anders, “ Moenie hulle tenakom wat die wet haat en wat hul
lewe lank volgens die wettiese stelsel hare gekloof het
nie.” Paulus sê, moenie aanstoot gee nie. “Maar hulle moet
hul eie probleme hanteer.” “Nee, maak dit sommer joune ook,”
sê hy. Moenie aanstoot gee nie. Dit is ’n Bybelse beginsel,
want ons probeer mense help weg- beweeg van hulle probleme,
na iets beter.
Nommer vier:
Waarheen lei dit ons? Wat hou nog daarmee verband? Die
meeste van ons is bekend met hierdie tipe storie. Ons kan
baie verhale aanhaal van mense wat die afdraande pad, weg
van God geneem het. Die meeste van ons het dit al ervaar.
Jesus het ’n pragtige gebed gebid vir
diegene wat lewens lei wat omring is met afwaartse paaie.
Net voor sy inhegtenisname, terwyl Hy nog ’n wyle met Sy
dissipels vertoef het, het Hy vir Sy Vader gesê, “ Ek bid
nie dat U hulle uit die wêreld wegneem, maar dat U hulle van
die Bose bewaar.” (Johannes 17:15). Ons bereik nie hierdie
Godgegewe standaarde deur kluisenaars te wees of deur alleen
op ’n eiland te bly nie. Ons kom nie daar deur op vlagpale
te sit of om op ’n bed van spykers te lê nie. “Ek bid nie
dat U hulle uit die wêreld wegneem, maar dat U hulle van die
Bose bewaar.”
Die primêre bron van kennis rakende wat reg
en wat verkeerd is, is nabyheid aan Jesus. Met dit in
gedagte, wil ek verwys na die bekende herder en skaap
gelykenis waar Jesus die herder is en ons Sy skape is. Jesus
is tegelyketyd ook die deur na die skaapkraal.
Voorwaar, voorwaar ek sê vir julle, wie nie
by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander
kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower. Maar hy wat by
die deur ingaan is ’n herder van die skape. Vir hom maak die
deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep
sy eie skape by naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy
skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape
volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ’n
vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle
die stem van die vreemdes nie ken nie (Johannes 10:1-5).
Die skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken.
’n Switser vertel my van die tyd toe hy as
seuntjie saam met die bure se seun skape opgepas het op die
berg. Hulle het mekaar se geselskap gehad terwyl hulle saam
na hulle skape omgesien het. Een dag bars ’n geweldige
storm los en moes hulle laat spaander na veiligheid. Met die
blitse, donderstorm, wind en reën het die twee troppe skape
vermeng geraak.
Nadat die storm bedaar het, moes die twee
seuns die onderskeie troppe uitsonder en nogal gespook om
dit reg te kry. Naderhand was hulle gefrustreerd en het
opgegee. “Ons kom nie reg nie, ons sal huistoe moet gaan om
hulp te kry. Dus gaan die twee hul onderskeie rigtings
huiswaarts. Tot hul verbasing het die skape vanself hul eie
herders gevolg. Hulle het hul herders se stemme geken en
gevolg.
In die merkwaardige boek Koning van die
Eeue, kry ons die volgende setaat: “As ons God ken soos
dit ons voorreg is om Hom te ken, sal ons lewe een van
voortdurende gehoorsaamheid wees” (bladsy 564). Die klem val
duidelik daarop dat ons God ken. Die volgende paragraaf
spreek ons tema direk aan.”Wie besluit om niks hoegenaamd te
doen wat God sal mishaag, sal weet, nadat hulle hul saak aan
Hom gestel het, watter rigting hulle moet inslaan. En hulle
sal nie net wysheid ontvang, maar krag.”
Daar is dus ’n volgorde:
-
Die mense ken God een tot een. (Alweer
terug na die verhoudingteologie.)
-
Hierdie mense het ’n probleem, naamlik
die onderskeiding tussen reg en verkeerd.
-
Hulle het onderneem om God nie teleur te
stel nie.
-
Hulle word belowe dat hulle “sal weet
watter weg om te volg nadat hulle Hom geraadpleeg het.”
-
Hulle ontvang nie net die wysheid van bo
om te weet wat reg en verkeerd is in hierdie grys areas
nie, maar kry ook die krag om wat reg is te doen .
Is dit nie goeie nuus nie? Baie mense het
besluit wat is reg, maar kon dit nie deurvoer nie omdat die
krag ontbreek het. Indien iemand reken dat hy groot genoeg
is om, in die eerstens op te tree in terme van die wete
wat reg en verkeerd is, en dan in die tweede instansie die
regte ding te doen, misgis hy hom met wie God werklik is.
Ons is nie groot genoeg om God te wees nie.
Die wêreld het twee soorte mense. Hulle wat
God ken en hulle wat God nie ken nie. Ons vind beide soorte
in elke kerk, myne ingesluit. Buite die kerk kry ons ook
beide soorte. Baie mense is vandag afgesit deur
georganiseerde godsdiens en wil niks daarmee te doen hê nie,
maar stel steeds in God belang en wend ’n poging aan om God
te ken deur Sy Woord en gebed. Opnames het getoon dat van
die twee tipes slegs ’n minderheid in die Christelike kerk
God werklik ken. Die meerderheid hou vas aan geregtigheid
deur oorerwing, geregtigheid deur kerklidmaatskap,
geregtigheid deur etiek of geregtigheid deur herdenking.
Ek gaan nog ’n afleiding waag. Ek glo dat
wanneer dit kom by reg en verkeerd, die mense wat God ken,
baie dieselfde is, ongeag waar hulle hul in die wêreld
bevind. Dit is dieselfde Heilige Gees wat in hulle lewens
betrokke is in en hul verhouding met God. Hy lei hulle in
terme van reg en verkeerd en voorsien die krag om reg te
doen.
Aan die ander kant is hulle wat God nie ken
soos verkleurmannetjies. Hulle word die kleur van die
omgewing waar hulle hul bevind. (Ek neem aan u het al gehoor
van die verkleurmannetjie wat hom op ’n Skotse rok bevind
het en toe stapelgek word!) Dit kan u teen die mure uitdryf
as u tussen reg en verkeerd moet kies slegs op grond van die
geselskap waarin u u bevind.. Maar dit is hoe dit is vir
diegene wat God nie ken nie. Vir diesulkes is godsdiens en
kerk niks meer as ’n klub nie, en hulle pas aan by die norm
van die klub, wat ookal die norm mag wees.
Ek is op ’n keer beroep van die Noordweste
na die suide van Kalifornië. Dit het ons ietwat bekommer,
want ons het al baie gehoor van die “Suid-Kalifornië
Adventiste.” Gedurende die tyd wat ek die herder van die
White Gedenkkerk was, was dit interessant om te let na die
studente wat na die Loma Linda Universiteit gekom het vanaf
die Ooste, die konserwatiewe Ooste. Hulle het konserwatief
arriveer, maar feitlik oornag verander. Hulle het aangepas
by hul nuwe omgewing. Dit was so opvallend dat ’n mens dit
nie kon miskyk nie. Dit het getoon dat hul standaarde, hulle
etiek, hulle leefstyl, is slegs bepaal deur die milieu
waarin hulle hul bevind.
Is daar nie iets dieper wat ons aanspoor
nie? Daar behoort te wees. Ek wil nie hê dat my besluite
rakend reg en verkeerd beïnvloed of bepaal word deur die
mense om my nie.
Jare gelede, tydens my eerste jaar in die
bediening, het ek in die klein dorpie Bakersfield,
Kalifornië, gewerk. Ek was veronderstel om
verantwoordelikheid te neem vir Taft, ’n dorp anderkant die
olievelde. Hier het ’n handvol kerkmensies ywerig hul geloof
met ander gedeel. Dus het ons met Bybelstudies begin en die
mense het gekom. Ek reken ek het in daardie eerste jaar meer
Bybelstudies gegee as enige jaar daarna.
Ek was geboei deur mense wat belang getoon
het in die evangelie. Een jong paartjie kon net nie genoeg
kry in een van die studies nie. Hulle sou versoek,
”Kom studeer op ’n volgende geleentheid saam met ons. Kom na
kerk en eet by ons, dan studeer ons verder.” Ons het die
Bybel bestudeer met elke geleentheid beskikbaar. Hulle aptyt
was onversadigbaar.
Maar uiterlik het die vrou soos die
skarlaken dier en die vrou van Openbaring 17 gelyk. Selfs in
wêreldse terme het hierdie vrou dit oordoen, met ’n
halfdosyn halsnoere, oorbelle tot op haar skouers en arms
vol armbande. Ek meen dit was erg, volledig met donkerpers
grimering. Ons het nooit ’n woord oor grimering of juwele
gerep nie. Ons het slegs die Bybel bestudeer.
Ek het opgelet dat die “verf aan die skuur”
begin verander. Dit het my senuweeagtig gemaak, regtig
senuweeagtig. Ek het geglo dat een of ander wettiese kerk
lidmaat hulle onder hande moes geneem het. Maar dit het
gelydelik gebeur. Die pers het verander na rooi en later
pienk. Die halsnoere het verminder van ses na vyf, na vier,
na een en toe niks. Die oorbelle het al hoe korter geword.
Iewers moes sy ’n geweldige voorraad juwele gehad het. Maar
dit het al minder geword.
Ek het senuweeagtig hieroor gebly , veral
toe ek eendag opdaag en vind dat hulle besig was om stukke
hout te kou. Ek’t gereken hulle makeer! “Wat doen julle?”
Wou ek weet.
“Ons probeer ophou rook.”
“Hoekom? Hoekom wil julle ophou? Het iemand
met julle hieroor gepraat?”
“Nee.”
“Waarom dan al hierdie wysigings aan julle
leefstyl?”
“Ons weet nie.”
Daar was eenvoudig ’n beginsel aan die werk.
Jesus het ingetree en die verandering was spontaan. Ek kan
julle nie sê hoeveel maal ek dit al teëgekom het nie,
wanneer mense met die Bybel betrokke raak, begin hulle dink
oor die dinge van die hemel. Wanneer Jesus toetree vind ons
die enigste regte antwoord op reg en verkeed.
Verskillende individue gaan verskillend
optree in verskillende stadiums van hulle lewens. Ons moet
voorsiening maak daarvoor en nie in mekaar se kaste en
yskaste loer nie. Tog gebeur dit en dit is eg, want hulle
wat God ken, gaan lewens van voortdurende gehoorsaamheid
lei. Hulle sal weet, soos wat hulle tyd met God deurbring,
watter pad om te volg. Dan ontvang hulle ook nog krag en
wysheid.
Watter gevolgtrekking kan ons hieruit maak?
Opregte skape ken die Herder se stem. Hy het Sy sonderlinge
manier om Sy wil aan hulle te openbaar en wel op Sy eie tyd
en onder alle omstandighede. Ek kan dit nie verduidelik nie.
U kan dit nie verduidelik nie, maar ons kan dit ervaar. En
hoe nader ons aan Jesus kom, hoe meer seker is ons oor die
bepaling tussen reg en verkeerd, onder die omstandighede wat
ons ons mag bevind op daardie betrokke stadium.
Daar is ’n besonderse teks van die apostel
Paulus, Hebreërs 12:1, 2: “terwyl ons so ’n groot wolk van
getuienis rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die
sonde wat ons so maklik omring”. Let op die woord “las”. Die
las is nie noodwendig sonde nie, maar dit bly ’n las [ die
Engles praat van ‘weight’]. Dit is iets wat ons terughou van
’n verhouding met Christus. “laat ons elke las aflê en
die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die
wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus” (ek
kursiviseer). Wanneer ons na Jesus kyk, word die laste en
die sonde geaffekteer. Hulle bly agter.
Ek het vir u ’n vraag. Dit is gebaseer op
persoonlike ondervinding met mense wat krisisse in die gesig
gestaar het—tragedie, verdriet, terminale siekte of die
heengaan van ’n geliefde. Het u al ooit opgelet dat daar
sekere dinge, grys area reg en verkeerd dinge, wat in sulke
tye net nie belangrik is nie? Het jy dit al beleef? Dit is
nou maar eenmaal so dat in sulke krisistye kan ons
duideliker bepaal tussen wat belangrik en onbelangrik is.
Ek wil u nog ’n vraag stel. Gestel u het
verseker geweet dat Jesus oor ses maande terugkom, sou dit
enigsins ’n verskil maak aan wat u doen, waar u gaan, of u
lewenstyl, vernaam die grys gebiede? Sou dit? Eerlikwaar? Ek
dink so. Dalk is dit nie ’n slegte vraag om onsself af te
vra.
Gaan daar enigsins “verby skuur” speletjies
gespeel word by die pêrelpoorte van die Godstad? Gaan ons
inhaas met die minimum vereistes en probeer deur die poorte
kom na die hemelse land?
In die ou dae in die Weste was daar ’n
koetsmaatskappy met ’n vakature vir ’n drywer. Die
maatskappy het mense genooi om aansoek te doen om die
betekking. Drie mans het gereageer. Toe daar met die eerste
een ‘n onderhoud gevoer is, is hy gevra, “Is u bekend met
die bergpad waar daar ’n afgrond aan die een kant is en ’n
rotswand aan die ander kant is? Hoe naby aan die afgrond kan
u ry en veilig deurgaan?
Hy’t geantwoord, “Ek het baie ondervinding,
ek kan met veiligheid ’n voet van die afgrond verbygaan.”
Hulle het met die tweede koetsdrywer ’n
onderhou gevoer. Weer het hulle gevra, “Ken u die plek. .
.? Hoe naby kan u aan die afgrond kom en steeds veilig
deurgaan?”
Hy’t geantwoord, “Ek het baie ondervinding.
Ek kan stuur. Ek ken my perde. Ek kan binne ses duim van die
afgrond met veiligheid verbygaan.”
Die derde man is ingeroep en hy’t gesê, “Ek
weet nie hoe na aan die afgrond ek kan kom nie. Maar ek kan
julle een ding vertel, ek gaan so ver van die afgrond af bly
as wat ek kan.” Hy is in diens geneem.
Ek vertel eenkeer hierdie verhaal by die
kerk, ’n lidmaat kom agterna en sê my, “ek ry al jare lank
so ver van die randjie af dat ek tred verloor het van
hoeveel keer ek teen die rontswand geskuur het.” Ek skat dit
gebeur ook, maar die beginsel bly dieselfde. Sal u graag in
die hemel wil woon met mense wat gekyk het met hoeveel hulle
kan wegkom voordat hulle ingaan?
Miskien kan ons Jesus weerspiëel in die dal
van Dura weer sien. Uit die oogpunt van daardie drie
Hebreeuse manne, Sadrag, Mesag en “To-bed-we-go.” (dit is
hoe my seun na hom verwys het, want na die storie, was dit
slaaptyd). Ek kan nog onthou hoe ek as kind na my oom
geluister het wat gepreek het van hierdie drie Hebreeuse
helde. Daardie dag het hulle die partytjie bederf.
Nebukadnésar wou baie seker maak dat daar geen Medo-Persië,
Griekeland of Rome sou wees nie. Dus het hy hierdie reuse
standbeeld laat oprig. Op die maat van die musiek moes
almal voor die beeld buig.
Skielik kom ’n boodskapper na Nebukadnésar
aangehardloop met die berig, “Daar is drie manne wat weier
om te buig.” Hy laat roep hulle. Hy herken dadelik dat dit
sy drie vriende is vir wie hy baie respek het.
Miskien het sy pleidooi soos volg verloop:
“Kom nou manne, ek weet van julle. Ek weet van julle God en
ek het begrip vir dit waarin julle glo. Ek bewonder julle.
Wat ons vandag hier probeer doen is ter wille van die volk
en die koninkryk se onthalwe. Gaan voort en bid tot jul eie
God. Gebruik net een knie en kyk in ’n ander rigting, julle
hoef nie na die beeld te kyk nie. Bid tot jul God, maar moet
net nie ons partytjie omvergooi nie.”
Julle onthou hul antwoord. “Ons ag dit nie
nodig om u hierop ’n antwoord te gee...[ons sal] nie aanbid
nie.” (Sien Daniel 3: 16-18). Hulle was geen middeweg
gematigdes nie. Hulle was toegewy aan die God wat hulle
aanbid het, en niks sou hulle noop om ongehoorsaam aan Hom
te wees nie. Soos wat die Heilige Gees tot u spreek, wil ek
u nooi om in u eie gedagtes te besluit mik nie na die minste
of die meeste waarmee u kan wegkom nie, maar dat u sal mik
na die hoogste standaard.
Hoofstuk ses
Omstandigheidsetiek
“As iemand sou probeer om by my huis in te
breek en my familie leed aan te doen, sal ek tot die dood
toe veg.” Dit was die woorde van my teologie professor op
universiteit. Laterjare, as predikant, het ek twee klein,
bejaarde dames wat langs mekaar gebly het besoek. Ons was al
drie in een van hulle se wonings toe die onderwerp van
sekuriteit ter sprake kom en wat sou gebeur as iemand
probeer inbreek het. Die een dame sê, “ Ek kan maar net op
die Here vertrou.” Die ander het gesê, “Ek het ’n pistool
onder my bed, dit is gelaai en die veiligheidsknip is af.”
Ek kyk so na haar bewende hand en wonder by myself, “Ouma,
as jy so bewe gaan jy sukkel om die muur te tref.”
Soos wat ons die saak van standaarde
aanraak, hierdie Adventiste warmpatat, wil ek standpunt
inneem dat die godsdiens van Jesus Christus in die hart, nie
standaarde afbring nie, inteendeel dit lei my na hoër
standaarde as ooit. Dit maak my nie minder van ’n
Sewendedag-Adventis nie; dit maak my eerder ’n beter
Sewendedag-Adventis. Liefde, vergifnis en aanvaarding doen
nie weg met lewenstandarde nie; hulle verbeter die lewenstyl
ten gunste van God. Dit beteken nie dat al die vrouens
skielik hul hare in bolla’s dra en vierkantige haakskoene
dra of dat die manne soveel swart dra as wat hulle kan, met
lang gesigte nie. Dit doen wel weg met sommige van ons
tradisies, maar dit trek beslis nie die standaard van
Christelike lewe af .nie. Sou dit, dan was dit gewis nie die
godsdiens van Jesus Christus nie. Dus verdedig ek die etiek
en die moraliteit wat die Bybel ons leer.
In hierdie hoofstuk gaan ons kyk na
situasie-etiek, die meer onlangse nuwe moraliteit wat weer
sy opwagting gemaak het. U sou moontlik op TV, in die
koerante en nuustydskrifte daarvan gehoor het. Die groot
kerkgenootskappe ondersoek hulle standaarde, sommige probeer
hulle aanpas by die moderne tyd. Ander probeer voet by stuk
hou. Die term vir hierdie tipe etiek is “geregtelike-liefde”
[“justice-love”] en daar is ’n voortslepende debat oor
waarheen dit ons gaan neem.
Is dit aanvaarbaar om die verkeerde ding te
doen as dit vir die regte rede gedoen word. Dit is die
gedagte agter die nuwe benadering. Is die gedagte bybels? Is
dit aanvaarbaar solank liefde die motief is?
Sommige mense, wat modern dink, reken die
Tien Gebooie is soort van wetties, outyds. Die vraag is,
wanneer dit by Christelike geloof kom, volg ons die Bybel of
maak ons soos ons dink?
Ek onthou lank gelede met ’n evangeliese
reeks was die titel van een preek, “God sê, maar ek dink...”
Ek het nie eers nodig gehad om na die preek te luister nie.
Die titel was veelseggend genoeg. God sê, maar ek dink. Stel
ons belang in wat God sê, of stel ons net belang in wat ons
dink? Gaan ons ons eie God wees?
Met ons bespreking oor standaarde het ons
vasgestel dat invloed ons help in die proses. U het
seker agtergekom, ons bly weg van die besonderhede en spreek
slegs die beginsels van standaarde en etiek aan. Invloed
speel ’n groot rol hierin. Ons het Paulus se geskrifte
hieroor bestudeer. Ons het gesien dat iets wat nie moreel is
nie, skielik ’n morele saak kan word (dan word dit immoreel)
sodra dit iemand nadelig beïnvloed of so iemand tenakom of
laat struikel.
“Wel, dan dink ek ons is te sensitief oor
ander mense se siek verstande.”
“Nee, dis wat God sê.”
“Ek dink ons maak voorsiening vir
kinderagtige mense.”
“Wat saak maak is wat die Woord van God sê,
nie wat ons dink nie.”
Terwyl ons na omstandigheidsetiek kyk gaan
ons ondersoek instel na die moedswillige breek van God se
wet—om die regte rede. Neem byvoorbeld, ’n vrou wat
terminaal siek is. Sy was nog altyd besorgd oor ander mense.
Sy voel sy is ’n oorlas en sal graag haar lewe wil verkort
uit liefde vir die mense wat na haar moet omsien. Sou dit
reg wees? Is daar iets mee verkeerd? Is dit die liefdevolle
ding om te doen?
Wat van die “Desert Storm” konflik in die
Midde Ooste? Sommige meen die probleem lê by die Irakese
leier en dat hy “sjirurgies” verwyder moet word. Dit behoort
nie soveel te kos om ’n sluipmoordenaar te kry nie.
Aangesien derduisende lewens daardeur gered kan word, sou
dit die regte ding wees om te doen? Is dit die regte ding om
te doen, omdat dit liefdevol is, al is dit verkeerd?
Wat van die klassieke voorbeelde wat Joseph
Fletcher gebruik aan die einde van sy boek oor
omstandigheidsetiek. Na hy ’n verduideliking gee oor die
nuwe moraliteit, voorsien hy die leser van gevallestudies om
sy morele tande aan te slyp. Miskien onthou u die geval van
Mev. Burgemyer:
Soos die Russe na die weste beweeg het om
die Amerikaanse en Britse troepe by die Elbe te ontmoet,,
het ’n Sowjet patrollie op mev. Burgemyer afgekom waar sy na
kos vir haar drie kinders gesoek het. Sonder dat sy ’n
geleentheid gegee word om haar kinders te kontak en sonder
oënskynlike rede is sy weggevoer na ’n gevangenekamp in die
Ukraïne. Haar man is tydens die oorlog gevange geneem en is
na ’n oorloggevangekamp in Wallis geneem. Toe hy na Berlyn
teruggekeer, het hy weke lank na sy kinders gesoek. Toe
begin die soeke na hul ma. Hulle het nooit ophou soek na
haar nie. Dit was gebiedend noodsaaklik dat sy kon help
omsien na die gesin in hierdie tyd van honger, chaos en
vrees. In die Ukraïne, het mev. Burgemyer deur ’n simpatieke
bevelvoerder uitgevind dat haar man gepoog het om die
familie saam te snoer en dat hulle op soek was na haar. Die
reëls het slegs om twee redes vir vrylating voorsiening
gemaak. Een was ’n siektetoestand wat gevorderde behandeling
bo die vermoë van die kamp se mediese fasiliteite vereis het
waarvoor sy na ’n Sowjet hospitaal wat nog verder weg was
oorgeplaas sou word en twee, swangerskap, in welke geval die
dame teruggestuur word na Duitsland.
Sy’t die saak goed deurdink en naderhand die
hulp ingeroep van ’n vriendelike Volga Duitse wag. Hy’t
ingestem. Toe die swangerskap medies bewys is, is sy
terugestuur na Berlyn en na haar familie. Sy is met ope arms
ontvang, selfs nadat sy verduidelik het hoe sy haar
vrylating bewerkstellig het. Toe die kind gebore is, was hy
meer geliefd as al die ander in die lig daarvan dat klein
Dietrich meer vir die familie vermag het as enigiemand
anders.
Toe die tyd aanbreek vir sy doop, het hulle
die predikant een Sondagmiddag gaan sien. Na die geleentheid
is Dietrich saam met die ander kinders huistoe gestuur en
het die ouers met die predikant gaan sit om hom te vra of
hulle reg is om te voel soos hulle wel voel oor mev.
Burgemyer en Dietrich. Moet hulle dankbaar voel teenoor die
Duitse wag? Het mev. Burgemyer die goeie en regte ding
gedoen?
Ek het hierdie verhaal ’n klompie jare
gelede op ’n gemeente uitgetoets. Met die middagete is die
saak verder bespreek deur die dames en is daar saamgestem
dat mev. Burgemyer ’n baie slim en wonderlike ding gedoen
het. Hulle het gehoop dat as hulle in dieselfde situasie
was, hulle ook so vindingryk sou kon wees.
In sy boek It All Depends, bespreek
Fritz Ridenour hierdie einste verhaal. Hy daag die nuwe
moraliteit uit en kritiseer dit. Hy haal ander fasette van
die verhaal min of meer soos volg aan: Ten spyte van die
feit dat Mev. Burgemyer ’n edel doel gehad het, het sy
eintlik die ander persoon misbruik vir haar eie doel. Reken
omstandigheidsetiek regtig dat sy die wag soos ’n persoon
behandel het? Het hy ’n familie gehad? In haar ywer vir haar
eie gesin, het sy vergeet van liefde se belang in hom.
Wanneer ons God se reëls oortree, gaan iemand altyd seerkry.
Hierdie kritikus van die nuwe moraliteit
voeg ’n paar hoofstukke by die verhaal: Gestel hierdie vrou
het verwagtend geraak met behulp van die wag en is
vrygelaat, maar sy is twee honderd myl van die huis en dis
winter. Tensy sy gou kos in die hande kry, sterf sy van die
honger. Dan was haar “opofferende egbreuk” verniet. Sy
bereik ’n plaashuis. Die boer bied haar voedsel aan in ruil
vir...ja, u raai reg.
Aangesien die vrou reg was om betrokke te
raak met die wag en sy nou desperaat is om voedsel te kry
kan sy net sowel toegee aan die boer. Sy doen en kry kos. Sy
bevind haarself terug op die pad huistoe, maar besef dat sy
nie die hele ent sal kan loop nie. Sy raak moeg en gaan
doodvries. ’n Trok kom verby en die bestuurder bied haar ’n
saamrygeleentheid, mits... Wel, as die daad met die wag
aanvaarbaar was, asook dié met die boer, hoekom nie die
trokbestuurder nie.
Uiteindelik bereik die vrou ’n stad naby die
dorp waar haar kinders hul bevind. Gestel haar man is nie
finansieel in staat om vir sy gesin te sorg, dan maak dit
prakties mos nie sin om haar met haar gesin te verenig en
dan liefdevol saam met hulle ’n hongerdood te sterf nie. In
hierdie stad is genoeg manne wat belangstel om hierdie vrou
te misbruik en kry sy ’n mooi bedrag geld bymekaar. Trouens,
reken sy, as sy nog meer fondse kan akkumuleer sal sy nog
meer liefde aan haar gesin kan betoon en nog beter vir hulle
kan sorg.
Fritz Ridenour erken dat die verhaal nou
absurd raak, maar dan vra hy die vraag, “Op watter stadium
het die storie absurd geraak?” Glad nie ’n dom vraag nie.
U word dus vandag, nes voorheen, in die
gesig gestaar met die vraag, Is dit reg om die verkeerde
ding te doen vir die regte rede? Of gaan iemand altyd
seerkry? Het God ons tien reëls gegee ten einde die lewe vir
ons moeilik te maak of omdat Hy weet hoe ons saamgestel is?
Ons kan God se reëls sien as nie-beperkingend of as
aanwysings. Wanneer u iets korrek wil gebruik, volg die
gegewe aanwysings en dit sal die korrekte gebruik aandui.
Ek het ’n predikantsvriend wie se vrou
moedeloos geword het wanneer sy probeer naaldwerk doen. Dit
wou voorkom of sy nooit ’n kledingstuk bevredigend kon
voltooi nie.
Hy vra haar,”Volg jy die aanwysings?”
“Wel, ek probeer.”
Hy sê, “Gee my die materiaal en die patroon,
ek sal die rok maak.”
Hy het die aanwysings noukeurig gevolg en
’n pragtige rok gemaak.
Ek het jare gelede deur die Mojave Woestyn
probeer reis met die “vryheid” van nie die
verkoelingsbymiddel van my Honda vervang nie. Ek het nooit
die aanwysings gelees nie Die alluminium silinderkop het
verweer en die silinderpakstuk het gekraak en die vryheid
wat ek geniet het om nie die verkoelingsbymiddel te vervang
nie, het daartoe aanleiding gegee dat ek my vryheid moes
inboet terwyl ek langs die pad in die woestyn sit.
Wanneer u onseker is, raadpleeg die
aanwysings. Dit is nie beperkend nie, dit is openbarend. Dit
is nie, “Aag, moet ek dit doen nie?” Dit is eerder, “Dit is
wonderlik om te weet.” Die oomblik dat u reëls verwerp,
vernietig u uself. U kan nie eers ’n speletjie sonder reëls
speel nie. Dit is wonderlik om te weet waar u hoort. As u
nie weet nie, sal u nie rus tot u weet nie.
’n Universiteithoof deel my mee dat ’n kind
se sekuriteit staan in direkte verhouding tot die
voorspelbaarheid van sy ouers. Enige mens se sekuriteit
staan in direkte verhouding tot die voorspelbaarheid sy
God, die Een wat hom geskep het. Dit staan die mens vry om
te kies of hy vir of teen God se wet is. Maar, gestel dat
hulle daarteen kies, gaan hulle een of ander tyd hul vryheid
verbeur. Dit is hoe dit is.
As daar iets is wat ons vandag behoort te
weet, dan is dit verhoudingsteologie in stede van eenvoudige
gedragsteologie. Die hele beginsel van verlossing deur
geloof is juis gemik teen die poging om uself te probeer
red. Dit gaan oor vertroue in God vir u verlossing. Waarom
sou dit nie van toepassing wees op die Ukraïne of die
gevangeniskamp of die stadige dood nie? Trouens indien u die
redenasies bestudeer rakende standaarde en etiek waarvoor
ons nog altyd bekend was, is dit weereens my voorreg om u
daaraan te herinner dat Ellen White weereens in die kol is.
Ek wil so ’n voorbeeld aanhaal uit die boek
oor die lewe van Christus, Die Koning van die Eeue.
Ek verwys na die hoofstuk wat praat oor Jesus sê verblyf in
die wildernis waar Hy worstel met ’n probleem. Hy is honger.
Hy soek verligting. Wat doen Hy? Hy wag op God om op Sy tyd
verligting en kos te bring. Hy is in die woestyn in
gehoorsaamheid aan God, dus sal Hy nie kos kry deur die
voorstelle van Satan te volg nie. Hy getuig dat dit minder
van ’n ramp is om enige lot te verduur wat jou tref, as om
enigsins af te wyk van die wil van God.
Dit wil voorkom asof gehoorsaamheid aan die
duidelike vereiste van God hom van sy heenkome beroof. Die
Satan sal hom wysmaak dat hy sy gewetensbesware sal moet
prysgee. Maar die enigste ding ter wêreld waarop ons kan
staatmaak, is die woord van God. “Soek eers die koninkryk
van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir
julle bygevoeg word.” Mattheüs 6:33. Selfs in hierdie lewe
strek dit nie tot ons voordeel om af te wyk van die wil van
ons hemelse Vader nie. As ons die krag van Sy woord leer
ken, sal ons nie die voorstelle van die Satan gehoorsaam om
voedsel te verkry of om ons lewens te red nie. Ons enigste
vrae sal wees: Wat is die gebod van God? Wat is Sy belofte?
As ons dit weet, sal ons die een gehoorsaam en op die ander
vertou. (Koning van die Eeue bl.
93)
Klink dit riskant? Klink dit gevaarlik? Maak
dit sin?
Dalk onthou u vir John Weidner, die Christen
wat meer as eenduisend Jode na vryheid help ontsnap het
tydens die Tweede Wêreld Oorlog. Hy is uiteindelik
gearresteer en in die gevangenis gesit. Hy sou die volgende
dag die doodstraf ontvang. Terwyl hy daar sit, dink hy aan
die Bybel en spesifiek aan Daniël se drie vriende wat uit
die vuuroond verlos is en dit het hom met hoop besiel. Toe
dink hy aan Daniël in die leeukuil en hoe hy uit daardie
situasie verlos is. Dit laat hom beter voel. Daarna dink hy
aan Johannes die Doper en hy begin planne beraam om uit die
tronk te ontsnap. Wat het hy gedink? Wat dink ons?
Wat is God se gebod? en wat is Sy belofte?
Het Hy altyd belowe om ons te verlos? Nee. Lees die laaste
gedeelte van Hebreeus 11. Daar vind ons dat mense opgesaag
is, ander is gemartel. Hierdie mense is almal in die geloof
dood, sonder om Sy wederkoms te aanskou. Maar hulle is in
geloof dood. Vertrou ek op Hom, of ek lewe of ek sterwe? Ken
ek Hom goed genoeg dat ek Hom sal vertrou? Vertrou ek Hom
genoeg om te weet ek bevind my in my huidige omstandighede
omdat Hy my daarheen gelei het?
Kan ek Hom tot die dood toe vertrou? Dit is
die vraag. Het Hy nie gesê ons hoef nie bang te wees vir
hulle wat die liggaam doodmaak nie, vrees hulle wat die
siel kan vernietig (sien Mattheüs 10:28).
Huss en Jerome het gesterf terwyl groen hout
stadig om hulle gebrand het. Hulle as is in die Rheinrivier
gegooi, maar hulle vervolgers kon nie naby hulle siele kom
nie.
Is dit ooit reg om verkeerd te doen om ‘n
liefdevolle rede? Die beginsel wat ons voorstel ten einde
hierdie vraag te beantwoord is veelseggend. Dit is
eenvoudig dit: Wie vertrou ek? Gaan dit oor wat kan ek doen
of hoe slim is ek? Is my vertroue in God en wat Hy reken die
beste is vir my? Hierdie beginsel raak vele etiese en morele
besluite wat ons vandag in die gesig staar.
Een Sabbat nadat ons hierdie beginsels in
die kerk bespreek het, het iemand opgemerk, , “Ons waardeer
die feit dat u beginsels bespreek het en nie besonderhede
nie.”
’n Dame het byvoeg, “Ja, nou kan ek vir die
eerste keer verstaan hoekom ek die dra van my trouring moet
bevraagteken.”
Ek antwoord, “Ek het niks daaroor gesê nie.”
“Ek weet, ek weet” het sy gesê , “jy het dit
nie genoem nie, maar die beginsel geld.”
Wat van die beginsels van ons inrigtings?
Wat van reg en verkeerd as dit kom by kerkstandaarde? Wat
van standaarde vir kerkleierskap? Wat van
benoemingskommitees? Waarna gaan hulle kyk? Is dit kleinlik
of wetties om kerkleiers aan te stel wat nie wil aanstoot
gee met dit wat hulle doen nie?
In sy boek Set Free het die skrywer
onlangs sy al-tradisionele lys van skoonbly weergee. Hy noem
dit “squeaky clean.” “Geen blink skoene op Sabbat, geen
vleeskosse, nie, bad na sononder, geen gemengde swem, geen
bakkery op Sabbat, geen tee of koffie, geen etery tussen
maaltye, geen troupante, geen skaakspelery of bordspel, geen
speel van kaarte, geen rolbal, geen tamatiesous of mosterd,
geen peper, geen alkoholiese dranke, geen televisie, geen
tennis, geen vrugte en groente met dieselfde maal, geen
roomys, geen kaas en geen lewensversekering nie.”
Ek lees hierdie lys eendag in die kerk en ’n
seuntjie sê vir sy pa, “Dis siek, maar ek kan leef met die
geen groente!”
Stem u saam met hierdie lys? Indien wel, op
watter basis? Is enige van hierdie beginsels hier van
toepassing? Wat van die eenvoudiger dae toe ons kerk gesê
het, “Kyk na dit wat jy nie regtig nodig het nie, skakel
hulle uit.” Vandag het ons ook die streep vir baie goed op
’n ander plek probeer trek en gevolglik sit ons opgeskeep
met die kwelling van waar om die streep te trek. Die
neiging is alewig af. Nie waar nie? Het u dit opgelet? Dit
is altyd daar. Die neiging is nooit opwaarts, dis altyd
afwaarts.
In die ou tyd as ons die streep getrek het,
sou die mense kla, “Ons word soos dwase behandel! Kan ons
nie vir onself dink nie?”
Wat is die beste manier om te besluit oor
kerkstandaarde? Soms is dit nodig om daaroor te dink. Maar
hoe? Wat is die aangewese antwoord op hierdie moeilike vrae?
Hoe gaan ons besluit?
Ten einde die vraag te beantwoord, laat ons
die volgende teks oorweeg:
As julle saam met Jesus opgewek is, [wat
beteken dit? Ek is deur die doop in Hom begrawe, ek staan op
in ’n nuwe lewe] soek die dinge daarbo waar Christus is en
aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo
is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en
julle lewe is saam Christus verborge in God. Wanneer
Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle
saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan
julle lede wat op aarde is (Kolossense 3:1-5).
’n Meer moderne weergawe sê, “Moenie toelaat
dat die dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle
te belangrik word nie. Ek praat van die tydelike aardse
dinge waarmee julle julle partymaal so kan besig hou” (Die
Boodskap) Ons kan dit nie doen nie, net God kan.
Ons logika en redenasies ten spyte, maak ons
die volgende afleiding: die uiteindelike antwoord in alle
situasies lê daarin dat ons God sal ken as ‘n persoonlike
vriend, ken Jesus, ken Sy stem.
In 1 Johannes 2:15-17 hoor ons Jesus die
beroep doen dat ons blik opwaarts sal wees, instede van na
binne of na buite. “Moenie die wêreld liefhê nie.” Hoe gaan
ons dit vertolk? Moenie ’n motor bestuur nie? Moenie ’n
horlosie dra nie? Moenie ’n yskas koop nie, want dis van die
wêreld? Wat beteken dit om nie die wêreld lief te hê of “die
dinge wat in die wêreld is nie”? Is dit verkeerd om ’n nuwe
motor te wil besit?
As iemand die wêreld liefhet, dan is die
liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die
wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die
begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is
nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld
gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God
doen, bly vir ewig.
Wat beteken dit as dit sê, “As iemand die
wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom
nie”?
Wat beteken dit om die wêreld tot so ’n mate
lief te hê? En wat beteken “die begeerlikheid van die vlees
en die begeerlikheid van die oë”? Die Boodskap stel
dit so, “Met wêreldse dinge bedoel ek dit:
-
dit is die begeertes wat deur menslike
en wêreldse belange aangeblaas word sonder om met God
rekening te hou;
-
dit is om alles wat jou oë sien te wil
hê;
-
dit is om heeltyd net met jouself en dit
wat jy het te spog.”
Om te vas voorsien ons van ’n toepaslike
illustrasie. Toe Jesus van die Berg van Verheerliking afkom
is die dissipels so pas oorwin. Hulle was nie in staat om ’n
duiwel uit ’n seun te dryf nie, maar Jesus kon. Toe die stof
gaan lê het sê Hy, “Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe
deur gebed en vas nie” (Matthéüs 17:21). Ons het geen bewys
dat Jesus eers gevas het nie. Sover ons kan aflei het Hy
nie. Wat beteken vas dan? Hierdie moet na ’n gesindheid
van vas verwys. Mag ek die volgende voorstel: Indien ek
moet kies tussen eet en tyd alleen met God deurbring, kan ek
vooraf voorspel wat die keuse gaan wees. As ek moet kies,
kies ek tyd saam met God. Dit is wat ware vas beteken.
Kom ons pas die idee toe op “As iemand die
wêreld liefhet”. Ek kan dit omskakel na ’n wettiese lys
waarteen afgemerk word, wat van my ’n kluisenaar of ’n
monnik kan maak. Of ek kan kan dit vertolk as enigiets wat
ek bo God kies of wat bo my verhouding met Hom kom, moet ek
laat staan; dat as ek Jesus as my persoonlike Vriend en
Verlosser ken, niks voorkeur kry bo daardie verhouding nie.
Is dit verkeerd om ’n nuwe motor te wil hê sodat ek nie met
’n oue in die woestyn gaan staan nie? Nee, maar as ek ’n
nuwe motor kry wat my persoonlike verhouding met Jesus
benadeel, dan ignoreer ek 1 Johannes 2 se raad. Wat sal u
keuse wees? Wat sal my keuse wees wanneer dit kom by my
liefde vir God en my verhouding met Hom? Dit is die
belangrike vraag.
Kom ons lig die sluier en kyk na die
geheelbeeld. As u geweet het dat Jesus volgende week
terugkom, wat sou u lewenstyl wees? Wat sou u doen? Waar sou
u gaan? Wat sou u aantrek? Wat sou u eet en drink? Wat se
ontspanning sou u kies? Is dit ’n regverdige vraag? “Dit is
’n vreesaanjaende vraag,” sou u sê. Nee, nie as Hy u vriend
is nie.
C. S. Lewis stel dit baie interessant:
Vir my help prente van fisiese rampe, tekens
aan die wolke, die hemele wat oopgaan soos ’n boekrol, nie
naasteby soveel soos die naakte idee van ’n oordeel nie. Ons
kan nie altyd opgewonde wees nie. Ons kan onsself oefen om
meer en meer dikwels, af te vra hoe dit wat ek sê of doen
of nalaat om te doen sal lyk as die onkeerbare lig daarop
skyn—daardie lig wat so anders as die wêreldse lig is. En
tog weet ons nou net genoeg daarvan dat ons dit in
berekening kan bring. Dames sukkel soms om in kunsmatige lig
te oordeel hoe ’n rok in daglig sal lyk. Dit is ons almal se
probleem, om ons siele te klee, nie vir die elektriese lig
van die teenswoordige wêreld nie, maar in die daglig van die
volgende. Die goeie rok is die een wat die toets van die lig
sal slaag, want daardie lig is vir ewig.
Maar is daardie Lig my vriendelike
teenwoordigheid of ‘n onvriendelike teenwoordigheid? Dit sal
daarvan afhang of u Hom ken. Ken u Hom, sal Hy bekend wees
as u beste vriend. Wie wil nie sy beste vriend of vriendin
behaag nie? Dan kom die groot verrassing—die besef dat
hierdie Vriend nog heeltyd geweet het wat die beste vir ons
is.
Soms dink ons dat ons weet wat die beste is.
. Wanneer dit gebeur word Hy seker bewoë by die aanskoue van
die leed wat ons onsself aandoen. Te dikwels redeneer ons
soos die vrou in die volgende verhaal.
Totsiens
Rabbi
“En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook
nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.”
Die vreesbevange vrou staan op en skarrel
vinnig weg. Dan skielik, asof sy bewus word van Jesus se
bevel, gaan staan sy stil, en kyk haar verlosser vraend
aan.
“Wat bedoel U met, ‘Sondig nie meer nie’?”
vra sy.
“Ek dink jy weet wat ek bedoel,” antwoord
Jesus.
“Ek weet nie, Rabbi, tensy U verwys na my
verhouding met Reuben as sondig.”
“Wat sou jy dit noem?”
“’n Sinvolle verhouding,” antwoord die vrou.
“’n Interpersoonlike toewyding waarin albei poog om ons
volle potensiaal te bereik.”
“Regtig!” het Jesus gesê.
“Reuben en ek is baie lief vir mekaar. U
weet mos wat dit beteken. Hoe kan ’n verhouding sondig wees
wanneer dit ware liefde uitbeeld?”
“Wat van die verbond met jou man?”
“Isak? Wel Rabbi, ek en Isak was nog nooit
werklik opgewonde oor mekaar nie. Saam kan ons nie ons volle
seksuele potensiaal verwesenlik nie.”
“Wat het dit te make met...?”
“Kom nou Rabbi, mense het ’n plig teenoor
hulleself, U weet, die reg op geluk.”
“Het hulle?”
“Verseker! Hoekom moet ons toelaat dat
oudmodiese wettiesheid ons bind aan steriele en onvervulde
verhoudings?”
“So jy bedoel dat as Isak nie vir jou
kinders kan gee, hoop jy dat Reuben...?”
“Rabbi, U sit woorde in my mond, U weet wat
ek bedoel. God weet dat Isak my kinders kan gee, ek het drie
om dit te bewys.”
“Jy het drie kinders, en jy verkies om jou
huweliksbelofte te ignoreer ten gunste van hierdie man
Reuben?”
“O Rabbi, U is kostelik! ‘Ten gunste van
hierdie man Reuben.’ Daardie taal dateer uit die tyd van die
rigters. Ek sê nie dat ek en Reuben vir altyd gaan saambly
nie. Ons mag mekaar eendag ontgroei en afstand nodig hê in
ons voortgesette soeke na ons ware self.. Mense verander, U
weet.”
“Wat van die kinders?”
“Kinders is nie so kwesbaar as U dink nie,
Rabbi. U sal verbaas wees om te sien hoe goed hulle met
Reuben klaarkom, hoe hulle aan hom hang as hy vir ontbyt
oorbly. Dis nou wanneer Isak weg is met die kamele. Hulle
noem hom ‘Oom Rube’, en hy doen allerhande toerjies vir
hulle—en hulle is dol daaroor. Hulle verkies hom bo
Nataniël.”
“Nataniël?”
“My vorige betekenisvolle verhouding, maar
hy’t vervelig geword. Gesê sy gewete kla hom aan en sulke
wetties nonsens. Ek het voorgestel dat hy meer aandag gee
aan mense soos U.”
“Soos ek? Hoe sou ek hom gehelp het?”
“Aag, U weet, die goed wat U sê dat ons nie
gestrem moet wees met skuld en vrees vir mense se menings
nie?”
“O ja, dit. Maar sê my, as Reuben jou so
innig liefhet, hoekom is hy nie vandag hier nie?”
“Hy wou baie graag , Rabbi. Hy wou regtig,
maar bloed ontsenu hom vreeslik. Hy is ’n baie sensitiewe
persoon. Glad nie soos Josua nie.”
“Josua? Nog ’n betekenisvolle...?”
“Nee, dit was lank gelede en dit was nie so
betekenisvol nie. Nie regtig nie. U kan maar sê ek het my
vlerke uitgetoets.”
“Dan weer, dalk nie.”
“Mmmmmmmm?”
“Wat gaan jy vir jou man oor vandag sê?”
“Ek gaan hom vertel dat hy hierdie as ’n
leerskool moet beskou, ’n geleentheid vir ‘n breër uitkyk op
die lewe. Maar ek moet nou gaan. Tot siens Rabbi. Lekker
dag.”
Jesus kyk die vrou peinsend agterna. Dan kyk
Hy af op die grond, die trane begin vloei...en vloei...en
vloei.1
1. Uit Insight,
10 November 1963
Hoofstuk Sewe
Aan die Slaap in die Klas
Ons moes deur sommige klasse geslaap het.
Ons het eers later besef dat ons het. Ek verwys nie na
algemene sielkunde net na middagete nie, wanneer ek en my
broer om die beurt een hand- en een aantekeningeboek klastoe
gebring het—sodat hy kon slaap en ek aandag gee, die
volgende dag was dit andersom. Ek praat van ander klasse op
kollege waar ek gewis moes geslaap het. En van alle dinge
moes daardie klasse gehandel het oor die enigste antwoord op
die lewe se groot vrae—om Jesus te ken as my beste vriend.
As ons na die boek van Romeine kyk, vind ons
‘n kragtige uitnodiging om nie te slaap nie, om wakker te
word, veral in die tye waarin ons leef.
En dit te meer, omdat ons die
tydomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om
uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou
nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver
gevorder en dis amper dag. Laat ons dan die werke van die
duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons
welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en
dronkenskap, nie in ontig en ongebondenheid, nie in twis en
nydheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus
Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy
begeerlikhede te bevredig nie (Romeine 13:11-14, ek
kursiviseer).
Hierdie Skrifgedeelte het iets te make met
ons bekleding met die Here Jesus Christus, ’n waarheid wat
ek deurgesluimer het. Baie van ons spandeer meer tyd en
moeite in ’n poging om nie die “begeerlikhede van die vlees
te bevredig” nie. Ons spandeer meer tyd aan ons mislukkings,
ons swakhede, en ons sondes as om tyd te spandeer om ons te
beklee met die Here Jesus Christus. Soms bestee ons meer tyd
aan kerkreëls en standaarde, of deesdae om ontslae te raak
van hulle, as aan tyd om Hom te leer ken.
’n Predikantsvriend van my, wat omstreeks
dieselfde tyd as ek deur kollege is, is op ’n keer na die
sterfbed van ’n man ontbied. Hy wou een ding baie graag
weet: “Hoe weet ek my saak is reg met God?”
My vriend deel my sy eie frustrasie mee. Die
sterwende man wou nie weet van die saamvoeg van sekere
Griekse werkwoorde nie. Hy’t hom nie gevra om tekse aan te
haal ter stawing van sekere kerkleerstellings nie. Hy is nie
versoek om sinne uit te lê of om welbekende literêre reuse
aan te haal nie. Hy’t hom nie gevra oor moraliteit of
Christelike etiek nie of enigiets anders nie, behalwe
daardie een klas wat my vriend deurgeslaap het. Hoe weet ek
my saak is reg met God?
Toe ek dit hoor, moes ek toegee, “Ek het
ook in daardie klas geslaap. In ’n poging om regverdig te
wees teenoor die fakulteit het my vriend gesê, “Iewers moes
hulle ons dit geleer het, maar ek moes geslaap het.”
Ek het gevoel dat baie van ons aan die slaap
was in klasse waar antwoorde verskaf is op mense se moeilike
vrae. Deel van die probleem is dat ons sekere dinge in
teorie kan aanvaar en slaap deur die ondervinding daarvan.
Ek het verstaan dat Jesus belangrik is, maar ek het nie
gevoel dat Jesus só belangrik was in terme van ondervinding
nie. Is daar ’n gaping? Is daar ’n verskil?
Ons kerk het nog altyd in teorie geglo aan
die leerstelling van geregtigheid deur geloof in Christus
alleen. Toe Leraar Richards eendag gevra is wat is die
Adventiste boodskap, was sy antwoord, “Net Jesus.” Ek hou
daarvan. Was dit egter u ervaring tydens u blootstelling aan
Adventisme?
Dink mense aan Sewendedag-Adventiste as
mense wat “Net Jesus” preek en leer en uitleef of dink hulle
aan hulle as mense wat nie vark eet en wat op Saterdag in
stede van Sondag kerktoe gaan? Ons was nog nooit aan die
slaap oor die leerstellige geloof in Jesus agterop ons
doopsertifikate nie, maar is dit moontlik om ondervinding
gewys aan die slaap te wees?
Die dissipels was volgelinge van Jesus, maar
ons moet toegee dat alhoewel hulle hul visvangnette laat
staan het, hulle nie die grond waarop hulle in Getsemane
geslaap het versaak het nie. Soos in Lukas 22:46 aangeteken,
kom Hy by hulle en sê, ”Wat slaap julle? Staan op en bid,
dat julle nie in versoeking kom nie.”
Ek hoop dat iewers langs die pad ons elkeen
die stem van die Heilige Gees in die môre sal hoor wat sê,
“Wat slaap julle? Staan op en bid.”
Sommige van ons het ’n studie gedoen onder
die jongmense in ons subkultuur. Dit wil voorkom dat as ’n
reël, meeste Adventiste jongmense voor die eerste jaar op
kollege nie verstaan waarvan jy praat as jy praat oor
geregtigheid deur geloof in Jesus alleen en die dieper
verhouding, in stede van net blote godsdiens nie. (Daar
bestaan die uitsondering op die reël, en daar is aanduidings
dat die grense deurentyd uitgeskyf word. Loof God daarvoor!)
As ’n reël is die vrugbaarste tydperk vir ‘n
jong persoon, in ons subkultuur, om meer uit te vind buite
die blote “godsdiens” en die begin van ’n dieper lewe saam
met God, iewers tussen die elfde en veertiende graad is—
die laaste twee jare van hoërskool en die eertse twee jare
van kollege. Indien u u binne daardie katagorie bevind, bly
wakker. Moenie u oë sluit nie. Daar bestaan iets baie
belangrik wat u moet verstaan, moenie waag om nou te dut
nie.
Indien u nie ’n dieper verhouding met Jesus in hierdie
tydperk vind iets meer as “Jesus min my...” (wat in die haak
was toe u vier of vyf jar oud was) nie, iets meer as blote
godsdiens en formele roetine, dan mag dit baie jare neem
voor dit gebeur, want u sal onvermydelik betrokke raak by
die ander twee groot besluite in u lewe naamlik: saam met
wie u die res van u lewe gaan deurbring en watter beroep u
gaan volg..
Op die een of ander manier word die
verhouding met God, die belangrikste besluit, eenkant
gestoot. Intussen, terwyl dit eenkant is, kom hartseer,
stres, tragedie, slapelose nagte, en verwarring, totdat u
eendag uiteindelik wakker skrik met die besef dat u in die
klas geslaap het.
Ons weet dat baie mense ontnugter is met
georganiseerde godsdiens. (“Moeg vir godsdiens—probeer gerus
Jesus”). Sommige jongmense woon kerkskole by teen hulle sin,
maar wie kan weier indien u ouers ’n sportmotor aanbied as u
u ouers se alma mater bywoon. Hoe kan ’n jongmens nee sê vir
betaalde studies plus finansiële bystand?
Ek het al gehoor van kinders wat omgekoop
word met ’n nuwe motorfiets, indien hul hul laat doop!
Sommige jongmense sien die bedrieglikheid van hierdie
denkwyse.. Hulle het geen belang in godsdiens, want hulle
het gesien dit beteken niks vir hul ouers nie.
Ek wil u graag iets beter as blote godsdiens
aanbied, want daar bestaan ’n reuse verskil tussen
godsdienstig en geestelik wees, tussen bekend wees met die
reëls, die standaarde en die leerstellings en bekend wees
met die Here. Indien u nog nie die verskil agtergekom het
nie, moenie daardeur slaap nie. Sommige van ons het, en ons
het maagsere opgedoen.
Die eerste klas wat ek op kollege
deurgeslaap het was die een oor sonde. Ek bedoel nie dat
hulle ’n kursus gehad het genaamd 101 AB Sonde nie, maar
iewers het ek die les oor waaroor sonde gaan gemis. Ek was
onder die indruk dat sonde is die doen van slegte dinge, en
ek het gereken ek vaar nie te sleg nie. Die meeste van ons
is die slagoffers van geregtigheid deur opleiding,
geregtigheid deur gewoonte, geregtigheid deur verbod. Ons
was bang om verkeerd te doen. Uiterlik het ons mooi gelewe.
Gevolglik as jy ’n skoon lewe ly, is jy nie die slagoffer
van slegte dinge doen en is jy as ’n reël minder van ’n
sondaar. Reg? Verkeerd!
Die oeroue definisie oor sonde wat uit die
Skrif aangehaal word, die een wat altyd aan ons gegee word
wanneer ons vra—“want die sonde is wetteloosheid” —is nie
voldoende nie, ten minste nie soos algemeen vertolk nie. Wat
dit eintlik sê is, “Elkeen wat die sonde doen, doen ook
die wetteloosheid” (1 Johannes 3:4, ek kursiviseer). Daar
is iets dieper omtrent die kwessie van sonde. Soos ons
redeneer moet ’n persoon eers “sonde”doen voordat hy die wet
kan oortree. Die gevolg van sonde is die oortreding
van die wet. Tot my verbasing het ek deur daardie een
geslaap. Ek het eers baie jare later uitgevind dat sonde is
om dag na dag weg van God te lewe, (wat eintlik die
verbreking van die eerste gebod is, want dan is ek my eie
god).
Jesus het, met verwysing na die werking van
die Heilige Gees, in Johannes 16:8 gesê, “En as Hy kom sal
Hy die wêreld oortuig van sonde”. In vers 9 definieer Hy
sonde as om nie in die Here Jesus te glo nie. Om net te glo
is nie voldoende nie, die bewys daarvan is dat “die duiwels
glo dit ook, en hulle sidder” (Jakobus 3:19). ’n Beter woord
vir glo is vertrou.
Sonde is om “Jesus nie te vertrou nie.” So
’n definisie dui op ’n verhouding, ’n nabye afhanklikheid
van Hom..
In Romeine 14:23 word dieselfde ding met
ander woorde gesê, “alles wat nie uit die geloof is nie, is
sonde.” Dus, enigiets wat ek doen—die studie van godsdiens,
die studie van wiskunde, die studie van gesondheid, die
studie van aptekerswese of verpleging, of selfs die doen van
goeie dade en die handhawing van hoë standaarde—as ek ’n
lewe voer weg van ’n betekenisvolle verhouding met Jesus, is
dit sonde. Ek het daardie klas deurgeslaap.
Daar bestaan ’n groot verskil tussen
sonde en sondes. Sonde is om weg van Jesus te
lewe en die gevolg is sondes, of om verkeerde dinge te doen.
Die meeste van ons wat ’n probleem met
sondes het, werk harder aan die sondes as aan die poging om
’n verhouding met Jesus op te bou. Wat ’n ontnugtering toe
ek dít besef! Die opbou van ’n verhouding met Jesus moet
meer as ’n blote teorie wees, dit behels ook praktiese
ondervinding.
Die volgende klas wat ek deurgesnork het,
was die een oor geregtigheid. Weereens, was daar geen
kursus wat Geregtigheid 450AB genoem is nie, maar ek het dit
misgeloop. Ek dog geregtigheid is om die regte ding te doen.
Trouens, ek het mense dit so hoor definieer. Wanneer die
vraag “Wat is geregtigheid?” geopper is, was die antwoord
soos klokslag, “Geregtigheid is om die regte ding te doen.”
Ons het selfs aanhalings gehad om dit te staaf. As daar niks
meer aan geregtigheid is as om die regte ding te doen, dan
hoef ons net te beoefen wat reg is en ons is ‘geregtig’
[Engels: righteous]. Maar pasop vir die lokval! Al weet ons
bittermin van verlossing, sal ons weet dat hierdie definisie
verkeerd is. Natuurlik, ons wat nie sleg gevaar het met die
ooglopende goeddoen nie , het nooit ons ons denke en
begeertes as ’n noemenswaardige probleem beskou nie. Ons het
God dus nie nodig gehad nie. As ons doen wat reg is, en ons
is nie uit die skool uitgeskop nie , as ons nie die koshuis
afgebrand het nie, en ons het ontslae geraak van al ons
‘rock’ plate, wie het God nodig? God moet omsien na al die
slegte mense, maar het die goeie mense God hoegenaamd nodig?
Aan die anderkant, hoe definieer jy reg en
verkeerd in die lig van die nuwe moraliteit en
omstandigheidsetiek? Sommige Christene beskou die drink van
wyn as verkeerd, ander beweer dis goed vir ‘n mens. Ons kan,
soos in die vorige hoofstukke gesien, allerhande soortgelyke
strydvrae opnoem. Sonder Jesus Christus definieer ons almal
reg en verkeerd in terme van ons opvoeding, gewoontes en die
inhibisies wat om ons gebou is, nie waar nie?
Slegs op die basis van die verskille in
opleiding [opvoeding] en agtergrond sal ons soveel opinies
kry as wat daar mense is. Dit is gans onmoontlik om reg en
verkeerd te verstaan en reg te doen sonder Jesus. Tot my eie
verbasing het ek uitgevind dat die beste eenwoord definisie
vir geregtigheid (ek het dit eers na kollege uitgevind) is
“Jesus”! Jesus is geregtigheid. Hy is die enigste Een wat
ooit regverdig op hierdie aarde geleef het, die res van ons
is onregverdig. ”Soos geskrywe is: “daar is niemand
regverdig nie, selfs nie een nie” (Romeine 3:10). Wat sê
Paulus? Hoeveel regverdiges is daar? Geen! “Maar,” sê u, “ek
voer ’n goeie lewe.” Dit mag wees, maar u is nie regverdig
nie.
Gevolglik as ek enigsins ’n regverdigheid
wil hê wat eg is, het ek Jesus nodig. Wanneer ek Jesus het,
het ek geregtigheid. Daar bestaan nie so iets soos
geregtigheid sonder Jesus nie. “Maar,” sê ons, “ons ken
goeie mense in die wêreld wie vriendelik en gaaf is, wie
goeie dinge doen.” Ja, maar hierdie goeie dinge het geen
hemelse waarde sonder’n lewende verhouding met God nie.
Sonder God, word selfs ons goeie dade net tot ons sondigheid
bygevoeg.
Die derde klas wat ek deurgeslaap het, was
die een oor geloof. Ek het gereken geloof was om myself te
maak glo in iets en as ek voel ek het nie veel geloof nie,
dan moes ek baie tyd bestee om te werk aan my geloof. Ek was
onder die indruk dat indien ek myself hard genoeg in iets
maak glo, dit sou gebeur. Die enigste probleem wanneer dinge
dan nie gebeur nie, was weens my gebrek aan geloof. Geloof
was iets wat jy opbou, aan werk, deur een of ander
verstandelike oefenprogram om jouself te maak glo.. Het
Jesus dan gesê as jy glo is alles moontlik (sien Markus
9:23). Dit is al voorwaarde, dus werk ons hard aan glo en
die opbou van geloof.
Dr. Hutchins van die Universiteit van
Chicago het, in sy spotskrif oor die Christelike geloof,
daarop gewys dat as u u positiewe denke en u geloof instel
op die spotprent in die Sondagkoerant, u omtrent net soveel
resultate sal kry as waneer u hulle sentreer op God. Fokus u
geloof op die heiningpaal in u erf en u sal net soveel
vermag. Dit is waar indien geloof niks meer as een of ander
selfgegnereerde positiewe denke is nie.. Of u probeer om
uself te maak glo in die beloftes in God se woord of nie, as
u aan u geloof moet werk, dan is u teologie oor geloof
foutief. Ek het deur daardie klas gesluimer en dit het my op
’n stadium byna venietig.
Die Bybel leer ons dat die beste definisie
vir geloof is vertroue. Vertroue word gewek deur iemand te
ken wat betroubaar is. As u egte vertroue wil hê, leer Jesus
ken en geloof volg as ‘n natuurlike neweproduk. U hoef dit
nie op te werk nie; u hoef glad nie daaraan te werk nie.
Geloof kom nie na hulle wat daarna soek nie; dit kom na
hulle wat Jesus soek. Dit kom op dieselfde manier as wat
geregtigheid kom. Ons word nie regverdig deur te doen wat
reg is nie, ons word geregverdig deur Jesus en Sy
geregtigheid te soek.
Moeilike klasse! Hoe kon ons deur hulle
geslaap het? As ons deur hulle slaap is die gevolg
nuttelose, wilde, doellose pogings en eindelose werk wat ons
nêrens bring nie.
Die vierde klas wat ek deurgeslaap het is
die een oor Christelikheid. Wat is ’n Christen? Ek het
gedink ’n Christen is iemand wat die regte ding doen. Dit
het my ’n Christen gemaak, want ek het die regte ding
gedoen. Maar daar is ander mense in die wêreld wat die regte
dinge doen wat nie Christene is nie. Het u nie al mense
gesien wat doen wat reg is, maar niks met Jesus Christus te
doen wil hê nie? Is daar nie mense wat hul klere van hul rug
sal gee, wat vriendelik en gaaf en eerlik is, maar niks te
make het met Christelikheid nie? Ek het hulle ontmoet. Daar
bestaan allerhande etiese, morele mense in die wêreld wat te
enige tyd Jesus se naam sal laster.
Wat is ’n Christen? Ek weet nie waar ek was
toe hulle dit op kollege definieer het. Ek is seker iemand
moes dit verduidelik het. Hoe kan u seker wees dat u ’n
ware volgeling van Christus is? Daar is twee maatstawwe: van
wie praat u graag en aan wie dink u graag?
Die dissipels is volgens Handelinge 11 in
Antiochíë, die eerste keer Chrisene genoem. Waarom dink u is
hulle Christene genoem? Want dit is al waaroor hulle gepraat
het. Christus het dit gesê, Christus het dat gesê. Gevolglik
het die mense gesê, “Al waaroor hierdie mense praat
is Christus. Waarom noem ons hulle nie Christene
nie? ” Wat sal die mense u vandag noem te oordeel aan dit
waaroor u die heeltyd praat. Watse woorde sal op ons
etikette staan?
Die vyfde klas waarin ek geslaap het was die
een oor oorgawe. Ek dog oorgawe was om die slegte dinge wat
ek doen te laat staan. En natuurlik het ek vanweë my
opvoeding en agtergrond weinig gehad, maar het tog probeer
om die paar slegte goedjies wat ek gedoen het te laat staan.
As u ’n sterk persoon is, kan u slaag in
hierdie soort oorgawe, want sterk mense kan op die oog af
hierin slaag. Gevolglik sou ons ons kwaai humeure opgee, ons
sou ophou om na verkeerde musiek te luister en ons sou ophou
om tussen maaltye te peusel. Wat ookal verkeerd geblyk het,
moes ter syde gestel word..
Ek het ’n vriend gehad wat al sy “rock
“plate—destyds was jazz die inding—na ’n afgrond geneem en
“jazz frisbee”’ gespeel het. Hy’t gesê dit was nogal pret om
te sien hoe ver hy hulle kon gooi en hulle sien in skerwe
spat as hulle grond tref. Pragtig! Geregtigheid deur
“frisbee”!
Om van sonde ontslae te raak, die opgee van
dinge, om te vorder na ’n hoër standaard—dit is die gewone
idee van oorgawe. Dis die klas wat ek deurgeslaap het.
Oorgawe deur dinge op te gee? Dit is glad nie oorgawe nie.
Bestudeer dit en u sal vind dat oorgawe het te make met die
oorgawe van self.
Dit is om onsself op te gee. Dit is die opgee van die
gedagte dat ons enigiets in ons harte wat van belang is kan
doen sonder Jesus. Al wat ons kan doen is plate weggooi,
maar binnekant hou ons steeds van hulle. Ja, sterk mense kan
die uiterlike hanteer en eksterne godsdiens is vir die
skares aanloklik.
Ek het goed gevaar met die dinge, gevolglik
het ek nie, soos my kamermaat, Jesus nodig gehad nie. Sy
verlede was rof. Sy pa het, toe hy maar vier was, sy ma
vermoor. Hy is as kind van bakboord na stuurboord gestuur..
Hy’t gelieg oor sy ouderdom sodat hy by die vloot kon
aansluit, hy’t tydens die oorlog vrywillig aangebied om
selfmoordsendings uit te voer. Daarvandaan het hy by die
polisie aangesluit en vele meer noue ontkomings ervaar.
Natuurlik het hy Jesus nodig gehad. Hy het baie van die
lewe ervaar. Hy het ure lank sy Bybel bestudeer en gebid.
Dit was natuurlik nie vir my nodig nie. Ek het ’n goeie lewe
gelei. Ek het al die slegte dinge opgegee. Ek het deur die
klas oor oorgawe te slaap, selfs al het my kamermaat dit
uitgeklaar gehad.
Uiteindelik het ek ontdek dat oorgawe is
waar jy op die punt kom wat jy besef dat niks wat jy doen,
hier binnekant tel nie, behalwe om na Jesus te kom. Johannes
15:5 sê dat sonder Jesus ek niks kan doen nie. Voeg
Filippense 4:13 wat sê dat met Jesus is ek tot alles in
staat. Dit laat slegs een ding wat ons moontlik kan doen op
die gebied van ’n verinnigde lewe —kom na Jesus, en hou aan
om na Jesus te kom. Hy neem die inisiatief, ons moet net
reageer.
Die sesde klas waardeur ek geslaap het, was
die een oor die godsdiensbeoefening. Wie het stiltetyd nodig
as jou lewe in die haak is. Wie het stiltetyd nodig as jy
reken sonde is die doen van slegte dinge en jy het min
daarvan? Wie het stiltetyd nodig as geregtigheid behels om
die regte ding te doen en jy doen jou hele lewe lank net die
regte dinge? Jy is opgevoed om regverdig te wees uit
gewoonte. Wie het stiltetyd met Jesus nodig as jy dink ’n
Christen is iemand wat ’n goeie lewe voer en jy vaar goed?
Wie het stiltetyd nodig as jy alles oorgegee het en jy is
oortuig dat alles in orde is tussen jou en God, in terme van
jou gedrag en prestasie?
Kan ek u daaraan herrinner dat die hoof rede
waarom die meeste erkende Christene nie stiltetyd hou nie,
is omdat hulle oortuig is hulle kan sonder God leef en dit
kan maak.. Niemand gaan op sy knieë op sy aangesig voor God
totdat hy die punt bereik waar hy sy magteloosheid besef en
sy Beste Vriend ontdek nie. My vriend, hoe gouer u daar kom
hoe beter.
As u vind dat u besig is om onder te gaan,
die lewe het te veel geword, staan op en loof Hom. Gaan op u
knieë en sê, “Dankie Here dat U my gebring het na die plek
waar ek my lewe aan u kan oorgee.”
Ek het nooit besef dat nege dollar met God
se seën baie meer werd is as tien dollar daarsonder totdat
ek dit beproef het. Maar daar is nog meer. Sewe ure se slaap
met God se seën daarby is baie meer werd as agt ure sonder
Sy seën. Begryp u wat ek probeer tuisbring?
Ek het nie geweet dat stiltetyd die ganse
grondslag van die Christelike ondervinding is, en die
aanvaarding van Christus se geregtigheid, want Sy
geregtigheid moet op daaglikse basis ontvang word. Ek het
dit nie op kollege verstaan nie.
Die laaste klas, wat ek van weet, wat ek
deurgeslaap het was dat Jesus wil hê mense na Hom toe moet
kom net soos hulle is. Ek het gedink dat as mense na Jesus
kom hulle dit slegs kon doen nadat hulle hul lewens in orde
gekry en hulle weë verander het. Ek het gedink jy moet
jouself eers regkry alvorens jy na Jesus kan kom.
Dit het uiteindelik tot my deurgedring, die
groot deurbraak, die.ontwaking uit die slaap Ons kom na Jeus
nes soos ons is. Ek gee nie om wie u is, hoeveel
mislukkings, hoeveel sondes, hoe deurmekaar u lewe is nie,
as u na Jesus wil kom vat Hy u nes u is. Hy sal die
veranderinge aanbring, want u kan nie. Hy sal u ophef na die
hoogste lewenstandaard wat u nog geken het, want Christus se
geregtigheid is nie ’n kleed om onbelyde en onversaakte
sondes mee toe te maak nie. Dit is ’n beginsel van die lewe
wat die karakter hervorm en gedrag beheer.
En nou my vriend, bewus van die tye, is dit
gebiedend noodsaaklik dat ons ontwaak uit ons sluimering.
Wees Lief
vir God en Maak Soos u Lus Het
Morris L. Venden
|