|
Wees Lief vir God en Maak
Soos u Lus Het
’n
Vars kykie na die ou reëls
Deur Morris L Venden
(Vertaal uit die boek Love God and do as You Please)
Hoofstuk vier
Swart, Wit of Grys
Deel een
Ek hou nie van dasse nie, maar daar is tot
dusver nie ’n meer gerieflike plek om die lapelmikrofoon te
hang nie wanneer ek ’n kerk toespreek nie.. Ek sal soms voor
my vrou opstaan, gaan werk en as dan later huistoe kom, sal
my vrou na die botstende kleure van das kyk en sê, “Jy het
nie regtig dít gedra nie, het jy?” Ek moet net toegee, ek
het. Ek dra maar die das kerktoe, want ek wil niemand
aanstoot gee nie. Party mense sal aanstoot neem as ek sonder
die das sou opstaan om te preek. Nie waar nie?
Wanneer dit kom by ware gehoorsaamheid, hoe
besluit ons tussen reg en verkeerd. Hoe vestig ’n mens
kerkstandaarde en persoonlike etiek? Ek hoop nie, dat
wanneer u die titel “Swart, wit of grys” lees, u
veronderstel dat dit oor rassisme gaan nie. Ek het die titel
doelbewus gekies, omdat ons almal bekend is met die stryd
tussen reg en verkeerd. Die meeste van ons is vertroud met
die swart gebied, naamlik om die verkeerde ding te doen vir
die verkeede rede (soos om ses miljoen Jode om te bring vir
die pret, of net oor ek hulle haat). Ons is net so bekend
met die wit area, naamlik om die regte ding te doen vir die
regte rede (soos om kerk toe te gaan, omdat ek God liefhet).
Die grys gebied maak ons egter deurmekaar.
Selfs die bepaling van watter area grys moet wees, is
moeilik. Miskien kan ons begin deur te sê dat om die regte
ding te doen vir die verkeerde rede en die verkeerde te doen
vir die regte rede, is reeds grou. Maar watter metode volg
’n mens om te onderskei tussen reg en verkeerd in die grys
area,
Uit persoonlike studie, persoonlike
ondervinding en gevallestudies het ek gevind dat die duiwel
dol is oor die grys gebiede. Hy neem nooit ’n mens van wit
na swart met een groot sprong nie. Hy neem ’n mens deur die
grys. Of hoe? Niemand verander oornag van ’n onskuldige baba
na ’n moordende krimeneel nie. Die afdraande pad, wat die
duiwel so lief is voor, is altyd geleidelik en meestal deur
die grys gebied. Ons mag selfs niks verkeerd sien met die
eerste tree nie, behalwe dat dit lei na die tweede tree.
Dikwels kom ons niks agter totdat ons terugkyk nie.
Kom ons kyk na die kwessie van persoonlike
etiek en standaarde. Miskien baan dit die weg vir die
aanspreek van kerketiek en kerkstandaarde.
Mense het verskeie metodes om tussen reg en
verkeerd te bepaal. Die oudste daarvan is seker, “Aag, bly
net in die middel van die pad.” Een van die grootste
probleme in die Christelike kerk vandag is juis die groot
aantal middel-van-die-pad gematigdes wat nie hul kruise kan
neerlê, omdat hulle dit nog nooit opgeneem het nie. In die
gemeente wat in Openbaring bekend staan as Laodicéa
(louwarm) is die middel van die pad heel waarskynlik nie die
aangewese plek om te wees nie. Nie waar nie? In die louwarm
kerk (volgens profesie is dit, net voor die wederkoms juis
die plek waar die meeste van ons ons gaan bevind) gaan die
middelbaan nie die geskikte een wees nie.
Sommige mense sal verklaar, “Een manier om
te besluit wat reg en wat verkeerd is, is om te doen wat
Jesus sou doen.” Vele boeke, soos “The Imitation of
Christ” deur Thomas à Kempis is al geskryf oor hierdie
onderwerp. Of Charles Sheldon se boek “In His Steps”,
wat handel oor ’n hele kerk wat besluit om te doen wat Jesus
sou gedoen het. Die probleem hiermee is dat ons bepaling van
wat Jesus sou doen, sterk beïnvloed word deur ons onderskeie
agtergronde, ons verwysingsraamwerke en ons kultuur. Daar
bestaan baie verskillende opinies oor wat Jesus sou doen. Ek
weet van konserwatiewe Christene wat reken dis verkeerd om
rolbal of potspel te speel. Ek is bekend met ander
Christene, wat net so geïntereseerd is in Christus, wat weer
gemaklik sal wees hiermee. Dit hang af hoe u grootgemaak is.
Dus, om eenvoudig te vra “Wat sou Jesus doen” bied moontlik
nie die oplossing nie.
Dan kry jy weer mense wat briewe stuur aan
die Adventist Review om te vra of dit in orde is om
op Sabbat aartappels te bak in ’n oond. As predikant is ek
al velemale na die telefoon ontbied want gemeentelede spook
met sulke vra. Hierdie tipe vrae is vir my moeilik. Ek
antwoord dan, “Op u knieë my vriend, op u knieë en in u eie
binnekamer.” Om ’n antwoord van die kerk se hoofkantoor te
kry is eie aan die groot kerke van die wêreld wat nie
hulle lede geleer het om te dink nie. Selfs in daardie
einste kerke word die mense in die laaste paar jaar
aangemoedig om te dink (dank die Here daarvoor).
Nog ’n benadering om te besluit tussen reg
en verkeerd is om te vra, “Wat doen die ander? Wat doen die
meerderheid?” Ek vertrou u besef hoe naïef hierdie
benadering is. Ek ry eendag om ’n sirkel in Ohio terwyl die
streep in die middel van die twee bane aan my kant geverf te
word. Die aanwysings was duidelik “Moenie verbysteek nie!”
Maar ek het ongeduldig geword om agter iemand te bly wat te
stadig na nêrens oppad was. Toe die die voertuig reg voor my
van baan gewissel het (en in die proses sy bande vol wit
verf kry), het ek gevolg, en die verkeersbeampte agter ons
ook. Hy’t ons albei afgetrek en die vir eerste oortreder ’n
kaartjie uitgeskryf. Toe hy by my kom wou hy weet “Hoekom
het jy verbygesteek?” was my antwoord: “Omdat hy het.” “ Met
ander woorde as hy van die Brooklyn Brug afgejaag het, sou u
hom volg?” Net daar, by die Ohio verkeersirkel, het ek besef
hoe dom dit is om iets te doen, net omdat ander dit doen.
Watter metode volg u dus om te bepaal tussen
reg en verkeerd, veral as dit by die grys gebiede kom? Hoe
stel u persoonlike standaarde vas veral as dit kom by
musiek, ontspanning, boeke, TV, kleredrag en voorkoms?
Die tipiese standaarde van die Christelike
kerk is oorgedra uit die vorige eeu, gevolglik skiet mense
hulle graag af. Om die waarheid te sê so baie van wat ons
daaroor hoor is negatief, dat ek gereken het dat ons gerus
hulle kan beskou uit ’n positiewe perspektief. Ek wil my
uitspreek ten gunste van persoonlike etiek, Christelike
standaarde en selfs kerkstandaarde.
In die Bybel vind ons ’n teks wat skrams
hierdie onderwerp aanraak.
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in
die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die
liefde van God nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld
is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van
die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader
nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy
begeerlikheid, maar hy wat die wil van die Vader doen, bly
vir ewig. (1 Johannes 2:15-17).
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge van
die wêreld.” Dit is ’n goeie beginsel. Maar indien ek vandag
in Pennsylvania of in sekere dele van Iowa of Missouri gebly
het, sou ek vind dat dit verkeerd is om ’n moter te besit.
Ek sou daar met ’n perd en koets gereis het. Hoekom? Want
sommige van daardie gemeenskappe beskou ’n motor as wêrelds.
Ek het ’n vriend gehad wat gereken het dat dit is
buitensporig om ’n horlosie te dra. “Dit is van die wêreld,”
was sy mening..’n Mens se siening van reg en verkeerd word
weereens beïnvloed deur ons agtergrond, ons subkultuur, ons
denkwyse. Hoe gaan ons “die wêreld” definieer.
Ons hoor dikwels mense sê, “God het ons
verstande gegee om te dink. Waarom gebruik ons nie die brein
wat aan ons gegee is nie?” Wanneer ons hierdie benadering
oorweeg, gaan ons terug na die Tuin van Eden waar die slang
vir die vrou by die boom gesê het, “Julle sal gewis nie
sterwe...julle oë sal oopgaan” (sien Genesis 3:4, 5).
Miskien sal ’n toepassing van daardie ou verhaal van pas
wees. Dink u werklik dat u God is, dat u kan onderskei
tussen reg en verkeerd met u eie denke, u eie logika en
rede? Is dit nie ’n pynlike realiteit dat die meeste van ons
logika en rede net ons uiterlike gedrag kan behartig nie?
Daarin lê die probleem. Die Bybel sê dat mense na die
uiterlike kyk, terwyl God waar kyk? Die hart (Lees 1
Samuel16:7).
Spreuke vertel ons dit is uiters belangrike
is om die sake van die hart te oorweeg. Wanneer die Bybel
van die hart praat, verwys dit eintlik na die verstand, die
innerlike motiewe en doelstellings. “Bewaar jou hart meer as
alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge
van die lewe” (Spreuke 4:23) [die KJV praat van “issues of
life”]. Jesus het dit vir die Fariseërs, wat probeer het om
alles aan die buitekant skoon en vlekkeloos te hou, duidelik
gestel dat dit onbeduidend was vergeleke met die innerlike.
Miskien is een van die beste metodes om die
grys areas te verstaan, hoekom ons doen wat ons doen, om te
ondersoek wat binne aangaan. Kan ons? Die Bybel sê,
“Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit;
wie kan dit ken?” (Jeremia 17:9). Is ons dus in staat om te
bepaal hoekom ons dinge doen? Dit is vanselfsprekend dat God
nie net kyk na wat ons doen nie; Hy kyk hoekom ons doen wat
ons doen. Dit klink na goeie nuus. Sou dit nie die moeite
werd wees om Hom te vra om ons te help verstaan hoekom ons
doen wat ons doen nie? Dit mag die bepalende faktor wees
wanneer dit kom by die keuse tussen swart en wit, wanneer
dit nader aan grys kom?
Nog ’n riglyn wat my kan help in terme van
my verhouding met die Christelike gemeenskap vind ons in 1
Thessalonisense 5:22 waar Paulus aan die Christelike Kerk
sê, “Onthou julle van elke vorm van kwaad.” Dit wil voorkom
of daar sekere dinge is wat nie boos is nie, maar boos lyk.
Vermy dit, maan hy. Ek praat weereens van beginsels, nie
besonderhede nie. Ek is terdeë daarvan bewus dat
besonderhede Christene kan polariseer soos min. ’n Goeie
beginsel is dus vermy elke vorm van kwaad.
Nog ’n beginsel wat duidelik die Christen
binne die Christelike samelewing betrek, is invloed. Drie
skrifture adresseer die saak loodreg. In Romeine 14:7 maak
Pualus dit duidelik dat een van die vernaamste maniere om te
besluit tussen reg en verkeerd, veral waar ons nie ‘n
hoofstuk of vers in Skriftuur daarvoor vind, is hoe dit
iemand anders moontlik kan beïnvloed: “Want niemand van ons
leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.” Dan
in vers 10, “Maar jy, hoekom veroordeel jy jou broeder? Of
jy ook, hoekom verag jy jou broeder?” En vers 12, “So sal
elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.” Iets
om te onthou. Vers 13 voeg by, “Laat ons dan mekaar nie meer
oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ’n
hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.” Vers 16,
“Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad
gespreek word nie.” Met ander woorde, iets mag vir my goed
wees, maar boos vir iemand anders. Dan, in vers 21 gee hy
ons die beginsel: “Dit is goed om geen vlees te eet of wyn
te drink of iets te doen waardeur jou broer aanstoot neem of
struikel, of waarin hy swak is nie.”
Tydens ’n bespreking van hierdie einste vers
by ’n kerkbyeenkoms, het iemand gesê, “Dan sal ek liewers
nie in die oggend opstaan nie.” Waarop iemand anders
geantwoord het, “Om in die bed te bly mag vir iemand anders
weer ’n struikelblok wees, jy kan net nie wen nie.” Tog moet
God iewers in hierdie geestelike dinkskrum hulp verleen.
Maar invloed is volgens Paulus se skrywe, beslis ’n
beginsel.
Kom ons beweeg aan na die tweede gedeelte,
waar Paulus dieselfde kwessie aanspreek.
Maar pas op dat hierdie vryheid van julle
nie miskien ’n struikelblok word vir die wat swak is. Want
as iemand jou kennis het, aan tafel sien in ’n afgodstempel,
sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie aangemoedig word om
van die offervleis aan die afgode te eet? En moet die swakke
broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou
kennis? Maar deur so teen die broers te sondig en hulle
gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen
Christus. Daarom as voedsel jou broeder laat struikel, sal
ek in der ewigheid nooit vleis eet nie,om my broeder nie te
laat struikel. (1 Korintiërs 8:9-13).
Hierdie hoofstukke is in die dae van Paulus
neergepen. Die heidene het die gewoonte gehad om nie net
vlees voedsel, maar om alle kos aan hul afgode te wy. Jy kon
mark toe gaan en kos koop wat reeds toegewy was en kon jy
gouer by aandete uitkom. Daar was sommige Christene wat ook
van die geofferde kos gekoop het en ander het ’n bohaai
opgeskop oor of dit reg of verkeerd was om dit te eet. Wat
Paulus sê is, “Wat daarvan. Voedsel wat geoffer is beteken
in elk geval niks, maar as dit iemand sal laat struikel,
moet dit dan nie eet nie.”
Dan het hy nog iets kwytgeraak wat die
indruk laat dat hy dubbelsinnig is. Ons kry dit in 1
Korintiërs 10:23, 24. “Alles is my geoorloof, maar nie alles
is nuttig nie.” Natuurlik bedoel hy dit binne die perke van
God’s Woord.. Wat God nie belet, is geoorloof, maar nie
noodwendig nuttig nie. ”Alles is my geoorloof, maar nie
alles stig nie. Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar
elkeen die voordeel van ’n ander.” Let op na vers 25, 28.
“Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om
navraag te doen, ter wille van die gewete...Maar as
iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer-moet dit dan nie
eet nie.” (ek kursiviseer). Dus, as iemand aanstoot sal
neem omdat u dit nie eet nie, eet dan. Dit hang af saam met
wie u is. Dan voeg hy in vers 32 by, “Wees dan geen oorsaak
van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van
God nie” (nie eers met jou das nie)
Blykbaar is sommige dinge glad nie moreel
van aard nie. Dit maak dus nie saak of u dit doen al dan
nie. Maar hulle word moreel as iemand aanstoot neem of
daardeur kan struikel.
In die tyd toe die kerke nie ’n sê gehad het
oor wie hulle predikant gaan wees, is ek oorgeplaas na ‘n
nuwe gemeente in Colorado en het as totale vreemdeling daar
aangekom. Ek het my pak klere by die droogskoonmakers
ingehandig sodat dit gereed sou wees vir Sabbat en is na die
Woensdagaand biduur. Ek het in die agterste ry my plek
ingeneem en na die ouderling geluister wat die diens
uitgelei het. Na afloop van die diens het hy nader gekom en
gevra, “Wie is jy?”
“Ek is jou nuwe predikant.”
“Ek dog so,” antwoord hy.
Toe ek my pak by die droogskoonmaker gaan
haal was daar tot ’n sakdoek in die boonste sak. As ’n reël
dra ek nie ’n sakdoek in die boonste sak nie, maar aangesien
ek gereken het dis oulik, het ek daardie Sabbat my eerste
preek gelewer met die sakdoekie in plek. Na die diens is ek
genooi vir middagete—die tyding het reeds die rondte gedoen.
’n Broer in die gemeente het die woord versprei: “Pas op
vir hierdie predikant. Hy gaan die boodskap verlaat. Hy gaan
nog afvallig word, want hy dra ’n sakdoek in sy pak klere se
boonste sak!”
Toe die tyding my bereik het ek besluit om
die volgende week twee sakdoeke in my sak te steek, twee of
’n groot rooie. Nee wag, dog ek. As ek dit doen, is my
probleem soortgelyk aan syne. Dis duidelik dat hy ’n
probleem daarmee het. Ek is veronderstel om sy predikant te
wees, en ek wou hom help. Ek het nie die sakdoek in my sak
nodig gehad nie. Dus neem ek die standpunt in dat ek nie
weer ’n sakdoek in my bo-sak sou dra, ten minste nie in
daardie gemeente nie.
Ek het hierdie storie oorvertel, waarna
mense my sou roskam daaroor, “Kom nou, moenie mense so sag
hanteer nie. As hulle ’n probleem het, dan is dit mos hulle
probleem. Moenie so maklik toegee wanneer mense so ’n
mentaliteit handhaaf nie.” Dit is nie wat Paulus sê nie. Dit
is waar die toets vir Christelike broederskap intree. Paulus
maan, wanneer daar swak mense in jou teenwoordigheid is en
hulle mag struikel vanweë u optrede, moet dit nie doen nie.
As u daarsonder kan klaarkom, moet dit nie doen nie. Is dit
nie die Bybelse beginsel nie?
Ek sou graag wou terug rapporteer dat
hierdie man tot bekering gekom het en een of ander
belangrike geestelike leier geword het. Ek kan nie. Ek kan
wel sê dat ons goeie vriende geword het, en dat ons talle
goeie gesprekke gevoer het. Ek was graag, na die beste van
my vermoë, sy herder, en wel sonder die sakdoek.
Sou ons met veiligheid die volgende
beginsels vir Christene aanbeveel: Indien ek kan klaarkom
sonder iets wat vir iemand anders ’n struikelblok kan wees,
maak dan so. Is dit redelik? Dit wil vir my voorkom dit is
wat die Bybel ons leer.
Maar wag ’n bietjie. Is logika en rede of
Bybelse redenasies, vir wat om te doen of nie doen,
genoeg om al my probleme op te los? Of bestaan daar ‘n
dieper oplossing vir die grys area probleem? Ek reken daar
is. Jesaja 30:21 sê, “jou ore sal ’n woord agter jou hoor
wat sê: Dit is die weg, wandel daarop!” In Johannes 10:4, 5
sê Jesus na regte, “My skape hoor my stem en volg my.”
Johannes 16:13 deel ons mee dat die Heilige Gees “[sal]
julle in die hele waarheid lei” Filippense 2:13 voeg by
“want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te
werk na sy welbehae.” In Galasiërs 2:20 sê, “Ek is met
Christus gekruisig, ek leef nie meer nie, maar Christus leef
in my”.
Hier het ons iets veel groter as om die kerk
te vra of om aan hoofkantoor te skryf vir antwoorde. Dit het
eerder te doen met ’n verhouding met God waarna ons ons eie
tekens ontvang. Om eenvoudig met logika en rede te bepaal of
’n probleem reg of verkeerd is, is onvoldoende. Ek sal moet
uitvind hoe om tekens van bo te ontvang.
In teendeel op grond van hierdie Bybelse
beginsel, wil ek voorstel dat die enigste persoon wat
hoegenaamd bekwaam is om selfs reg en verkeerd te
bespreek, om nie eens te praat van weet, wat reg
en verkeerd is, is die persoon wat ’n lewendige, dag vir dag
verhouding met Jesus het. Dit is al manier.
Gestel dat ons ’n groepbespreking wil hou
oor of dit reg of verkeerd is om die nuutste fliek te gaan
kyk, sal dit nodig wees dat die groep wat die bespreking wil
hou, ten einde ’n geldige bespreking te hê, aan twee
kriteria moet voldoen: Een, dat hulle wat aan die bespreking
wil deelneem ten minste die fliek gesien het en tweedens,
dat hierdie mense genoegsame tyd op hul knieë met God se
Woord op ‘n daaglikse basis deurbring.. Dan kan ons mos ’n
geldige bespreking hê oor reg en verkeerd. Maak dit sin?
Dan het ons die voorbeeld wat vir ons gestel
is deur die Een wat ’n lang uitgerekte en duur besoek hier
afgelê het, ten einde ons te red.
In die vroeë kerk het hulle gedoop deur
onderdompeling en voete gewas met nagmaal. Toe sê iemand,
“Dit is nie gerieflik nie. Jy word nat en moet droogword.
Hoekom dit nie op ’n geriefliker manier doen nie?” Dit is
hoe die meer gerieflike manier van dinge doen, ons kant toe
gekom het. Ek kry egter niks in die Skrif wat aandui dat
gerief die basis van kies moet wees nie. Ons moet te werk
gaan op die basis van wat God verwag.
Mag ek jou daaraan herinner dat dit nie vir
Jesus gerieflik was om vir ons te kom sterf nie. Dit was nie
vir Hom gerieflik om bloed te sweet in die Tuin van
Getsemane nie. As ons na Jesus kyk, sien ons nie ’n middeweg
gematigde wat probeer wegkom met minimum vereistes nie. Op
die gebied van onderwys of medisyne ontsien ons nie so ‘n
gesindheid nie. Wanneer ek ’n geneesheer gaan sien, soek ek
nie iemand wat met die laagste standaarde deurgekom het nie,
ek soek iemand wat hoog gemik het, nie waar nie?
Daarom wil ek die volgende aanhaal uit
Skrede na Christus. Bl 47:
Diegene wat die dringende liefde van God
voel, vra nie hoe min hulle moet gee om aan die eise van God
te voldoen nie; hulle vra nie wat is die laagste peil nie,
maar streef daarna om volkome volgens die wil van hulle
Verlosser te lewe. Met die grootste bereidwilligheid gee
hulle alles oor, en hulle belangstelling is volgens die
waarde van die doel wat hulle nastreef. ’n Belydenis van
Christus, sonder hierdie groot liefde, is sommer net woorde,
nuttelose vormdiens en slawerny.
Vir my maak hierdie sin. Indien ek verstaan
dat ek gebore is om vir ewig te lewe, maar dat ek slegs
sewentig jaar hier gaan deurbring, omdat God iets veel beter
beplan, dan wil ek bekend wees met al die beginsels van Sy
koninkryk. Dan wil ek ook hê dat Hy my moet lei om hierdie
beginsels te volg, instede daarvan dat ek probeer uitwerk
met hoe min ek oor die weg kan kom. Stem u saam?
Ek pleit dus met u, kry in u geestesoog ’n
beeld van die Een wat in die tuin geswoeg het en daar
besluit het om ten spyte van die sweet, die stres, voort te
gaan om my en u te red. Sal u nie ook, in antwoord op
daardie liefde, ’n algehele oorgawe maak nie.
|