Die keuse van die Kerk se
Logo weerspieël die kernwaardes van Sewendedag Adventiste. Die
middelpunt is die Bybel, die Woord van God, geopen om te kan lees en die
beginsels daarin vervat te kan uitleef. Die kruis is ook in die middel
geplaas as teken van die sentrale tema van die Bybel se boodskap.
Bokant die kruis en die geopende Bybel is die brandende vlam van die
Heilige Gees, die Boodskapper van waarheid.
Die lyne aan
die bokant van die ontwerp stel voor ’n voortdurende opwaartse
beweging wat die opstanding en die opvaar na die hemel
simboliseer met die wederkoms van Christus - die uiteindelike
mikpunt van ons geloof.
Geopende Bybel
Die Bybel vorm die basis van die ontwerp en verteenwoordig die
Bybelse fondasie van ons geloof. Dit word weerspieël in ’n ten
volle geopende posisie wat die volle aanname van Gods Woord
voorstel.
Vlam
Die vlam word gevorm deur drie lyne wat die aardbol omsirkel.
Die lyne verteenwoordig die drie engele van Openbaring 14 wat
die aarde omsirkel en ons missie om die evangelie te neem na die
hele węreld. Die ontwerp vorm in geheel ’n vlam wat die Heilige
Gees simboliseer.
Kruis
Die simbool van die kruis verteenwoordig die evangelie van
redding en is geposisioneer in die middel van die ontwerp om die
klem te lę op Christus se offer, wat die sentrale tema is van
ons geloof.
Filadelfia
gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria
Updated on/Op datum gebring op
Monday, June 21, 2010 03:58:59
deur de Wet
Vorster
Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria