Sewende-dag Adventiste
Gemeente Filadelfia


Ons Is Hier We are Here


S25 51.594
E28 12.777
 

Home
Up

 


S25 51.594
E28 12.777

DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Die verhaal van die ou koppie
 

Eendag was daar 'n paartjie wat dikwels in die mooi winkels by die Kollonade gaan inkopies doen het. Hierdie jaar was dit egter hulle 35ste huweliksherdenking. Albei van hulle was stout oor antiekeware maar veral oor antieke teekoppies. Eendag sien hulle in 'n mooi winkeltjie 'n pragtige teekoppie. Hulle vra toe die winkel assistent of hulle daarna kan kyk. Hulle het nog nooit só 'n mooi koppie gesien nie.

Toe praat die koppie skielik met hulle. "Weet julle, ek was nie altyd 'n teekoppie nie? Ek was aan die begin net sulke lelike rooi klei. My pottebakker het my gerol en geklap en gerol en geklap en gestamp. Oor en oor!. En toe glimlag hy en sê 'Mmmm nognie' "

"Toe sit hy my op so 'n ding wat in die rondte draai.  Ugh ek was naand só naar van al die draai". "Stop, ek word dronk, het ek geskree" En toe glimlag hy en sê 'Mmmm nognie' "

"Dit was nognie die ergste nie. Hy stap toe na die oond.
Ek kon die hitte van vêr af voel. Ek was só bang. Dit was soos Saterdag, Meelsak en Appeleenoog van ouds. Ek kon nie verstaan hoekom hy my wou verbrand nie. Ek het naand aan die deur van die oond geklop en geskree. En toe hy my uithaal het ek so verlig gevoel. En weer sien ek hoe hy 'Mmmm nognie' prewel."

"Toe sit hy my op so 'n harde rak.
Blykbaar dat ek moet afkoel. Hy haal toe so 'n harde borsel uit en borsel my hele lyfie. Dit was darem baie beter as daai oond. Die gasse en goed kon my doodgemaak het? Maar hoe meer hy borsel hoe seerder het dit geraak. Toe begin ek skree, Stop asseblief ! dit maak seer. En weer hoor ek net ' Mmmm nognie'" 

"En toe sit hy my wraggies weer in 'n oond amper soos die eerste een. Maar hierdie een was twee keer so warm. Gelukkig nie sewe keer nie. Ek het gepleit, gesmeek, geskree en gehuil. En die heeltyd sien ek hoe loer hy vir my terwyl hy prewel 'Mmmm nognie'". 

"Toe weet ek sommer hier gaan ek nie lewendig uitkom nie. Net toe ek wou opgee maak hy die deur oop en haal my versigtig uit. 'n Uur later kom hy nader met 'n spieël en hou dit voor my. Ek kon my porsellein oë nie glo nie. Daar in die spieël sien ek hierdie pragtige koppie".

'Ek wil hê jy moet onthou' "sê hy" 'ek weet dit waardeur jy nou is was nie regtig lekker nie'.
"Nie lekker nie!! Het ek uitgeroep. Dit was plein goor. Ek het gebraai, gesweet en dronk geword van al die draai. En die taai klappe daar in die begin het regtig gebrand. En toe wraggies WEER in 'n oond!"

'Ja' "het hy gesê" 'maar daardie tweede oond het jou hard gemaak en kleur in jou gesiggie gesit. Nou is jy klaar soos ek voorsien het jy moet lyk. Pragtig en sonder foute.'

Skrywer onbekend

 

 

Home
Sitemap
DVD- Bestel/Order
Boekwinkel
Bybelskool
Gemeentes Churches
Links - Skakels
Fotos - Photos
Die logo


DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax:  086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

Nuwe Besigheidsure
New Business hours
Ma-Do/Mo-Th : 9h00-17h00 Vr/Fri : 9h00-12h00 So/Sun : 10h00-12h00
 

Filadelfia gemeente van Sewendedag Adventiste Centurion Pretoria

Updated on/Op datum gebring op Monday, June 21, 2010 03:58:59
deur  de Wet Vorster

Filadelfia Congregation of Seventh-day Adventists Centurion Pretoria