| Beste Vriende,
Hierdie Sabbat is opsy gesit as ‘n spesiale vas-en-gebed dag.
Graag wil ek ‘n spesiale versoek rig dat ons kerke ook vir Mark
Woodman en sy gesin bid. Mark is werklik ernstig siek. Dalk is
daar ander spesiale gebede wat benodig word in u gemeente, dit
is nou ‘n ideale tyd om hierdie versoeke voor ons Almagtige
Hemelse Vader te lę. Mag ons saamstaan voor ons Skepper en Heer
en Sy aangesig afsmeek tydens hierdie spesiale tyd van vas – en
– bid. (Verwys ook na item 2 hieronder).
1 VAKANTE POS: Sekretaresse van die President van die
Transvaal Konferensie om teen 1 Julie 2010 te begin. Om aansoek
te doen, stuur u CV aan tc.pres.sec@sdachurch.co.za teen Maandag
31 Mei 2010. Skakel 011-856-4463 tydens kantoorure vir verdere
besonderhede en lees ook die meegaande posbeskrywing.
2 VAS-EN-GEBED DAG – HIERDIE SABBAT: 29 Mei 2010: Ons
doen ‘n beroep op al die gemeentes om hierdie Sabbat, 29 Mei, te
hou as ‘n spesiale dag van vas en gebed vir die komende
Węreldkonferensie sakesitting wat plaasvind in Atlanta VSA vanaf
23 Junie tot 3 Julie, wanneer die nuwe kerkampsdraers verkies
sal word. Onthou ook om te bid vir die veilige reis van die
duisende afgevaardigdes en lidmate wat na Atlanta toe gaan.
3 Suid-Wes Gauteng Streeksaamtrek te Vereeniging SDA
Kerk op Sabbat 5 Junie 2010
U word uitgenooi om die dag saam met ons deur te bring tydens
ons saamtrek te Vereeniging SDA Kerk te Basheestraat, Drie
Riviere (GPS 26°38.890’S 27°58.430’E) op Sabbat, 5 Junie 2010
met Leraars Arnold Nieuhoff en Johan Jonker (Jnr) as sprekers.
Voorsiening word ook vir kinders en jeug gemaak. Pak u
piekniekmandjie en eet saam met ons middagete waarna die
middagdiens om 14:30 begin. Vir navrae, kontak gerus vir Jan
Helberg by 011-561-9357 bedags, 011 680 7306 saans, selfoon 083
420 5092 of vonkpos Jan.Helberg@mifa.org.za
3b WAARSKUWING: ‘n Grysharige man wat ‘n paar tande
vermis en ‘n bril dra (ons skat hy is ongeveer 35 – 40 jaar oud
en hy verwys na homself as Christof van Windhoek), hy besoek nou
al ons gemeentes met die doel om geld uit barmhartiges te kry.
Hy vertel ‘n lang storie en hy het reeds heelwat sukses behaal
deur misbruik te maak van lidmate se goedheid.
4 Adventiste Leke Bedieninge en Nywerhede (ASI) saamtrek
te Sedaven 30 Julie 2010 tot 1 Augustus 2010. Ons nooi alle SDA
besigheidspersone, professionele lui, senior werknemers en
diensteorganisasies uit om die stigtingsvergadering vir die ASI
Transvaal Konferensie Tak by te woon. Met uitstekende sprekers,
uitstallings en netwerk geleenthede. Kontak Nic Botha op 082 853
8140 of e-pos alru.botha@gmail.com vir besprekings en navrae.
5 Adventiste Leke Bedieninge en Nywerhede (ASI) saamtrek
te Sedaven 30 Julie 2010 tot 1 Augustus 2010.
Ons nooi alle SDA besigheidspersone, professionele lui,
senior werknemers en diensteorganisasies na die
stigtingsvergadering van die ASI Transvaal Konferensie Tak
insluitend die verkiesing van ampsdraers vir die eerste termyn.
Uitstekende sprekers soos Leraar John Carter, uitstallings en
netwerkgeleenthede word gereël Voorsiening word ook vir kinders
gemaak aangesien ons gesinsbetrokkenheid aanmoedig en ook wil hę
dat hulle in die opwinding moet deel. Die konferensiepakket
sluit akkommodasie en etes in.
Hierdie is ook ’n geskiedkundige oomblik aangesien dit die
eerste ASI tak op Konferensievlak buite die Noord-Amerikaanse
Divisie sal wees en u deel daarvan kan wees.
Kontak Nic Botha op 082-853-8140 of e-pos alru.botha@gmail.com
vir besprekings en navrae.
5b SELFOON ingehandig by die Transvaal Konferensie
kantore wat opgetel was by die Sedaven Kampgronde. Indien u ‘n
selfoon verloor het, kontak asseblief vir Trudi 084-800-5777, of
skakel haar direkte lyn by die werk 011-856-4463, of stuur ‘n
e-pos aan: tc.pres.sec@sdachurch.co.za
6 DEKODEERDER-stel volledig vir 3ABN, Hope & Eden Life
teen R600 per stel. Moenie versuim nie, Stuur ‘n antwoord aan
hierdie nommer 08200703328917 of borg ‘n stel of 2 of 3 – raak
betrokke! Markus 16:15. Kontak André by 082-551-8720 of e-pos
andre@mcvg.co.za
7 Adventiste Vrouebedieninge Leierskap Vlak 1 Kursus 4
- 6 Junie 2010 by Sedaven Opleidingsentrum. Registrasie, verblyf
en maaltye teen R380.00 per persoon. Alleenlik Maaltye en
Registrasie R270.00 per persoon. (Hierdie kursus sal die laaste
Vlak 1 kursus wees vir 2010.) Kontak Lynn by 011-6166800;
079-501-6817 of tc.chmin.dir@sdachurch.co.za indien u meer
inligting wil bekom.
8 Dag van klem op Adventiste Vrouebedieninge: Sabbat
12 Junie 2010. Gedurende Maart was ‘n Węreldkonferensie
hulpbronpakkie uitgestuur aan al die TK gemeentes. Een van die
hulpbronne in die pakkie was ‘n preek (in engels) met die titel
“Like A Diamond in the Lord's Hand” wat u moontlik kan gebruik
vir hierdie Vrouebedieninge dag, maak seker dat u gemeente
spesiaal beplan om na die behoeftes van die vroue om te sien op
hierdie spesiale Vrouebedieninge dag. Kontak Lynn by
011-6166800; 079-501-6817 of tc.chmin.dir@sdachurch.co.za indien
u meer inligting wil bekom.
9 Adventiste Vrouebedieninge “Misbruik Voorkomingsdag”
op Sabbat 28 Augustus 2010. Dit nuutste Węreldkonferensie
hulpbronpakkie vir hierdie een-dag program bevat die preek
getiteld "God's Holy Temple: To Protect & Respect". U behoort
binnekort hierdie hulpbron te ontvang. Kontak Lynn by
011-6166800; 079-501-6817 of tc.chmin.dir@sdachurch.co.za indien
u meer inligting wil bekom.
10 “AMAZING DISCOVERIES 2010”: John Carter, evangelis,
(ook te siene op 3ABN), gaan ‘n evangelisasie reeks aanbied
vanaf 9 Nov tot 4 Des 2010 by die Mosaiek Teater in
Johannesburg. Hierdie reeks gaan ook op Eden Life Netwerk
uitgesaai word na Suid-Afrika, Afrika, en Europa. Video-stroming
en webwerwe behoort teen die begin van Julie beskikbaar te wees.
Jesus se opdrag is ons missie, sluit aan by hierdie opwindende
internasionale gebeurtenis.
Maak ‘n aantekening van die volgende belangrike datums:
· 12 Junie: Dag van Opoffering en Oorgawe vir die Poging (by
die Mosaiek Teater - Danielle Str, vanaf Davidson / 14de laan,
Fairland)
· 31 Julie: Saamtrek by Sedaven met John Carter
Indien u meer inligting wil verkry oor hoe u deel van hierdie
gebeurtenis kan wees, kontak Enslin 082-561-7061 / egbaxen@telkomsa.net
11 Dra by tot die 2011 Vrouebedieninge Godsdiens Jaarboek
getitel “An Attitude of Gratitude”. Skryf u storie of getuienis
neer in die vorm van u daaglikse lesing (vir vroue van vroue.)
Artikels moet in Engels wees en moet teen die 30ste Junie
gestuur word aan sau.awmdir@adventist.org.za (Vir verdere
riglyne, lees die meegaande “devotional guidelines” dokument).
12 MUSIEKFEES – MAGALIESSIG GEMEENTE (in Montana, Breedstraat
141), nooi u vriendelik uit na ‘n musiekfees ten bate van hulle
DVD uitreikingsfonds op Sondag 6 Junie 2010 om 15:00.
Gaskunstenaars: Trevor Nasser, Melody 4, Reinette Boshoff,
Marita Lubbe (Tjellis), Pieter Badenhorst en Quintin. Kontak
Antoinette Swanepoel so gou as moontlik om u sitplek te verseker.
Dit beloof om ‘n uithaler musiekfees te wees! Tel. 012 804 7492
of 072 959 7945. (Verversings sal na afloop van die verrigtinge
verkoop word).
13 MPUMALANGA MINI-KAMP: 3-5 Sept 2010 by Bambi Motel
(Op N4 na Nelspruit +/- 230km vanaf Johannesburg). Sprekers: Lr
Clifford Goldstein, Jeugsprekers: Lr Jaco van Niekerk en Lr
Quinten Strauss. Om te bespreek, kontak Hester 082-928-0596 of
(h) 017-687-1027 of Gerhard 082-8283440 of stuur ‘n e-pos:
iti06660@mweb.co.za
14 WĘRELD KONFERENSIE SAKESITTING (Atlanta, Georgia):
Verrigtinge sal versend word op die HOPE KANAAL (23 Junie to 3
Julie). Alhoewel u heel moontlik nie die geleentheid self kan
beleef nie, kan u nogtans die geleentheid meemaak op die “Hope”-kanaal
soos dit gebeur. (Die programskedules is verkrygbaar vanaf die
webwerf: www.hopeafrica.tv)
15 JUNIOR KAMP 13 – 20 Junie 2010 & TIENER KAMP 20 –
27 Junie 2010 LET WEL: HIERDIE DATUMS IS KORREK. (Die datums op
die plakkate en aansoek/ inligtingvorms is verkeerd.)
Waar: Vulindlela Boskamp, Dundee, Natal
Koste: R495 pp sonder vervoer
R695 pp vervoer ingesluit
Plakkate en aansoekvorms is reeds aan al die Kommunikasie
Sekretaresse van al die kerke uitgestuur. Kontak Heather - Tel:
(011) 856 4491 of e-pos: tc.youth.sec@sdachurch.co.za indien u
meer inligting wil bekom.
16 GELEENTHEID OM ‘N WETENSKAPLIKE MEESTERSGRAAD IN
ADMINISTRASIE TE VERWERF BY HELDERBERG DEUR ANDREWS UNIVERSITEIT
– In Internasionale Ontwikkeling of Leierskap in die Organisasie.
(Vir drie weke per jaar, oor 2 tot 4 jaar - 1ste Sessie 3 - 24
November 2010). Lees meegaande besonderhede indien u belangstel.
17 PRETDAG VIR BAANBREKERS & VOORSLAGGIES: 1 AUGUSTUS
2010 BY BOKSBURG STADION. Hou asseblief hierdie nuwe datum oop
vir ‘n genotvolle, gebeurtenisvolle pretdag.
18 PRETORIASTREEK SAAMTREK: 24 & 25 SEPTEMBER 2010 –
Gasspreker Lr Lonnie Melanshenko. Alle vergaderings sal in die
NG-kerk Kompleks gehou word by 377 Eufeesstraat, Pretoria-Noord.
Tye: Vrydag (24 September) om 19:00, Sabbat (25 September)
09:00, 11:00 15:00 en 17:30. Skakel Jeánnie Kritzinger
083-330-7150 indien u meer inligting wil bekom.
19 SOKKER WĘRELDBEKER HUISVESTING VIR ADVENTISTE
BESKIKBAAR BY LAERSKOOL SEDAVEN: Kontak sdasoccer@gmail.com
20 VERKOOP VAN EIENDOM WAT ‘N BEDIENING HUISVES: 107,
9de Laan, Bez Valley. Ten volle gerestoureerde eiendom wat
ruimte verleen aan ten minste 50 persone om daar te aanbid. Daar
is ook plek vir ‘n boekwinkel, DVD duplisering, kantore,
ontvangs, kamers vir bybelstudie, kinderkamer, kombuisie, buite
ablusies, volledig met elektriese-glyhek en het Alarm met ADT
Sekuriteit respons sowel as Besigheidsregte. Graag beoog hulle
dat hierdie plek gehou word vir ‘n Adventiste Uitreiking
Ondersteunende Bediening. Kontak asseblief Andy 083-601-0060 of
Carmen 083-391-5600 vir verdere besonderhede.
21 MAGNOLIA BEHUISING DAMES benodig enige donasies van
wol, hulle wil graag s
...
|