|
Streekssaamtrek



S25 51.594
E28 12.777
Korannalaan
Doornkloof
Centurion
Pretoria.
Kerk Sekretaresse:
Sr. Chrisna van
Achterbergh
Sel: 084-990-1259
F: 086 635 8140
Bulletin-Opstellers:
Chrisna
Spertyd vir plasing van Bulletin-besonderhede : Woensdagmiddae,
16h00
filadelfia.sek@hotmail.com
www.filadelfia.co.za
. |

OPLEIDING VIR OUDERLINGE DEUR DESKUNDIGES – MOENIE
MISGELOOP WORD NIE!
Die Divisie beplan ʼn program vir Sondag 26 Junie by Sedaven vir Leraars,
Predikantsvroue en Ouderlinge. Die program begin om 09:00 en eindig om
16:00. Middagete word gratis vir die Leraars en hulle vroue
aangebied. Ouderlinge moet R50 per persoon betaal, of hulle eie
middagete saambring. Leraars en Ouderlinge sal in die oggend saam wees
en die middag apart. Daar sal heeldag opleiding wees vir die Ouderlinge
en Predikantsvroue.
Die volgende werkers van die Ministeriële Vereniging van die
Węreldkonferensie is in ons omgewing van 21 tot 26 Junie 2011 vir SID
vergaderings en hulle sal die opleiding behartig op 26 Junie by Sedaven
Lr. Jerry en Me Janet Page (Węreld Konferensie Ministeriële Sekretaris
en “Shepherdess” - Predikantsvroueleier)
Dr. en Me Hucks
Anthony Kent
Jonas Arrais.
Ouderlinge moet registreer by Adele vd Merwe
tc.training.sec@sdachurch.co.za of skakel: 011-856-4461 voor 21
Junie. Hierdie is topmanne en dit gaan ʼn uitstekende dag wees vir
almal.
SEDAVEN KAMPUS OPSIGTER:
Verwys asseblief na die meegaande
advertensie om meer inligting te bekom i.v.m. die vereistes en
verantwoordelikhede van hierdie pos. Om aansoek te doen, stuur ʼn
volledige CV, gesertifiseerde afskrifte van alle sertifikate en 3
opvolgbare verwysings na
tc.training.dir@sdachurch.co.za
of faks aansoeke na 011-616-6006. Sluitingsdatum vir aansoeke – 30 Junie
2011.

Maak u bydraes vir die boufonds so:
Betalings direk in die
bankrekening in DUIDELIK GEMERK – “BOUFONDS”
FILADELFIA-GEMEENTE
ABSA: Tjekrekeningnr: 4050 692 621
Takkode: 632-005
Of in 'n koevertjie in
die offergawesakkie, ook duidelik gemerk BOUFONDS |
DVD - Bediening
Navrae / Enquiries:
076-589-6666
Fax: 086 635 8140
DVD@Filadelfia.co.za

BAIE GELUK !
Een van ons lidmate het verlede naweek
die Comrades gehardloop, en ‘n brons medalje gekry. Baie geluk
aan Sr
Laetitia Spammer. Dit wil gedoen word !

Onthou
asseblief ons bouprojek
Die beplanning vir die bouprojek vorder goed. U
sal oplet dat daar nog twee gratis houers afgelewer is.
Daar sal binne die volgende weke 'n geologiese
ingenieur op die perseel wees om toetsgate te boor. Hierdie gate
is nodig om te bepaal hoe sterk die fondasies gespesifiseer moet
word.
Die perseel sal ook binnekort afgekamp word vir
almal se veiligheid.
Nog nuus volg binnekort.
Indien u enige vrae het stuur hulle gerus aan
info@filadelfia.co.za
 |